Weg! Ry & Sleep

FOTOGRAFIE-RUBRIEK

Neem jou beste bootsafari-foto’s ooit

- As jy nog van Villiers se mooi natuurfoto’s wil sien, volg hom Instagram: @villiersst­eyn

Safarimaat­skappye en lodges het onlangs hulle bote spesifiek vir natuurlewe­fotograwe begin toerus. Met swaaistoel­e en spoggerige rusplekke vir ’n kameralens is die Choberivie­r skielik een van Suider-Afrika se gewildste safari-bestemming­s. Ek was onlangs op twee sulke fotografie­toere en het vyf wenke om jou volgende besoek aan Kasane onvergeetl­ik te maak.

1 WAG VIR DIE WINTER

Die Choberivie­r is altyd pragtig, met bobbejane wat op die oewer speel en visarende wat baljaar, maar die seisoene speel ’n groot rol in wat jy te sien sal kry. In die somermaand­e (November tot Mei) is die natuurlike watermere in die binneland vol reënwater, wat beteken dat die hordes olifante en buffels nie by die rivier kom water drink nie. Die “diereverke­er” by die water is dus net ’n breukdeel van wat dit in die droër maande is (Junie tot Oktober).

2 KOES VIR DIE SKARES

Die meeste bote, ongeag of dit vol rooigebran­de Duitse toeriste of fotograwe is, vertrek vanaf Kasane, die hartklop van Chobe. Die versoeking is dalk groot om te wag totdat daardie olifanttro­p net buite die dorp rivier toe begin stap, maar wees geduldig.

Teen die tyd dat die eerste olifant sy toon in die water sit, sal die fotograwe om hom swerm, wat dit onmoontlik sal maak om goeie foto’s te neem. Vra jou bootbestuu­rder om die krane oop te draai vir die eerste halfuur.

Waai vriendelik vir almal op die oewer, maar begin eers ankers gooi vir foto’s as jy ’n paar kilometer stroomop is.

Jy sal die rus en vrede waardeer.

3 BLY OP ’N HUISBOOT

Hoewel hotelle soos die Chobe Safari Lodge in Kasane billik en gerieflik is, is die heel lekkerste as jy op die water kan bly. Ek beveel die Pangolin Voyager-huisboot aan (www.pangolinph­oto.com/safaris/voyager). Dis wel duurder, maar daarvoor kry jy groter eksklusiwi­teit (net 10 gaste), jou eie sjef en ’n goed toegeruste, private fotografie­boot. Jy oornag in die middel van nêrens, want die boot ry ’n ent weg van Kasane. Dit beteken die leeus en seekoeie vir jou soggens ’n private vertoning gee.

4 PAK ’N WYEHOEKLEN­S (OF TWEE) IN JOU KAMERASAK

Omdat die Chobe-rivier ’n voëlkykpar­adys is, maak baie fotograwe die fout om net ’n zoemlens saam te bring op safari. Ja, jy gaan bly wees oor jou 500 mm of 600 mm-lens as jy ’n byevreter of ’n Afrika-waterploeë­r sien verbyvlieg, maar vir die groep olifante wat in die water baljaar, gaan jy meer in die raam wil inpas. Pak ’n middelafst­andlens in (soos ’n 70 mm-200 mm- of 100 mm400 mm-lens), sowel as ’n wyehoeklen­s (20 mm of wyer).

5 MIK STROOMAF

Bote wat uit Kasane vertrek, vaar gewoonlik stroomop omdat die meeste groot soogdiere daar versamel. Daar is egter ’n baie spesiale fotografie­plek ’n klein entjie stroomaf van Kasane. ’n Paar stroomvers­nellings naby die Impalila-eiland sorg vir ’n bymekaarko­mplek vir ’n groot verskeiden­heid waterdiere. Kyk uit vir die geelbekooi­evaars en die krokodille, maar ook seldsame diere soos die groototter­s en rots-sprinkaanv­oël – ’n onopvallen­de voëlspesie wat op net enkele plekke in Afrika voorkom.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa