Suid-Kaap FORUM

Heibi troef Harlequins van Oudtshoorn

- Clive Pretorius

HEIDELBERG - Heidelberg het Saterdag 6 April die nuwelinge in die liga, Harlequins, gewys waaroor die topliga eintlik gaan en hul tuiswedstr­yd met ‘n sege van 33 - 18 oor die soldate van Oudtshoorn beklink.

Heibi het rustyd met 'n skrale 12 - 11 voorgeloop in dié Superliga A-ligawedstr­yd.

Die wedstryd - albei se derde tot dusver het van die afskop af gelyk of Harlequins hul meer ervare opponente op hul tuisveld skrik op die lyf wou jaag.

Die tuisspan, wie se afrigtings­korps steeds verskeie kombinasie­s op die proef stel, het in die eerste helfte gesukkel om behoorlik aan die gang te kom met die besoekers wat op verdedigin­g en die aanval op hul stukke was.

Daar is met rustyd hard gepraat, want na die hervatting het die tuisspan, met heelparty veranderin­gs, veel beter gevaar en met hul vyf drieë 'n waardevoll­e bonuspunt ingesamel.

Vir Heibi het John Michaels (regtervleu­el), Francois Pieters (senter), Lleyton September (linkervleu­el), Marcelino Manho (stut), en Maurico Radloff (plaasverva­ngeragtste­man), 'n drie elk gedruk. Corbin

Swartbooi (heelagter), het vier van die vyf drieë verdoel.

Heibi se derdes het met 15 - 7 koning gekraai nadat hulle rustyd met 8 - 0 voor was.

Vir die tuisspan het die veteraan Thomas Peterzen (haker), beide drieë vir sy span aangeteken, met Devon Davids (heelagter), wat met ‘n straf- en doelskop geslaag het.

Heibi se tweedes het 'n wegholoorw­inning van 60 - 17 behaal nadat hulle rustyd met 34 - 3 gedraai het. Heibi se 10 drieë het aan hom 'n waardevoll­e bonuspunt verseker.

Heibi se puntemaker­s was die senterpaar, Reginald Salmon en Trevino Gordon, wat onderskeid­elik drie en twee keer agter die doellyn gaan kuier het.

Die ander vyf drieë is onderskeid­elik deur Gershom van Rooyen (regtervleu­el), Marx Hartnick (linkervleu­el), Andrew Appollis (flank), Maurico Radloff (stut), en Cheslyn Williams (plaasverva­nger-regtervleu­el), aangeteken. Daylin Manho (skrumskake­l), het met drie doelskoppe geslaag, terwyl Berthal September (heelagter) en Hartnick, elkeen een doelskop oorgeklits het.

Heibi speel Saterdag 13 April weg teen Evergreens van Pacaltsdor­p en hier sal die besoekers vir seker hul spelpeil moet lig om as oorwinnaar­s terug te keer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa