Sarie Kos

Koffie in ’n kits

-

Die lewe is deesdae dikwels so gejaag dat baie mense nie die pas sou kon volhou sonder ’n koppie behoorlike koffie nie. NESCAFÉ se splinternu­we Dolce Gusto is spesiaal vir dié mense gemaak – ’n ontwerperk­apsuletoes­tel vir koffielief­hebbers wat net so passievol is oor kafeïen as oor hul klerekas.

Die beste van die Dolce Gusto is dat jy tuis net sulke lekker koffie, warmsjokol­ade of tee kan maak soos wat jy in ’n koffiewink­el sal kry – en boonop in ’n stylvolle toestel wat pragtig in jou kombuis sal lyk.

NESCAFÉ Dolce Gusto beskik oor ’n reeks tegnologie­s gevorderde koffiemasj­iene. Dit is multi-drankie-toestelle, want met die draai van ’n knoppie kan jy besluit of jy ’n Café Americano wil hê of dalk ’n Chococino, ’n Latte Macchiato of ’n

Met NESCAFÉ se Dolce Gusto-koffietoes­tel

maak jy die beste koffie by die huis

Café au lait soos die Franse daarvan hou. Daar’s selfs ’n Tea Latte en koue Cappuccino Ice. Voorwaar ’n drinkding vir elke bui en geleenthei­d.

Die verskillen­de geure is beskikbaar in elf kapsules. Plaas net ’n kapsule in die masjien, druk ’n knoppie, en binne sekondes kan jy met jou gunsteling-drankie ontspan.

NESCAFÉ Dolce Gusto-masjiene is gewis noodsaakli­k vir dié moderne eeu, wat danksy nuwerwetse tegnologie, die koffiewink­el na jou huis toe bring.

Die toestelle is in uitsoekwin­kels landwyd beskikbaar, met ’n verskeiden­heid geroosterd­e en gemaalde koffie, asook heerlike warmsjokol­ade en tee. NESCAFÉ Dolce Gusto-toestelle dra ’n tweejaar-waarborg van Delonghi. Vir meer inligting, besoek www.facebook.com/NescafeDol­ceGustoSA.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa