Sarie

‘Wees krities en gebruik gesonde oordeel’ POLITIEK

-

In die aanloop tot die nasionale verkiesing in Mei vanjaar maak politici voorbrand vir hul partye met die een angswekken­de SMS ná die ander, op sosiale media word ons gebombarde­er met fopnuus, en as jy die radio of TV aanskakel blaas radikales haat aan.

Op 26 en 27 Januarie vanjaar was byna 23 000 stemstasie­s landwyd van agt tot vyf oop vir kiesers om te registreer vir die sesde verkiesing sedert die aanbreek van demokrasie in Suid-afrika in 1994.

Theo Venter, politieke ontleder en sakespesia­lis verbonde aan die Noordwes-universite­it (NWU) se sakeskool, reken Suid-afrikaners moet leer om te onderskei tussen die “politieke lawaai en die werklikhei­d” in die aanloop tot die verkiesing.

Hy sê: “Alle politieke partye gaan elke geleenthei­d gebruik – en misbruik – om die aandag op hulle te vestig. Kiesers moet wyd en fyn lees. Moenie elke storie in die sosiale media glo nie. Probeer om nie alles wat jy deur Twitter of Whatsapp ontvang, aan te stuur nie. Wees krities en gebruik jou gesonde oordeel.

“Politici gebruik politieke retoriek om mense te beïnvloed. Dit is niks anders nie as propaganda om hul ideologie te ‘ verkoop’ as die beste opsie. Moet dit nie goedsmoeds vir soetkoek opeet nie. Politici se wilde en soms buitenspor­ige idees word getemper deur die ekonomie. In Suid-afrika gaan ons ’n verkiesing tegemoet met ’n ekonomie wat swak presteer en om dié rede is baie van die beloftes en ideale van politici nie haalbaar nie,” voeg hy by.

Daar is altyd hoop. Die doofstom en blinde skrywer Helen Keller het tereg gesê: “Optimisme is die geloof wat jou aanspoor tot sukses. Niks kan sonder hoop en selfvertro­ue gebeur nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa