Sarie

Herman kook vir jou hond

Ons honde is ons beste vriende. Doen ’n bietjie moeite en bederf Wagter en Molly met tuisgemaak­te peuselhapp­ies, kos en selfs ’n verjaardag­koek. En ja, die veearts sê dis alles reg!

-

MOENIE JOU EIE KOP VOLG NIE

Jy is so lief vir jou hond, jy kook selfs spesiaal vir hom kos. Maar al sit jy hope liefde daarin, het dit heel moontlik nie die regte en genoeg voedingsto­wwe nie. Tot 96% van tuisgemaak­te hondekos kan sleg wees vir jou viervoetig­e kind se gesondheid, is in ’n studie in die Journal of the American Veterinary Medical Associatio­n bevind. Meer as 200 resepte in hoog aangeskrew­e veeartseny-teksboeke en van troeteldie­rvoedingku­ndiges en verwante bronne is geanalisee­r. Daarvan het 191 nie die paal gehaal nie. Dis veral die balans van voedingsto­wwe wat belangrik is, sê dr. Ingrid de Wet, hoofveeart­s en mede-eienaar van die Ebervet Country Animal Clinic op Somerset-wes. In nog ’n studie deur Brasiliaan­se navorsers is troeteldie­r-“ouers” gevra om hondekos volgens ’n resep te maak. Selfs al was die resepte goed saamgestel, het die deelnemers aan die studie meestal nie die instruksie­s noukeurig genoeg gevolg om ’n gesonde maaltyd vir hul hond voor te sit nie, is bevind.

Gebruik ’n goeie resep, saamgestel deur ’n troeteldie­rvoedingku­ndige. As jou woef ’n gesondheid­sprobleem het, moet hy dalk ’n spesiale dieet volg. Onthou dat verskillen­de rasse en ouderdomme se voedingsbe­hoeftes verskil. Só het ’n tienjarige Yorkshiret­erriër ’n ander dieet nodig as ’n driejarige Deense hond. Dis veral belangrik om die vlakke van proteïen, kalsium en fosfaat reg te balanseer, volgens dr. De Wet. Volg die resep noukeurig, moenie eksperimen­teer nie. As die resep sê verwyder die hoendervel en jy los dit aan, gaan dit die voedingkun­dige profiel verander. Kook alle hondekos om bakterieë te vernietig wat jou dierevrien­d siek kan maak. “Ons sien baie siektes van die spysverter­ingstelsel sowel as inwendige parasiet-probleme weens rou diëte,” volgens dr. De Wet. Kook grane, bone en styselgroe­ntes sodat dit makliker verteer. Nog bronne: petwebmd.com, American Animal Hospital Associatio­n (www.aaha.org)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa