Sarie Kos

Salm-confit met

Aartappel-blini’s

-

(bl. 28) Confit beteken jy maak iets by ’n baie lae temperatuu­r gaar in olie of vet. Dis baie makliker as wat jy dalk dink.

AArtAppel-Blini’s • 5 miiielslA--AArtAppels, -eskil • 45 ml peperworte­lsous ( horseradis­h) • 25 - (45 ml) koekmeel • sout en vArs-emAAlie swArtpeper • olyfolie om blini’s in te brAAi

sALM-CONFIt • 600 - vArs sAlmfilet • 1 liter -oeie-ehAlte-olyfolie

• 250 - crÈme frAîche (suurroom) • vArs vinkeltAkk­ies vir -Arnerin-

Plaas aartappels in ’n groot kastrol en bedek met water. Bring water tot kookpunt en kook aartappels tot sag. Dreineer en druk fyn met ’n aartappeld­rukker. Voeg peperworte­lsous en meel by. Meng goed en geur met sout en peper. Verhit ’n bietjie olyfolie oor matige hitte in ’n kleefvrye pan. Skep groot teelepels vol aartappelm­engsel in pan. Braai aan een kant tot bros en draai versigtig om. Braai aan ander kant ook tot bros. Haal uit en herhaal met res van aartappelm­engsel. Vir die confit: Verwyder vel van salmfilet. Sny filet in blokke van so 3 cm. Gooi olie in ’n oondbak van sowat 20 x 20 cm en 6 cm diep. Plaas in oond en skakel nou eers oond aan op 90 °C. Verhit olie 20 – 30 minute en haal bak versigtig uit. Die olie moenie kokend warm wees nie. Plaas salmblokki­es in olie en maak bak sommer met ’n houtplank toe. Laat staan vis 30 minute in olie. Skep versigtig uit en dreineer op kombuispap­ier. Pak aartappelb­lini’s op opdienbord en skep ’n groot teelepel crème fraîche op elke blini. Plaas ’n blokkie salm bo-op en garneer met ’n takkie vars vinkel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa