Polokwane Observer

‘Saam is ons beter’ - kerke smelt saam

- Maretha Swanepoel

“Saam is ons beter.” Dít is die boodskap wat die N.G. Gemeente Pietersbur­g-Noord en Renosterpo­ort aan hulle lidmate oordra, na dié twee gemeentes onlangs tot ‘n besluit gekom het na ‘n reeks samespreki­ngs tot ‘n moontlike samesmelti­ng.

Ongeveer drie jaar gelede het die leraars en kerkrade met gesprekke begin rondom wat die toekoms inhou.

Saa Saam het hulle gepraat, geluister gelu en is daar besluit be om die twee gemeentes te laat saamsmelt.

Ds. Hannes Bezuidenho­ut, leraar by Noordgemee­nte, sê die amptelike ooreenkoms oor is op 19 Augustus Augu geteken. “Renosterpo­ort Reno het in 1961 by ons afgestig en sal op 1 Desember weer terugstig. Kerke stig af wanneer daar genoeg bronne is en daar ‘n behoefte is om af te stig. Ons het besluit om die gemeentes weer saam te stig en saam te werk.”

Hy sê beide gemeentes het ‘n geskiedeni­s wat, met foto’s ten toon gestel sal word by die kerk.

Lidmate sal ook die geleenthei­d gegun word tot ‘n soomlose oorgang.

“Talle van Renosterpo­ort se lede is reeds van dag een af daar en dus wil ons vir hulle tyd gee om te rou. Dit is ‘n moeilike, maar belangrike proses waardeer almal moet gaan.”

Daar is verder besluit dat Noordgemee­nte se geboue as basis sal dien na die samesmelti­ng.

“As die gemeente steeds vanuit twee geboue plaasvind, is daar ‘n ‘julle’ en ‘n ‘ons’. Dit is juis wat ons nié wil hê nie. Saam is ons beter.”

Die beplanning is om voortaan ‘n klassieke diens om 09:00 te hou asook ‘n familiedie­ns.

Verder bedien die gemeenskap ook die N.G. Kerk Dendron.

“Ons is opgewonde want elkeen bring ‘n nuwe energie na die gemeente toe. Ons ervaar ‘n positiwite­it onder ons lidmate.”

Renosterpo­ort vier hulle verjaarsda­g op 25 November en op 27 November word die laaste preek uit dié gebou gelewer.

Op 4 Desember word die eerste preek vir die saamgestel­de gemeente vanuit Noordgemee­nte gehou.

“Ons het ‘n gemeenskap­like fokus naamlik ons is ‘n familie van omgee, wat saam bid en bly getuig. Met hierdie missie vertrou ons die gemeente sal seën ervaar in die jare vorentoe,” het hy afgesluit.

 ?? ?? Rolspelers in die samesmelti­ng van die N.G. gemeentes Noord en Renosterpo­ort: Ds. Matie Horn (ring), ds. Deon Groenewald (Renosterpo­ort), Leon Oosthuizen (Noordgemee­nte), ds. Hannes Bezuidenho­ut (Noordgemee­nte), Human du Preez (Renosterpo­ort) en Louina Marais (Noordgemee­nte).
Rolspelers in die samesmelti­ng van die N.G. gemeentes Noord en Renosterpo­ort: Ds. Matie Horn (ring), ds. Deon Groenewald (Renosterpo­ort), Leon Oosthuizen (Noordgemee­nte), ds. Hannes Bezuidenho­ut (Noordgemee­nte), Human du Preez (Renosterpo­ort) en Louina Marais (Noordgemee­nte).

Newspapers in English

Newspapers from South Africa