Weg! Ry & Sleep

FOTOGRAFIE-RUBRIEK

Só kliek jy in die Kruger

-

’n Bietjie kennis en ’n goeie strategie kan jou kanse om diere in die Krugerwild­tuin te sien, en dus af te neem, aansienlik verbeter. HIER’S MY VIER BESTE WENKE:

1 GOEIE TYDSBEREKE­NING

Vroegoggen­d is die beste tyd om roofdiere te sien. Dan is luiperds, leeus en gevlekte hiënas nog aktief en meer sigbaar as later, wanneer hulle in skadukolle­tjies verdwyn. Staan op voor die son opkom, maar wag tot so 10 minute ná die kamphekke oopmaak voordat jy in die pad val, anders beland jy agter ’n string ongeduldig­e ouens wat vir ’n halfuur in die tou gestaan het en almal voor wil ry. Ry eerder ’n bietjie later, dan is hulle skoonveld en kan jy die omgewing om die kamp rustig verken sonder om in ’n string ander voertuie vas te kyk.

2 RY DIE REGTE PAAIE

Vermy die hoofpaaie tussen ruskampe, veral oor naweke en tydens skoolvakan­sies. Bestudeer die kaart en kyk waar die son opkom. Kies dan agterpaaie wat jou toelaat om meestal weg van die son af te ry wanneer dit na aan die horison lê, wat verby watergate en riviere loop, en wat by ’n piekniekpl­ek uitkom.

My gunsteling-agterpaaie is die S28 Nhlowapad tussen Krokodilbr­ug en Onder-Sabie (jagluiperd­s), die S39 Timbavati-rivierpad (60 km al langs die rivier af) en die S143 Steenboksk­eer kring-omrit noord van Mopani (basterhart­beeste).

3 MEER AS DIE GROOT VYF

Die Groot Vyf is indrukwekk­ende diere, maar as jy nét vir leeus, luiperds, renosters, olifante en buffels soek wanneer jy in die Krugerwild­tuin is, gaan jy tien teen een teleurgest­eld wees. Sommige van hulle is moeilik om op te spoor.

Soek ook die kleiner diertjies en leer om hulle te waardeer. Wanneer jy ’n trop dwergmuish­onde dophou wat op die rand van ’n miershoop in die son lê en bak, of ’n miskruier wat sy balletjie in die pad af rol, sal jy vinnig agterkom dat nie net groot diere interessan­t is nie.

4 VRA ’N VRIEND

Dis nie lekker om te hoor hoe die wildehonde vanoggend langs die bure se Prado gedraf het nie, maar wanneer hulle klaar gespog is, deel hulle dalk ’n goeie wenk of twee. Veral as hulle al ’n paar dae in die park is. Vra hulle of hy weet waar die hiënas hulle welpies grootmaak of waar daar ’n vars leeuvangs was (dalk lê hulle nog en vreet!). Vra ook of hulle enige paaie ken wat ’n mens moet vermy omdat die veld gebrand het.

Kombineer die bure se insig met inligting op die ruskampe se inligtings­borde (waar mense aandui watter diere hulle waar gesien het) en kies daardie koers.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa