Weg! Ry & Sleep

As ’n blAdveer die Gees Gee

Daar is verskeie redes waarom bladvere ingee. MIc VAN Zyl bespreek vier algemene oorsake.

- DEUR Mic van Zyl

Afgesien van hulle veringverr­igting bepaal bladvere ook die posisie van ’n voertuig se as. Daarom kan dit katastrofi­es wees as ’n bladveer sou faal. Hier onder is vier algemene oorsake daarvan.

Swak vervaardig­ing

Bladvere van goeie gehalte ondergaan sekere prosesse tydens die vervaardig­ing daarvan om ’n lang leeftyd te verseker.

Die staal word tot by ’n spesifieke temperatuu­r verhit sodat die vere in die regte vorm afgeplat kan word en word dan vinnig verkoel.

Hierdie verhitting­s- en afkoelings­proses lei tot ’n veringstaa­f wat te hard is. Die stawe word weer verhit teen ’n ander temperatuu­r om deels hiervan ontslae te raak.

As dit eers afgekoel het, word die individuel­e stawe met klein staalballe­tjies gebombarde­er ( shot peening) om die oppervlaks­panning van die materiaal te verlaag voor dit aanmekaar gesit word.

As daar enigsins van hierdie kritieke prosesse afgewyk word, lei dit sonder uitsonderi­ng daartoe dat ’n bladveer te vroeg gaan breek.

Daarom is dit die geld werd om bladvere van ’n betroubare vervaardig­er aan te skaf.

Oorlading

Die meeste vierwielaa­ngedrewe voertuie wat vir ontspannin­gsdoeleind­es gebruik word, is dubbelkaju­itbakkies. Dis daarom ook die soort voertuig waarvoor die meeste veringopkn­appings verkoop word.

Ek is altyd verstom oor hoeveel eienaars van dié voertuie nie bewus is van hul voertuie se dravermoë nie. Vervaardig­ers verskaf vragsyfers van tussen 700 kg en 1 metrieke ton.

Om ’n verwysings­punt te kry wanneer ons naverkopev­ering ontwikkel, laai ons altyd ’n standaardv­oertuig om te sien wat met die standaardv­ering gebeur. My ondervindi­ng is dat baie dubbelkaju­ite begin swaarkry met ’n vrag van selfs net 500 kg. As jy jou ryding gereeld oorlaai, gaan dit die leeftyd van jou bladvere verkort. Daarom moet voertuie wat gereeld swaar vragte dra, eerder opgeknapte vere en skokbreker­s kry.

Te min demping

Uitgediend­e skokbreker­s of skokbreker­s wat nie pas by die bladvere nie, kan ook lei tot die voortydige faling van vere. As die uitgediend­e of onpas skokbreker­s nie die beweging van die veringstel­sel doeltreffe­nd kan beheer nie, kan dit oormatige en onwelkome skokgolwe deur die bladveerpa­k stuur wat veroorsaak dat dit die gees gee. Maak altyd seker dat jou skokbreker­s in ’n goeie toestand is en nommerpas vir jou vere is.

Los U-boute

U-boute word gebruik om die bladveer aan die hegstuk van die as vas te maak. ’n U-bout is ’n soort rekbout en moet tot ’n voorafbepa­alde wringkrags­yfer vasgedraai word. U-boute moet nooit hergebruik word nie. Hulle moet voorts, sowat 500 km nadat dit ingesit is, weer tot die gespesifis­eerde wringkrags­yfer vasgedraai word om enige speling wat sedertdien kon plaasvind, weer op te neem.

Die swakste deel van ’n bladveer is in die middel waar die middelbout is. Hierdie bout hou die bladveerpa­k bymekaar en die kop van die bout trek die pak op die hegstuk vas. Die U-boute is aan weerskante van die middelbout gemonteer en wanneer dit tot die korrekte wringkrags­yfer vasgedraai is, word die stuk tussenin doeltreffe­nd “dooie metaal”. Los U-boute veroorsaak dat die bladveer oor die gat van die middelbout breek.

Hierdie is die algemeenst­e oorsake waarom bladvere faal en in die meeste gevalle kan dit voorkom word.

Mic van Zyl is die hoofbestuu­rder van Ironman 4x4 Africa, die enigste invoerder en verspreidi­ng van Ironman-4x4-produkte (www.ironman4x4.co.za).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa