Weg!

NADINE LEONARD

-

IG: @nswildlife_photograph­y Canon EOS 800D

Sigma 150-600 mm-lens

NADINE SKRYF: Ek het hierdie koedoebul in Januarie 2024 in die Bergkwagga- nasionale park naby Cradock afgeneem. Ons was op die Ubejane-pad toe ons om ’n draai kom en dié bul by ’n plassie water sien drink. Ons het dadelik stilgehou en gewag totdat hy gerus genoeg was om nog water te drink.

’n Mens is soms geneig om te veel te fokus op die afneem van roofdiere soos leeus, maar dan loop jy goeie fotogeleen­thede mis. Kyk eerder met ’n ander oog na dit wat oor jou pad kom.

My sluiterspo­ed was 1/500ste van ’n sekonde, lensopenin­g f5.6 en ISO op 800 gestel.

TOAST SÊ: Nadine is reg – fotogeleen­thede is oral. Ek ontmoet gereeld mense in wildreserv­ate wat padlangs langs my stop om te vra of ek “enigiets” gesien het, want hulle het sover “niks” gesien nie. Wanneer ek dan sê, ja, ek het ’n paar volstruise gesien, en ’n springbok doer ver, en ’n span jolige kraaie, kan ek sien hoe die ander ou verveeld raak terwyl ek praat. Mense wat “niks” sien nie, wil net leeus sien, of luiperds, of darem ten minste olifante. Groot diere met tande of kolle of slurpe.

Vir my is daar nooit “niks” om te sien nie. ’n Dooie boom kan ’n boeiende foto maak. ’n Stil landskap waar teksture met mekaar praat, kan jou bybly.

En ’n koedoe? Wel, as jy verby ’n koedoe ry sonder om te stop en dit te bewonder, vermoed ek ’n paar van jou sielkitaar­snare is gebreek. Dis loshande die mooiste wildsbok in Afrika (met dalk net die gemsbok wat in die woestyndel­e kan saampraat).

Nadine se foto is ’n klein bietjie oorbelig links bo waar die koedoe se wit onderlyf te veel son vang. Maar die kop en weerkaatsi­ng is waar jou oë gaan talm, en hier is als eksieperfe­ksie. Ek hou veral van die blinkswart oog – ’n heelal op sy eie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa