Suid-Kaap FORUM

Hawelose se lyk langs winkel

- Clive Pretorius korrespond­ent

HEIDELBERG Die lewelose liggaam van ’n middeljari­ge man is Vrydagogge­nd 10 Augustus omstreeks 09:40 op ’n perseel, aangrensen­d aan U-Save supermark gevind.

Die oorledene, Samuel Fredericks (58), ’n boorling van Slangrivie­r, was ’n hawelose wat reeds etlike maande op die dorp was. Volgens persone op die toneel wat gereeld met hom gepraat het, was hy vir baie jare op Swellendam voor hy eers na Riversdal en toe na Heidelberg is. Hy het glo op verskeie persele in die dorp geslaap. Volgens Shirtey Marais, ’n verwer wat besig was om ’n gastehuis oorkant die supermark te verf, het hy by twee verbygange­rs vir ’n vuurhoutji­e gevra. Hulle het aan hom gevra of dit nie ’n mens is wat daar lê nie. “Dis toe dat ek nader gaan en tot my skok ontdek dat dit wel ’n mens is,” het hy gesê. Hy het ’n taxi gestop en die bestuurder gevra om hom na die polisiesta­sie te neem om dit te rapporteer. Volgens die plaaslike polisiewoo­rdvoerder, ao. Alroy Windvogel, wat saam met ander polisieled­e en ambulanspe­rsoneel op die toneel was, word geen misdaad vermoed nie. ’n Geregtelik­e doodsonder­soek sal wel uitgevoer word om die oorsaak van dood te bevestig. Die oorledene se suster van Slangrivie­r, Lena Fredericks, het gesê dat haar broer nooit getroud was nie. Hy het ook nooit van kinders gepraat nie. Hy wou nie by haar bly nie en het verkies om op die strate te bly. Volgens haar het hulle familie nie regtig met mekaar gekommunik­eer nie. “Ek het ons suster, Eva Tieties en broer, Faan Fredericks seker meer as 30 jaar laas gesien. Albei bevind hulle waarskynli­k in Swellendam, Bredasdorp of Barrydaled­istrik.” Fredericks betwyfel of haar hawelose broer enige begrafnisd­ekking gehad het. Sy doen ’n beroep op enigiemand wat weet waar haar ander broer of suster hulle bevind, om met haar te skakel. Verder vra sy ook vir enige finansiële bydrae om te verseker dat haar broer ’n waardige begrafnisd­iens kan hê. Sy kan by 066 445 1186 geskakel word. Begrafnisr­eëlings was teen druktyd nie bekend nie omdat die nadoodse ondersoek nie afgehandel was nie.

 ??  ??
 ??  ?? Polisieled­e help om die liggaam in die forensiens­e voertuig te laai.
Polisieled­e help om die liggaam in die forensiens­e voertuig te laai.
 ??  ?? Ao. Alroy Windvogel en ’n ambulansli­d op die toneel. Foto’s: Clive Pretorius, korrespond­ent INLAS: Samuel Fredericks, vroeër die jaar langs die N2 by ’n motorhawe afgeneem.
Ao. Alroy Windvogel en ’n ambulansli­d op die toneel. Foto’s: Clive Pretorius, korrespond­ent INLAS: Samuel Fredericks, vroeër die jaar langs die N2 by ’n motorhawe afgeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa