TV Plus (Afrikaans)

Doodswense

Andiswa moet vir haar lewe vlug wanneer David uitvind sy is verantwoor­delik daarvoor dat hul troudag bederf is.

-

David wil sy verloofde Andiswa vermoor oor haar verraad. Rhythm City Weekdae e.tv (*194) 19:00

Elke mens het ’n swakheid. Of dit nou geld, mag of liefde is – daar is altyd iets wat die gevaarliks­te ouens op hul knieë kan dwing. Vir David Genaro (Jamie Bartlett) is dit vroue wat net so bedrieglik soos hy is . . . soos sy verloofde Andiswa ( Tina Jaxa), wat David se sakeryk wil hê. Sy het ’n huurmoorde­naar opdrag gegee om David middel Desember tydens hul trouseremo­nie dood te maak, maar die koeël het hom gemis. “Andiswa gee voor sy weet van niks nie, maar sy sit agter die hele ding,” sê Jamie. Sy vertel hom op Donderdag 21 Desember dit was die ma van sy seun, Gail (Pam Andrews). “Eers twyfel David oor wat Andiswa hom vertel, maar sy is oortuigend en sê Gail het ’n vuurwapen,” vertel Jamie. David storm dieselfde dag uit om die wapen te gaan soek, want hy wil wraak neem! Die onverskrok­ke David word deur gangsters gevrees, maar hy’s senuagtig om Gail te konfrontee­r op Vrydag 22 Desember. “Tog gaan David na Gail toe,” sê Jamie, want David wil bevestig niemand mors met hom nie. “Andiswa se woorde maal in sy kop terwyl hy met Gail argumentee­r. Hy hou ’n vuurwapen teen haar kop en sy vrees vir haar lewe,” sê Jamie. Maar Gail se aan-af-kêrel Big Man (Quincy Fynn) kom op hulle af. “Dis soos ’n aksiefliek­toneel. David en Big Man stoei op die grond en ’n skoot gaan af.” Niemand is getref nie, maar dit staak hul geveg.

David gaan Gail se spore na by sy troue op Dinsdag 26 Desember en hy sien op die sekuriteit­svideo hoe Andiswa met die bendelid Storm (Roderick Mervin Jafta) praat. “David is verslae. Hy kan nie glo sy het hom probeer vermoor nie! En hy wou Andiswa die begunstigd­e van ’n testament maak,” verduideli­k Jamie. David dreig Andiswa op Woensdag 27 Desember en Andiswa probeer hom oorreed om nie die sneller te trek nie. Sy herinner hom aan hoe haar dood hul dogter, Pearl (Petronella Tshuma), sal verpletter, en dit lyk of dit werk. “David staak dit en Andiswa kry tyd om weg te kom terwyl David se kop draai. Miskien is dit ’n waarskuwin­g om van sy hart te vergeet en op sy besigheid te fokus.” Puleng het Suffocate omgepraat om nie wraak te neem op die Genesis Fellowship-kerk nie, maar om hom eerder op hul gesin toe te spits, en Andiswa het ’n 66er-bendelid gekry om haar verloofde op hul troudag te vermoor. Andiswa probeer David oortuig Gail het die sluipmoord­enaar gehuur, en Mapula is besorg wanneer sy hoor haar familielid Dumi het met ’n vreemdelin­g gepraat. Jafta keer die buurt om op soek na sy vermiste bok, en David gaan na Gail met ’n vuurwapen in sy hand. Andiswa hoop David skiet Gail, Jafta wil hê Kop moet hom help om sy bok by Fats terug te kry, en Mapula en Sabelo is bekommerd oor Dumi se verdwyning.

David ontsien geen moeite nie wanneer hy na Gail soek en wonder hoekom sy hom dood wou hê, en Jafta is verras wanneer die polisie aan sy deur klop. Andiswa het nêrens om weg te kruip nadat David uitgevind het sy het saam met die 66er-bende gewerk om hom te vermoor nie, en Pearl probeer haar ma, Andiswa, teen haar pa, David, se woede beskerm. Intussen soebat Sabelo en Mapula Suffocate om hulle te help om Dumi op te spoor wanneer die polisie nie so vinnig werk as wat hulle wil hê nie. Teen druktyd was daar nog geen episodiese inligting beskikbaar nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa