TV Plus (Afrikaans)

Die grootbaas 37

Hans van Wyk regeer sy firma met ’n ysterhand.

-

Fynskrif Seisoen 1 Dinsdae kykNET (*144) 21:00

Hans van Wyk, hoof van die prokureurs­firma Van Wyk & Vennote, is nie die maklikste baas om voor te werk nie, vertel Chris van Niekerk, wat die rol vertolk. “Hy is ’n man van gesag en dikwels hard teenoor sy mense. Ek dink baie werknemers het al so ’n bestuurder in hul lewe gehad. Hoewel Hans nie baie toeganklik is nie, het hy ander goeie eienskappe, anders sou hy nie soveel sukses in sy loopbaan as regsgeleer­de behaal het nie. Hans staan by sy personeel, hy is ’n goeie mentor en hy kom goed met sy vrou

René, (Susanne Beyers), oor die weg.”

BAIE MENSLIKE EMOSIES

Chris (67), wat van 2000 tot 2004 die koppige krokodil Francois in 7de Laan (2000-nou) was, sê hy het dit geniet om Hans te vertolk omdat Hans se persoonlik­heid soveel verskillen­de lae het. “Maar die rede waarom Hans is wie hy is, kom eers aan die einde van die reeks uit. Dan word sy donker verlede oopgevlek.”

Chris was opgewonde toe hy die eerste keer die teks van Fynskrif, wat deur Louis Pretorius en Albert Snyman geskryf is, gelees het. “Daar’s verskeie elemente wat kykers gaan boei, soos die menslike wisselwerk­ing tussen die prokureurs en die kliënte asook die prokureurs se persoonlik­e lewe. Talle van die reg-sake in die reeks gryp jou aan die hart. Ek dink baie mense gaan die regsproses beter verstaan wanneer hulle na die reeks kyk.”

Hy is die oudste van die Fynskrif-akteurs. “Dit was fantasties om saam met so ’n klomp jong, talentvoll­e akteurs te werk. Hulle is vreesloos en daarmee bedoel ek hulle is nie bang om kanse te waag nie. En hulle werk is van uitsonderl­ike gehalte.

AANHOU WERK

Chris woon al langer as twee dekades op die skilderagt­ige dorpie Rosendal in die hartjie van die Oos-Vrystaat waar hy ’n oudhedewin­kel en koffiewink­el bestuur. Maar hy is altyd reg om Rosendal vir ’n wyle te verlaat wanneer ’n nuwe TV- of verhoogrol opduik. “Nee jong, ek sal nooit kan aftree nie. Ek is altyd dankbaar vir werk, want ek moet werk om ’n bestaan te maak. Maar ek het ook ’n behoefte om te werk. Ek sal van my kop af raak as ek nie werk nie,” sê hy. “Toneelspee­l is ’n vaardighei­d waaraan ’n akteur gedurig moet slyp. Wat gaan van ’n akteur se talent word as hy of sy ophou toneelspee­l?” Maar hy skaaf nie aan sy akteursver­nuf deur te kyk na die reekse waarin hy speel nie. “Ek het al jare lank nie meer ’n televisies­tel nie. As iets klaar verfilm is, dan is dit verby en jy kan dit nie korrigeer nie. Met teater is dit ’n ander storie, want wat jy die vorige aand verbrou het kan jy die volgende aand verbeter.”

 ??  ?? Chris van Niekerk as Hans van Wyk.
Chris van Niekerk as Hans van Wyk.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa