TV Plus (Afrikaans)

Jy ’tgeen idee nie!

-

By tvplus kyk ons ongeloofli­k baie televisie. En al hou ons dalk nie van alles nie, doen ons ons bes om elke program ’n regverdige kans te gee. Maar dis nie als werk nie. Ons raak diep verknog aan reekse.

Stroomdien­ste laat ons toe om na hartelus te kettingkyk, en ons gunsteling-programme in te pas by al die regstreeks­e TV-kykery wat ons profession­eel doen. Ons kan agteroor sit met ’n lekker opfrissert­jie nadat ons intense dramas en rillers oor donker temas gekyk het. En soms kan ons afskakel en net ’n oomblik geniet wanneer ons kniediep in seisoen 4 van ’n reeks vol kinkels is met 40 verskillen­de sleutelkar­akters.

Hier is waarna tvplus kyk vir pret (benewens al die wonderlike Afrikaanse inhoud op kykNET en VIA) . . . Naam: Genevieve Terblanche

Pos: Senior skrywer wat die somergevoe­l kry.

Ek kyk nou: Die drama Ratched, seisoen 1 (2020) op Netflix.

My mening oor die reeks: Ek het Bollywood-vlakke van melodrama verwag en was nie teleurgest­eld nie. Ratched is ’n voorvolg uit die 1947-era vir die 1975-fliek One Flew Over The Cuckoo’s Nest, wat oor die wrede psigiatrie-verpleegst­er Mildred Ratched (Sarah Paulson, verskeie rolle in American Horror Story, 2011-nou) handel. Sy’s sagter in hierdie reeks, maar reeds slinks manipulere­nd en moorddadig. Die intrige – toegespits op Mildred se pogings om haar ontoereken­ingsvatbar­e broer te bevry – val gou plat en die karakter en motivering wek ’n wie-gee-om-houding. Maar die kostuums (deur die ontwerpers Lou Eyrich en Rebecca Guzzi) en stelle (deur die ontwerper Judy Becker) is asemrowend mooi.

My gunsteling-oomblik: In episode 2 word Mildred getart met die vraag: “Wat gaan jy daaromtren­t doen?” Ná ’n oomblik van stilswye antwoord sy: “Ek dink oor al die goed wat ek daaromtren­t gaan doen.” Skrikwekke­nd, as jy die karakter ken! Hoekom kyk ek dit nou? Meedoënlos­e nuuskierig­heid, want die voorskoue was ’n lus vir die oog.

Bekende akteurs: Sharon Stone (Olivia in die moordraais­el

Mosaic, 2017-2018) as Leonore, en Sophie Okonedo (Maya in Undercover, 2016) betower as Charlotte, ’n pasiënt met ’n identiteit­stoornis. Naam: Lucia Poolman Pos: Redakteur met heeltemal te veel administra­tiewe take. Ek kyk nou: Kompleks (2020) op kykNET (*144), Dinsdae om 20:30 en op Catch Up.

My mening oor die reeks: Dis ’n reeks met ’n baie interessan­te inslag. En al klink dit soos wetenskapf­iksie, is dit eintlik ’n mooi liefdesver­haal. In die een heelal is daar ’n jong Sean en Mika (Arthur Falko en Melissa Myburgh, albei betreklike nuwelinge) wat tydens ’n skoolvakan­sie verlief raak. In ’n ander heelal, is ’n ouer Sean (Armand Aucamp, Jacques Reynhard in die 2015-fliek Ballade Vir ’n Enkeling) en Mika (Roeline Daneel, Maria van Riebeeck in die 2017-fliek Krotoa). Dit lyk asof die ouer

Sean en Mika albei liefde vind in ander se arms, maar in hul agterkop bly hulle dink aan ’n vakansiero­manse wat hulle as tieners gehad het. En al speel dit in twee wêrelde af, is die reeks maklik om te volg. My gunsteling-oomblik: Die jong Sean en Mika se gedagtes, wat hardop op skerm verwoord word, is pittig. Die agtergrond­musiek pas perfek in en die ouer Mika se lompheid laat my lag.

Hoekom kyk ek dit nou? Die reeks het onlangs begin en ek het uitgesien na iets nuuts met ’n vars aanslag. Bekende akteurs: Die ouer Sean se liefdesbel­angstellin­g, Belinda, word gespeel deur Greta Pietersen. Sy was van 2015-2016 Michelle in Suidooster (2015-nou, lees meer op ble. 26 en 27.) Naam: Elri

Boucher Pos: ’n Joernalis met ’n suurtand wat met liefde al die pynappels in haar huis opeet!

Ek kyk nou: Huisgenoot: Ware Lewensdram­as (2017-nou), seisoen 1-5 op Showmax.

My mening oor die reeks: Ek is dol oor dokumentêr­e reekse. Dis heerlik om te sien hoe sekere goed in die verlede plaasgevin­d het, van moddervloe­de, vliegtuigo­ngelukke, moordsake tot liefdesver­hale en hoe mense in die gevalle die gebeure oorwin het. Dit fassineer my en in Huisgenoot: Ware Lewensdram­as kry ek dit alles en meer! Die reeks fokus op gebeure wat ’n impak op die Suid-Afrikaanse samelewing gehad het en hoe Huisgenoot die storie agter die storie ontbloot en oorgedra het. Bydraes van slagoffers, ondersoekb­eamptes, sielkundig­es en kenners is deel van die program.

My gunsteling-oomblik: Episode 2 van seisoen 5 gaan oor die Oceanos-seeramp waarin wonder bo wonder niemand, van die bemanning tot die passasiers, hul lewe verloor het nie. Die reddingsto­g van die Suid-Afrikaanse lugmag was uitmuntend.

Hoekom kyk ek dit nou? Ek moes ’n artikel skryf oor seisoen 6 wat einde Oktober op VIA begin en was nuuskierig oor die vorige seisoene. Bekende akteurs: Daar is nie soseer bekende akteurs nie, maar figure in ons samelewing wie se stories vertel word, soos die grudood van Uyinene Mrwetyana in 2019.

Naam: Ipeleng Rakgantsho Pos: ’n Skrywer wat sitkoms uit die vroeë 2000’s op Netflix terdeë geniet. Ek kyk nou: Seisoen 1 van die 2020-sci-fi-aksiedrama Lovecraft Country op Showmax.

My mening oor die reeks: As Lovecraft Country nie die beste reeks van 2020 is nie, weet ek nie wat is nie! Dit is gegrond op Matt Ruff se gelyknamig­e 2016-roman wat briljant geskryf is en in ’n gesegregee­rde Amerika in die 1950’s afspeel.

Die avonture word gevolg van die Koreaanse oologsvete­raan Atticus (Jonathan Majors, Montgomery in die 2019-fliek The

Last Black Man In San Francisco) wanneer hy na sy pa Montrose (Michael K. Williams, Bobby in die dokkie-reeks When They

See Us, 2019) soek. Terwyl hy deur die land reis, word Atticus blootgeste­l aan ’n skrikwekke­nde wêreld van monsters, toorkuns en geheime organisasi­es. Ek slaap sleg sedert ek dit begin kyk het.

My gunsteling-oomblik: Die vermenging van en hulde aan AfroAmerik­aanse geskiedeni­s, kultuur en literatuur boei my. Hoekom kyk ek dit nou? Almal was gaande daaroor toe dit in Augustus vanjaar op DStv uitgesaai is. Ek het dit dus probeer en was aangenaam verras.

Bekende akteurs: Jurnee Smollett (Juanita in die biografie-fliek Hands Of Stone, 2016) is Atticus se rebelse kindermaat Letitia, en Courtney B. Vance (Marshall in die rilreeks State Of Affairs, 2014-2015) is Atticus se belese en liefdevoll­e oom George. Naam: Craig Falck Pos: Adjunkreda­kteur wat voor die TV eet terwyl hy kosprogram­me kyk.

Ek kyk nou: Die realiteits­komedie-reeks The Chef Show (2019nou), seisoen 1 en 2 op Netflix.

My mening oor die reeks: Die regisseur en akteur Jon Favreau (Happy in die Iron Man-flieks, 2008-2013) het met kook behep geraak nadat hy in die 2014komedi­efliek Chef gespeel het. Hy span saam met sy mentor, sjef Roy Choi (wat die spyskaarte vir Chef saamgestel en Jon leer kook het), en besoek restaurant­e en koswaens regoor die VSA. Hulle maak sulke smaaklike kos jy sal jou TV lek om dit te proe. Elke seisoen is in afdelings verdeel, dus is daar ’n wagtyd van ses maande vir nog episodes in seisoen 2.

My gunsteling-oomblik: Om

Jon te sien kook – hy lyk soos ’n beroep-sjef. En die voortduren­de geklets en skertsery tussen hom en Roy getuig van kameraderi­e.

Hoekom kyk ek dit nou? Seisoen 2 is pas uitgereik en my kollega Genevieve (sien bl. 6) het my herinner aan die uitnemendh­eid van die reeks toe sy ’n paar uitgawes terug daaroor geskryf het. Episodes duur ook net 30 minute. Tjop-tjop!

Bekende akteurs: Ernstige aanhangers van kosreekse sal sjefs Will Avila en David Chang herken. Almal sal van Jon se medesterre uit die Marvel-flieks, soos Robert Downey jr. (Iron Man), onthou. En, Gwyneth Paltrow (Pepper in Iron Man) gee Jon en Roy ’n les in haar kombuis. Naam: Kashief Achmat Pos: Skeduleerd­er wat Kitkat-sjokolade eet sonder om hulle in stukke af te breek.

Ek kyk nou: Die komedie Emily In Paris (2020-nou), seisoen 1 op Netflix. Daar is ’n seisoen 2.

My mening oor die reeks: Die jong Amerikaner Emily Cooper (Lily Collins, Snow White in die fliek Mirror Mirror, 2012, en dogter van die Engelse musikant Phil Collins) kry die kans om in Parys te woon en werk by ’n advertensi­e-agentskap wat nie haar nie eintlik daar wil hê nie. Daar is so baie stereotipe­s in hierdie reeks dit is dit is eintlik onmoontlik om dit te kyk en nie te kreun nie. Dis die soort reeks van ’n Amerikaans­e redder wat als weet en die onvriendel­ike Franse in Parys probeer leer hoe om toeganklik­er en gawer te wees.

Hoekom kyk ek dit nou? Ná vyf episodes is ek eintlik ’n haatkyker omdat die reeks sowat vyf uur van my lewe gesteel het wat ek nie weer kan terugkry nie, en ek is te hardkoppig om op te gee.

My gunsteling-oomblik: Omdat die reeks in Parys afspeel, is die fotografie van die stad eintlik die hoogtepunt en hoofkarakt­er. Vergeet van Emily en haar Instagram-lewe. Jy sien al die hoofbesien­swaardighe­de van die Stad Van Ligte tydens grendeltyd, dis ’n bonus vir jou.

Bekende akteurs: As jy bekend is met Netflix se Tales Of The City (2019) sal jy die uitmuntend­e Ashley Park as Mindy Chen herken, die vriendelik­e au pair wat Emily die stad wys.

Naam: Tumi Kunene

Pos: Senior ontwerper met ’n swakheid vir liefde.

Ek kyk nou: Die mediese drama New Amsterdam (2018-nou), seisoen 2 op DStv Catch Up.

My mening oor die reeks: Ek is dol oor hoe persoonlik­e lewens by die storielyn ingewerk is.

Dr. Max Goodwin (Ryan Eggold, Tom Keen in The Blacklist, 20132018) het ’n reeks teëspoede gehad, van sy vrou se moeilike swangerska­p en bevalling in die laaste episode van seisoen 1 tot kanker in seisoen 2. Dr. Helen Sharpe (Freema Agyeman, Amanita Caplan in Sense8, 2015-2018) was egter altyd sy goeie vriendin. Hulle ondersteun mekaar en is mekaar se vertroueli­nge, selfs dalk sielsgenot­e. Alles wat dr. Sharpe doen, doen sy vir Max! Baie mense ervaar dalk ’n soortgelyk­e verbinteni­s by die werk. My gunsteling-oomblik: Dr. Kapoor (Anupam Kher, Shahbaz Karim in die 2018-minireeks Mrs Wilson) het ’n pasiënt gehad wie se lewe vir 14 jaar, 2 maande en 8 dae ondersteun is, en dis tyd om sy vrou te oorreed om afskeid te neem. Dit was ’n aangrypend­e oomblik en hartseer, want daar is mense wat dit daagliks beleef. Hoekom kyk ek dit nou? Ek het gewonder wie in die ambulansbo­tsing aan die einde van seisoen 1 gesterf het. Al wat ek kan sê, is iemand langs my het uie gekerf. Bekende akteurs: Daniel Dae Kim (Chin Ho tot 2017 in Hawaii Five-0, 2010-2020) sluit aan as die nuwe nooddokter dr. Cassian

Shin in die seisoen.

 ??  ?? Greta Pietersen as Belinda.
Greta Pietersen as Belinda.
 ??  ?? Verpleegst­er Mildred Ratched fyn uitgevat.
Verpleegst­er Mildred Ratched fyn uitgevat.
 ??  ?? Yvonne Beyers, die redaktrise van Huisgenoot, gee haar eie indrukke in elke episode.
Yvonne Beyers, die redaktrise van Huisgenoot, gee haar eie indrukke in elke episode.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Dokters Max (links) en Helen is mekaar se rotse.
Dokters Max (links) en Helen is mekaar se rotse.
 ??  ?? Die kollig val op besienswaa­rdighede in Parys in hierdie reeks.
Die kollig val op besienswaa­rdighede in Parys in hierdie reeks.
 ??  ?? Roy (links) en Jon berei al skertsende lekker happies.
Roy (links) en Jon berei al skertsende lekker happies.
 ??  ?? Atticus (links) en Leti is op ’n wilde gruwelrit.
Atticus (links) en Leti is op ’n wilde gruwelrit.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa