TV Plus (Afrikaans)

kykNET Weekdae 19:30

-

VERLEDE KEER

Lieb het Celesté gevra om ’n keuse tussen hom en haar kêrel Thomas te maak, Steve en Elana was op pad Kongo toe om in ’n veldhospit­aal te gaan werk, en Tertius wou met Lika vrede maak.

18 – 20 JULIE

Chaos bars om Steve en Elana se kop los in die Kongo, Chanel soek na Steve, en Quinton is ooggetuie van ’n ineenstort­ing. Liebenberg vermoed daar’s onraad met medisyne wat reeds die vervaldatu­m oorskry het, en rebelle val die veldhospit­aal binne. Elana besef daar’s ’n verbinteni­s tussen Jax en Odyn, en Jax vrees Steve is in lewensgeva­ar.

23 – 27 JULIE

Jax moet tot aksie oorgaan om ’n lewe te red, Pippa ontferm haar oor Lexi, en Sara veroorsaak wrywing tussen Tertius en Quinton. Tertius se gedrag maak Lika ongemaklik, Liebenberg en Conrad besef iemand in ongevalle is by die vervalste sertifikat­e betrokke, en Elana vind iets in die kas. Liebenberg se ondersoek krap ’n hooggeplaa­ste om, en Conrad probeer Tertius toets. Chanel en Trudie beplan iets vir Naomi en Louis, Jax betrek Ruben by haar planne, en ’n dokter word deur die rebelle aangehou.

30 – 31 JULIE

Liebenberg se teorie veroorsaak spanning tussen hom en Pippa, Conrad moet inligting met Elana deel, en Floyd daag by ongevalle op. Charles raak onrustig oor Jax se doen en late, en Annelize kry snuf in die neus oor Ruben.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa