Weg!

Die maan en die Skerpioen

- – Willie Koorts

Wanneer een hemelligga­am voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverdui­stering wanneer die maan voor die son inbeweeg.

Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebeur gereeld, maar dit is eintlik taamlik skaars, veral okkultasie­s van helder sterre. Trouens, daar is vanjaar slegs vier okkultasie­s van helder sterre wat sigbaar is uit Suid-Afrika.

Op die aand van 17 Julie gebeur die okkultasie met die helder ster Antares, ook bekend as die “Hart van die Skerpioen” vanweë sy rooi kleur. Die tyd van die verdwyning verskil effens afhangend van waar jy jou bevind, maar as jy die lugruim vanaf 10 nm. begin dophou, kan jy nie die helder ster naby die maan miskyk nie. Ongelukkig mis Antares net-net die maan vir die westelike dele van Suid-Afrika, maar dit gaan steeds interessan­t wees om ’n helder ster so na aan die maan te sien.

Die maan is redelik helder, dus kan jy dinge sommer met ’n verkyker dophou. Die maan het nie ’n atmosfeer nie en dus verdwyn ’n ster byna oombliklik, maar omdat Antares ’n rooi superreus-ster is, gebeur dit effens stadiger.

Antares verskyn weer aan die helder kant van die maan, wat dit moeiliker maak om te sien, maar dis steeds ’n lekker uitdaging.

Nóg ’n naby-okkultasie vind plaas op 24 Julie. Hou die maan dop as dit rondom 9 nm. opkom – Saturnus sit baie naby daaraan.

Namate dit later raak, dryf die twee merkbaar uitmekaar, wat jou laat besef hoe vinnig die maan teen die sterreagte­rgrond beweeg.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa