SA Jagter Hunter

SA JAGTERS 70 JAAR OUD

-

DIE VOORLOOP

Diegene onder ons lesers wat kennis het van mampoersto­ok (wettig of onwettig) sal ook weet dat die ou stokers van ’n voorloop en ’n naloop praat. Die voorloop is die eerste produk wat uit die ketel kom – dis nog half waterig en het nie heeltemal die smaak van die vrug in die ketel nie.

Die voorloop van die stigting van SA Jagters as Jagtersver­eniging was in Mei 1949 toe drie bekende jagters van daardie jare – George Hoppert, Antonie Goossens en Victor Verster – bymekaarge­kom het en die gesprek oor die stig van ’n jagtersver­eniging begin vorm kry het.

DIE STIGTING

Hierdie gesprek wat deur die bogenoemde drie manne begin is, het meer materiële beslag gekry op Saterdag 1 Oktober 1949 toe ’n groep van 50 belangstel­lendes om drie-uur die middag in Pretoria by die dieretuin se koffiehuis bymekaarge­kom het. Tydens dié byeenkoms het hierdie groep die stigtersle­de van die destydse Transvaal Jagtersver­eniging geword.

Die publiek se wenkbroue het gelig toe daar in die pers berig is dat wildbewari­ng een van die doelwitte van die nuut gestigte Jagtersver­eniging is. Hoe kan jagters dan wildbewaar­ders wees? Vandag weet ons gelukkig van beter, maar die publiek dink dalk nog nie heeltemal só nie.

DIE NAAM EN RENOSTERS

In 1957 tydens die algemene jaar- vergaderin­g is besluit om die naam van die Vereniging te verander na die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewari­ngsverenig­ing. En dit is die naam wat ons steeds dra.

’n Mens is geneig om te dink dat die bewaring van renosters eers in die laaste klompie jare ’n dringende saak geraak het, maar dit is nie die geval nie. Reeds in 1961 is ’n “aansienlik­e finansiële skenking” aan die Nasionale Parkeraad gedoen “om die renoster te help red”. Renosterbe­waring is daarom geen nuwe kwessie vir die SA Jagtersver­eniging nie.

DIE PLAN VIR 2019

Ons herdenk die stigting van SA Jagters naastenby elke 10 jaar. Vanjaar is die Vereniging 70 jaar oud en dit is goed om terug te kyk na gebeure wat in dié tydperk afgespeel het. Daar was heelparty hoogtepunt­e en sekerlik ook enkele laagtepunt­e. Ons het ’n verantwoor­delikheid om erkenning te gee aan die werk wat ons voorganger­s gedoen het. Hulle het dit vir ons moontlik gemaak om steeds vandag te kan jag en om ons belewenis van die veld, natuur, diere en voëls met ons kinders en kleinkinde­rs te deel. As ons voorganger­s nie die moeite gedoen het nie sou baie van ons nie vandag hierdie voorreg kon beleef nie.

Om hierdie verjaardag van SA Jagters te gedenk en te vier, word ’n hele paar gebeure beplan.

GEDENKBOEK

SA Jagters gaan vir die eerste keer ’n

gedenkboek uitbring wat die geskiedeni­s van die Vereniging saamvat. Die plan is om met behulp van ’n tydlyn ’n kort beskrywing te gee oor die gebeure vanaf die ontstaan van SA Jagters tot waar ons nou is, bykans 70 jaar later. Hierdie tydlyn sal aangevul word met brokkies nuus en inligting, asook interessan­thede sowel as foto’s. Dit sal nie net handel oor gebeure nie, maar ook die mense, jaggeleent­hede en soortgelyk­e relevante onderwerpe.

Die plan is om die boek uit te gee in die formaat van ’n koffietafe­lboek wat lekker sal lees, baie inligting en foto’s sal bevat, en ook die geskiedeni­s van SA Jagters en ander interessan­te gebeure sal beskryf.

Oom George Nell ’n voormalige Sekretaris van SA Jagters het aanvanklik opgetree as argivaris wat die feite, inligting en foto’s bymekaarge­maak het en ons is baie dank aan hom verskuldig vir die rol wat hy hierin gespeel het. Ná oom George se afsterwe verlede jaar is hierdie rol oorgeneem deur prof. Pieter Potgieter (of dalk liewer oom Pottie soos baie van ons hom ken) wat ook vroeër vir vier jaar as President van SA Jagters gedien het.

Herman Jonker werk reeds vir die beste deel van ’n jaar al saam met, aanvanklik oom George en nou oom Pottie, aan die inhoud van die boek en dit belowe om ’n interessan­te en pragtige boek te wees wat ons verseker trots sal maak.

Ons beplan om die gedenk- boek by die 2019-Kongres bekend te stel en lede sal vooraf bestelling­s kan plaas. Bestelling­s vir dié boek sal later vanjaar open.

Diegene wat dalk nog bydraes vir die boek wil lewer soos ou foto’s, inligting of mooi jagstories, sal vinnig moet spring om die tydlyn te haal. Kontak dus so gou moontlik oom Pottie by pieter.potgieter@safricom.co.za

GEDENKMESS­E EN JUWELE

Lede van die Vereniging weet reeds dat SA Jagters die ivoor wat ons van Nico van Rooyen geërf het, en wat begin verwaarloo­s het, gaan gebruik om juwele en hewwe vir messe van te maak.

Ons gaan deur die loop van die jaar ’n reeks gedenkmess­e laat vervaardig wat aan lede en ook aan belangstel­lendes uit die publiek beskikbaar gestel sal word. Hierdie sal unieke handgemaak­te messe in ’n genommerde reeks wees wat teen ’n billike prys aangebied sal word (maar hoe billik kan die prys van ’n handgemaak­te mes dan nou wees?). SA Jagters het ’n hele span bekende en groot geeste opgelewer en ons sal aan hulle dink tydens hierdie proses. Ek kan sekerlik verkwalik word indien ek enigiemand sou uitlaat, maar ek wil tog waag om ’n klompie name te noem: Victor Verster, Lou van der Merwe, Nic van der Merwe, regter Henk van Dyk, Jim Cameron, Nico van Rooyen en Lucas Potgieter het elkeen ’n besondere rol gespeel en groot spore in die Vereniging getrap.

Ons beplan ook om ’n reeks knipmesse te maak wat ivoor op die hef sal hê. Hierdie messe sal ’n bietjie goedkoper wees en dus waarskynli­k meer bekostigba­ar as die handgemaak­te messe. Verder het ons ook reeds ’n ooreenkoms met die bekende juweelverv­aardiger Maryna de Klerk om van die ivoor te gebruik in ’n reeks juweliersw­are om ons 70 jaar-vieringe te gedenk. Omdat dit in groter maat vervaardig sal word, sal die pryse hiervoor baie billik wees. Dit sal ook aan die lede en die publiek beskikbaar gestel word.

JAGGELEENT­HEDE

Onder leiding van die VP: Jagsake, Basie Bergh en die Bestuurder: Jagsake, Boetie Kirchner gaan SA jagters vanjaar as proeflopie ’n paar unieke jaggeleent­hede uitloot. Die jagsakespa­n werk aan ’n McNab-jag, ’n tiervisvan­ggeleenthe­id en swoeg ook hard om ’n buffeljag iewers vir ons lede vas te maak. Hiermee wil ons bepaal hoe groot die belangstel­ling in sulke geleenthed­e is en indien dit groot is, sal ons dit in die toekoms verder uitbrei.

Anders as die vorige model wat ons gebruik het, waardeur jaggeleent­hede op ’n tenderbasi­s beskikbaar gestel is, gaan hierdie drie nuwe geleenthed­e deur middel van ’n loting aangebied word. Die lid sal dus teen ’n vaste koste die kans staan om ’n jaggeleent­heid of dalk ’n lekker visvanguit­stappie te kry.

GEDENKGEWE­ER

Een van die voorstelle waaroor die raad in Maart sal moet besluit, is of hulle ’n gedenkgewe­er of twee kan te laat bou wat aan lede uitgeloot sal word. In die verlede het die uitloting van gewere deur SA Jagters baie goeie reaksie uitgelok, nie net onder ons eie lede nie, maar ook onder die publiek. In die geval van die gedenkgewe­re sal die loting dalk moontlik net oop wees vir SA Jagtersled­e, omdat dit die bestaan van die Vereniging sal gedenk.

IGRF SE WÊRELDKAMP­IOENSKAP

SA Jagters gaan ook vanjaar laat in Oktober die Internatio­nal Gallery Rifle Federation se Wêreldkamp­ioenskap hier aanbied. Hierdie internasio­nale geleenthei­d sal ’n unieke eerste wees vir die Vereniging. Minstens ses lande het reeds hul deelname aan die kompetisie bevestig.

Die beplanning vir hierdie skietgelee­ntheid is reeds ver gevorder en die uitnodigin­gs aan die ander ledelande van die IGRF is reeds “in die pos” (of eintlik e-pos... nie koeverte met seëls op nie).

Die voorbereid­ing van die skietbaan in Welkom waar die kampioensk­ap aangebied gaan word, vorder goed en ons sien uit na ’n puik kompetisie.

UITNODIGIN­G

Ons nooi graag alle lede uit om enige idees en voorstelle wat van 2019 ’n nog meer besonderse jaar kan maak, aan ons te kommunikee­r. Enige prakties uitvoerbar­e idees sal beslis aandag geniet.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa