TV Plus (Afrikaans)

Oorweldig

Karmen sukkel om aan te pas in haar ouerhuis.

- 7de Laan

Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Die Hillside-sakevrou Vanessa (Ingrid Paulus) sukkel om kop bo water te hou. Haar vierjarige dogtertjie, Karmen (Gabriella Linton), wat sy in November verlede jaar teruggekry het nadat sy in Maart 2017 ontvoer is, is besig om hand uit te ruk. Karmen sukkel om weer aan te pas in haar ouerhuis, gooi lelike vloermoere en breek al haar speelgoed. Vanessa, wat reeds emosioneel is omdat sy van haar man, (Theodore Jantjies), vervreem is ná sy affair verlede jaar, weet nie hoe om tot haar dogter deur te dring nie. Sy is besig om alle hoop te verloor dat dinge weer na normaal sal terugkeer. “Karmen wil net teruggaan na Hettie (Karin van der Laag) en (Rikus Strauss), die armsalige plakkerska­mpgesin waar sy gebly het tot sy gevind is,” sê Ingrid.

Xander VERMISTE MASKER Tjattas

Dinge raak erger wanneer Karmen op Woensdag 3 Januarie haar katmasker wat Tjattas vir haar gegee het, verloor. “Die kind is buite beheer en huil aanhoudend oor haar verlore masker. Vanessa sukkel om haar te laat kalmeer en kan nie verstaan hoekom die masker so ’n groot impak op Karmen se gedrag het nie,” vertel Ingrid. Haar kind is nie meer die dogtertjie wat sy geken het nie. Hulle is soos vreemdelin­ge vir mekaar. “En in die stadium voel dit vir Vanessa daar is niks wat sy kan doen om die ma-en-dogter-verhouding te herstel nie,” voeg Ingrid by.

PA OOK RAADOP

Vanessa se werk by Bruynwaves geleenthei­dsbeplanne­rs ly op Donderdag 4 Januarie onder die huishoudel­ike spanning wanneer Karmen weer eens

 ??  ?? Vanessa is bekommerd oor haar dogter se gedrag.
Vanessa is bekommerd oor haar dogter se gedrag.
 ??  ?? Hettie destyds saam met Karmen nadat Natalie die kind daar gelos het ná sy haar ontvoer het.
Hettie destyds saam met Karmen nadat Natalie die kind daar gelos het ná sy haar ontvoer het.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa