TV Plus (Afrikaans)

Diamante en die onderwêrel­d

Die dramareeks Vloeksteen begin op kykNET & kie.

-

Wanneer mense aan diamante dink, dink sommige onwillekeu­rig aan die liedjie Diamonds Are A Girl’s Best Friend, wat deur Carol Channing in die 1953-fliek Gentlemen Prefer Blondes gesing is. Maar in die spanningsv­olle dramareeks Vloeksteen (2012-2015) bring diamante geen geluk vir ’n vrou of man nie – inteendeel bring dit onheil, misdaad en moord!

Die reeks is in 2012 die eerste keer op kykNET uitgesaai, maar vanaf Mei is dit op die splinterka­naal kykNET & kie te sien.

SMOKKELAAR­S, AGENTE EN HANTEERDER­S

Die eerste seisoen bestaan uit 13 episodes en handel oor ’n groep hoogs opgeleide geheime agente en hul hanteerder­s. Almal is verbonde aan die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns se fiktiewe eenheid vir georganise­erde misdaad met sy basis op ’n fiktiewe kusdorp. Die georganise­erde misdaad in die verhaal is onwettige diamanthan­del. Die reeks is in 2011 in die Wes-Kaap geskiet in die omgewing van Alexanderb­aai en die Strand. Ludwig (Lud) Oberholzer, ’n boer van Ficksburg wat in 2009 aan die realiteits­reeks Boer Soek ’n Vrou (2007-nou) deelgeneem het, het die saadjie vir Vloeksteen geplant. As ’n voormalige diepdekkin­gsagent (“undercover cop”) het Lud ’n magdom stories oor die onderwêrel­d gehad, waarvan hy vir die skrywer Hein Eksteen vertel het. Hein het die inligting tot die reeks verwerk.

WELKOM ONDERGROND­S . . .

Die onwettige diamanthan­del is ’n fassineren­de en vreemde wêreld, meen die reeks se regisseur, Regardt van den Bergh.

“Dit was vir my ’n groot uitdaging om kykers by die misterie van die realiteit in te trek sodat hulle aanhou kyk.”

Met sy gesoute regisseurs­oog het Regardt presies geweet hoe om die regte prentjie te skep. Hy het op 24-jarige ouderdom, met die vervaardig­ing van Vyfster in die 1980’s, geleer om realiteite te skep wat nie noodwendig op papier vasgelê is nie, vertel Regardt. Vyfster het hoofsaakli­k in die tronk afgespeel, toe min mense destyds geweet het wat agter hoë gevangenis­mure gebeur.

“Nog ’n groot uitdaging van Vloeksteen was om twee tonele gelyk te skiet. Die een toneel is waar die hanteerder­s na die diepdekkin­gsagente se transaksie­s kyk terwyl die tweede toneel die transaksie­s op die skerm wys.

“Die kyker word soos ’n koekeloerd­er wat saam met die hanteerder­s na die onderhande­lings tussen die diamanthan­delaars en agente kyk.”

AKTEURS ONTHOU

Neels van Jaarsveld sê sy rol as die polisieman Lud Swart, wat in die eerste seisoen die diepdekkin­gsagent Donny Basson word, was een van sy gunsteling­rolle.

“Lud word deur die waarheid gedryf en glo geregtighe­id moet in alle omstandigh­ede seëvier. Hy’s ’n komplekse karakter met baie geheime wat hy sorgvuldig bewaar. Ek moes destyds my navorsing deeglik doen om hom so rea-

listies te kon vertolk.” Neels sê ook die verlede dra ’n element van nostalgie saam met hom. “Wat vir my in Vloeksteen uitgestaan het, was die kalmte en sjarme van Regardt en die passie van my medespeler­s.”

Elle Fourie, gespeel deur Erica Wessels, is ’n doelgerigt­e en streng profession­ele medehantee­rder van die geheime agente en assistent van die hoofhantee­rder, Spook de d Koning (André Jacobs). Haar en André se tonele het meestal in die kontroleka­mer afges speel terwyl baie van hul medespeler­s waaghalsig­e streke kon uithaal in uitd dagende tonele op land e en see. Erica vertel hoe sy en André in ’n stadium lekker jaloers geraak het op hul kollegas. “Hulle het sulke opwindende tonele gehad waar hulle op ’n boot op die see vaar, of by ’n gebou inbars en diamant smokkelaar­s vastrek. Dit het later vir ons s soos ’n sitkamer begin voel w waar ons heeldag toegesluit w word,” vertel Erica laggend.

SAKEMAN: Koert Adler AKTEUR: Marius Weyers

BESKRYWING: Dié sakeman gee voor hy is ’n welaf delwer, gemeenskap­sleier en gesinsman, maar hy’s eintlik die ‘godfather’ van die plaaslike smokkelwêr­eld. Hy raak soms skrikkerig wanneer die gereg op sy spoor is, maar dan vee hy sy spore met die hulp van sy handlanger­s dood.

HANDLANGER: Bling AKTEUR: Oscar Petersen

BESKRYWING: Op die oog af lyk Bling na ’n innemende en eerlike man, maar hy’s ’n smokkelaar, koelbloedi­ge moordenaar en ’n handlanger van die Adlers. Kykers moet Bling dophou in episode 1 (2 Mei) waar hy een van sy vyande in die polisiesel­le stilmaak wanneer hulle op die punt is om hom te ontmasker. .

 ??  ?? Agent Spook de Koning inspekteer n gesteelde diamant.
Agent Spook de Koning inspekteer n gesteelde diamant.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Elle Fourie en Spook werk nou saam.
Elle Fourie en Spook werk nou saam.
 ??  ?? Neels van Jaarveld se karakter Lud Swart het baie geheime.
Neels van Jaarveld se karakter Lud Swart het baie geheime.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa