Weg! Ry & Sleep

Francois de Beer se Ford Ranger 2.5 TDi (4x2)

-

Op die afstandmet­er? Tans 365 211 km

Hoeveel daarvan in die veld? So 6 000 km, hoewel hy ook baie swaar drawerk op grondpaaie doen.

Hoeveel eienaars? Ek het dit as ’n demonstras­iemodel gekoop. Kom ons sê dus maar ek’s die tweede eienaar.

Hoeveel het dit gekos? R159 000 in 2006.

Hoekom hierdie bakkie? Rangers het deur die jare hulle betroubaar­heid bewys.

Het dit ’n bynaam? Nee wat, ons praat maar van die Ranger.

Waar was jy al daarmee? Ons is al ’n hele paar keer deur die Baviaanskl­oof en het al baie grondpad gery in die Oos-Kaap.

Jou droombeste­mming? Die Chobe Nasionale Park in Botswana.

Onklaar? Nog nooit nie, en ons was ook nog nooit in ’n ongeluk gewees nie.

Herstelwer­k tot nou toe? Ek het die koppelaar op 290 000 km vervang, maar het nog nooit gaan staan nie.

Enige modifikasi­es? Nee.

Waarvan hou jy? Hy gee puik dieselverb­ruik (10 liter/100 km), selfs met ’n swaar vrag.

En waarvan nie? Jy sit nogals ongemaklik.

Jou beste herinnerin­g aan die voertuig? Die Baviaanskl­oof.

Wat pak jy in vir ’n lang tog? My yskas, gereedskap en my vrou!

Sal jy deur Afrika ry daarmee? Enige tyd, solank daar ’n 4x4 naby is.

Met R10 000… Gooi ek nog ’ n tenk diesel in en dan vat ons maar weer die pad!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa