Weg! Ry & Sleep

Battery-opwieLe

Die Lexus RX450h het nie net ’n V6-petrolenji­n nie, maar ook twee elektriese motors. Jaco KiRsten het ’n paar draaie met een gery.

-

Ek weet nie of jy F1 volg nie, maar die reëls het vanjaar kwaai verander. Hulle praat ook nie meer van enjins nie, maar van “kragbronne” – met rede.

Jy’t nou nie meer net te doen met ’n nuwe 1,6 liter-turbo-aangejaagd­e enjin nie, maar elektriese krag van batterye wat gelaai word wanneer die voertuig rem en tot 113 kW ekstra by die enjin se 420 kW voeg.

Dis presies waaraan ek gedink het toe ek onlangs die Lexus RX450h – die hibriede weergawe van Lexus se sportnutsv­oertuig – gery het. Waar die RX350 net ’n 3,5 liter-petrolV6 onder die enjinkap het, het die RX450h twee bykomende elektriese motors ( een vir elke as) vir ekstra krag.

Buiten die ekstra woema verbruik die enjin ook heelwat minder brandstof.

Interessan­te syfers

Die RX350 ontwikkel byvoorbeel­d 204 kW krag, versnel van 0 tot 100 km/h in 8 sekondes en gebruik 10,6 liter/100 km. Vergelyk dit met die hibriede RX450h se 220 kW krag (wat sy elektriese motors se bydrae insluit), 0 tot 100 km/h-versnellin­g van 7,8 sekondes en brandstofv­erbruik van 6,3 liter/100 km.

Skielik sit ’n mens regop, want dis nogal indrukwekk­end.

Soos met baie nuwe tegnologie, kom dit teen ’n prys. Létterlik. Die RX450h se prys van R877 700 is R186 700 duurder as die gewone RX350 se R691 000.

Hoe lank dink jy gaan ’n mens ry om met ’n verskil van 4,3 liter/100 km daai geld te verhaal?

Die RX450h se palwisselr­atkas kombineer soomloos met die elektriese en petrolaand­rywing en wanneer jy voet neersit, versnel dit met mening.

Wanneer jy byvoorbeel­d stadig in ’n parkeerter­rein rondry en die Lexus het nie baie krag nodig nie, ry dit geruisloos op batterykra­g; amper soos ’n gholfkarre­tjie, net baie stiller.

Soomloos

As jy die versneller trap, skakel die petrolenji­n binne ’n breukdeel van ’n sekonde aan en begin soomloos met die elektriese motors saamwerk – nes met ’n moderne F1-renmotor.

En as jy jou voet van die versneller afhaal, kan jy die weerstand vóél soos die motor hierdie energie gebruik om die batterye te laai.

Die res van die voertuig is tipies Lexus. Met ander woorde, baie luuks en met topgehalte­ingenieurs­vernuf wat verspotmak­lik met dié van enige Duitse vervaardig­er kan saampraat.

Ja, maar …

Waar die Lexus egter bietjie uitsak, is in sy voorkoms. Die Japannese kon nog nooit daarin slaag om werklik mooi rygoed te maak nie en die Koreane van Kia het darem die verstandig­heid gehad om iemand soos die Duitser Peter Schreyer te kry om te sorg dat Kias vandag van die mooiste massaverva­ardigde rygoed op die pad is.

En sy veldryverm­oë? Nee, hier is dit soos enige aander luukse sportnutsv­oertuig wat eintlik ontwerp is vir die gladde sneeu- en ysbedekte paaie van Europa en Noord-Amerika. Bly eerder weg van enigiets wat jy nie met ’n Audi Q5 sal aanpak nie. Trouens, ek dink die Q5 sal beter vaar.

 ??  ??
 ??  ?? Elektries? Alle grappies op ’n stokkie, die wa is vinnig én suinig.
Elektries? Alle grappies op ’n stokkie, die wa is vinnig én suinig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa