SA Jagter Hunter

’N PA SE TROTS

-

’n Dogter is ’n spesiale geskenkpak­kie – sy kom toegedraai met vreugde en is gevul met liefde. En vat jy haar saam veld toe, kan die noue verbinteni­s tussen ’n pa en sy dogter nie in woorde beskryf word nie.

By Hoërskool Driehoek se sportdag ontmoet ek vir John by die worsbraaie­ry. Hy vertel dat hy graag sy dogter, Michelle wil veld toe neem sodat sy haar eerste bok kan skiet. Behalwe vir John en Lourens, weet ek ook dat my vriend en jagmaat, Jaco ook sy dogter, Cherise, wil saamvat jagveld toe. Dis tóé dat ’n pa-endogter-jagnaweek gereël word.

Die eerste jagdag het aangebreek op die plaas anderkant Naboomspru­it. Ons het heeldag lank gestap en gesoek... Ek en Ancia het later onder ’n boom gaan stelling inneem om rustig te wag vir diere om in ons rigting te beweeg. En toe Herkie met Lourens en Marli agterop die bakkie verbyry, kon ’n mens nie Marli se breë, sprankelen­de glimlag miskyk nie – sy het opgewonde vertel dat sy haar eerste bok platgetrek het. Nadat hulle vertrek het, was dit reeds sterk skemer en Ancia se hoop op ’n bok het begin verdwyn saam met die lig van die middagson.

Skielik het drie ooie kort voor sononder naby ons verbygesta­p en Ancia ’n skietkans gegee. Sy het dadelik reggeskuif en dooierus oor ’n klip geneem. Die skoot was perfek en dié pa se borskas was natuurlik hopeloos te klein...

Die naweek saam met ons dogters was ’n reusesukse­s! Daar is nie woorde om te beskryf hoeveel dit vir die verhouding tussen ’n pa en dogter beteken om só ’n naweek saam te kan deurbring nie. Dit skep ’n leeftyd se kosbare herinnerin­ge.

Ek sal ’n jagtog op Herkie se plaas vir enigiemand aanbeveel. Die kamp is mooi skoon en hy laat jou toe om soos ’n regte jagter self jou bok te soek en af te slag. Kontak hom gerus by 082-579-5337. FRANCOIS VD WESTHUIZEN

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa