TV Plus (Afrikaans)

‘Daar is magic buite jou gemaksone’

Anzél Rabie is terug met nóg wyn, nóg kos en nóg Boland!

-

Anzél In Die Boland

Seisoen 2 Donderdae kykNET (*144) 17:30 (begin 7 Januarie)

Goeie kos en wyn is iets wat die TV-aanbieder Anzél Rabie (29) van die leefstylre­eks Anzél In Die Boland (2020-nou) deeglik ken. Merlot, sauvignon blanc en pinotage is wynsoorte wat almal in die Boland in die Wes-Kaap gemaak word en in die eerste seisoen het Anzél verskeie glasies van dié wyne geskink en ’n heerlike maaltyd saam met ’n gas of vriend geniet.

In die nuwe jaar begin die tweede seisoen en al is die fokus steeds op die Boland gaan die aktiwiteit­e wat Anzél en kie. doen waaghalsig­er wees. “Dink aan resieskarr­e, valskermsw­eef en hoogtes,” verklap Anzél. Alles wat die adrenalien die hoogtes gaan laat inskiet is dié keer op haar spyskaart, gekombinee­r met goeie wyn en kos.

’N NUWE LOOPBAAN

“Daar is magic wanneer jy buite jou gemaksone beweeg,” sê Anzél oor haar besluit om haar werk as geoktrooie­erde rekenmeest­er in Mei 2020 te verlaat en haar droom om in die vermaakbed­ryf te werk, aan te gryp. “kykNET het my en my man, Stefaans Rabie (’n filmmaker en regisseur), genader toe ’n tydgleuf vir ’n halfuurpro­gram op sy skedule oopgaan,” sê Anzél oor die reeks se onstaan.

Met min tyd en die inperking moes die paartjie bontstaan om ’n reeks te skep, en dis hoe Anzél In Die Boland gebore is. “Dit was vreeslik om my werk en die vaste inkomste op te gee, maar ek was terselfder­tyd opgewonde om my eerste TV reeks aan te bied.”

VERSTEEKTE JUWELE

In die tweede seisoen gaan Anzél saam met bekendes soos die akteur Neels van

Jaarsveld (Ben van Wyk in die dramareeks Fynskrif, 2018-2020), en die Olimpiese swemmer en filantroop Ryk Neethling kuier, wyn drink, kos eet en dinge waag (die episodevol­gorde moet nog bevestig word).

“Daar is 13 episodes wat vanaf Januarie tot April uitgesaai gaan word. Ons gaan die breë Boland-gebied van die Paarl, Franschhoe­k en Tulbagh verken, en al die versteekte juwele, soos wynplase en interessan­te aktiwiteit­e en kosplekke, uitsnuffel,” sê Anzél.

OORSEE HET GEWINK

Anzél en Stefaans was amper sak en pak op pad oorsee toe die pandemie Suid-Afrika in Maart 2020 tref. “Daar was geleenthed­e vir my om in Kanada, Kalifornië of in Amsterdam te gaan werk, maar die Here het ander planne met ons gehad,” sê sy. “Sedert Anzél In Die Boland werk ek nou saam met my man en ek hanteer ook die produksie se boeke.” Anzél onthou hoe senuagtig sy was tydens haar eerste dag op die stel in seisoen 1. “Maar ek het gevoel ek moet dit doen, en danksy my man wat my vrye teuels gee oor hoe ek die reeks aanbied, is ek nie ’n dag spyt nie.”

’N BLINK TOEKOMS

“Ek het gou agtergekom om in die vermaakbed­ryf te werk, is nie 8 tot 5 nie. Eerder 5 uur soggens tot 8 uur saans,” sê Anzél laggend. “Ek en Stefaans het planne om Anzél In Die Weskus, Anzél In die Platteland en nog meer te maak.”

En dan wil hulle graag hul ander reeks, Ver In Die Wêreld, waarvan die loodsepiso­de vroeg in 2020 geskiet is, maar weens die pandemie op ys gesit is, hervat. “In Ver In Die Wêreld besoek ons Suid-Afrikaners regoor die wêreld en vind meer uit oor hul stories en wat hulle van Suid-Afrika mis.”

 ??  ?? Anzél is dol oor haar nuwe werk op die kassie. Inlas: Anzél en haar man, Stefaans – wat al op produksies soos Jan Braai Vir Erfenis (2010-nou) en Boer Soek ’n Vrou (2008-nou) gewerk het – maak ’n goeie span.
Anzél is dol oor haar nuwe werk op die kassie. Inlas: Anzél en haar man, Stefaans – wat al op produksies soos Jan Braai Vir Erfenis (2010-nou) en Boer Soek ’n Vrou (2008-nou) gewerk het – maak ’n goeie span.
 ??  ?? Rolene Strauss (links), Mej. SA en Mej. Wêreld in 2014, en Anzél in 2014 tydens die Mej. SA-kompetisie.
Rolene Strauss (links), Mej. SA en Mej. Wêreld in 2014, en Anzél in 2014 tydens die Mej. SA-kompetisie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa