Sarie Kos

LEKKER VERJAAR!

- @hermanlens­ing @lensingher­man

Iewers in Augustus 2009 lui my selfoon en ’n sagte stem aan die ander kant lig my in dat Michélle van Breda, SARIE-redakteur, na my aansoek vir die pos as kosredakte­ur gekyk het en my graag wil nooi vir ’n onderhoud. Skaars 21, bons my hart reg uit my keel. Ek kan nie glo wat gebeur nie.

Dae later, ná wat gevoel het soos ’n onderhoud van ure, kry ek die nuus: Jy is SARIE se 7de kosredakte­ur! Watter eer, watter groot taak en verantwoor­delikheid – een wat ek destyds self nie besef het nie.

My lewe verander onherroepl­ik. Ek is nou deel van die tydskrif waarmee ek grootgewor­d het. Deel van die blaaie waarna my ma so dikwels verwys het. Ek kry kans om my resepte, my kos, my Kalahariwo­rtels te deel op die blaaie van ’n Afrikoon! Hierdie platteland­se dromer wat heel gewoon grootgewor­d het, kan deel word van ’n buitengewo­ne wêreld.

En hier sit ek nou, 10 jaar later, en kan SARIE se 70ste verjaardag saam met haar vier. Want haar dogter SARIE KOS is ewe trots op hierdie gewone vrou wat buitengewo­ne dinge regkry. Hoe vier mens so ’n mylpaal? Met kos, koek en genoeg wyn, natuurlik.

Baie geluk, SARIE, met jou 70ste verjaardag! Dankie dat jy trots Suid-Afrikaans is met jou wortels stewig geanker in Afrikaans. Dankie dat jy maand ná maand lesers van reg oor die wêreld inspireer. Dankie dat jy my die kans gee om my kos die wêreld in te stuur en mense se lewe een resep op ’n slag beter te maak. Hierdie uitgawe met sy 70 resepte, elk met net 7 bestanddel­e, is vir jou. Want met min kan jy groot dinge regkry, nes jy my gewys het. Dis die alledaagse dinge wat ons lewe mooi maak en ons aanhou inspireer.

Lekker kook

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa