Oudtshoorn Courant

Standard Bank T20-reeks sorg vir vuurwerke

- WYNDHAM EWERTS

Die Standard Bank Big Bash T20vlakkie­krieketree­ks het die afgelope Sondag in alle erns begin met sowat 10 spanne wat vanjaar ingeskryf het.

Die spanne het die verdedigen­de kampioene, Hungry Lions, Champs, Barmy Army, Firestones, Pro Stars, Tornodo's, Team Players, Oukas Sunrisers, Hunters en die Legends ingesluit. Hierdie gewilde toernooi word deur Sport Buddy Community Projects aangebied.

Hungry Lions teen Hunters

Hierdie wedstryd het om 14:00 by die oop stuk veld agter Saturnus Primêr (Die Kuil) afgeskop met Hunters wat die loot gewen het en besluit het om eerste te kolf. Mens sou niemand kwalik geneem het as hulle gedink het dat 'n oortuigend­e sege vir die Lions op die kaarte was nie, veral nie toe hulle die Hunters vir slegs 57 lopies uitgeboend­er het nie. Die Hunters het egter letterlik en figuurlik jag gemaak op die Lions en die klein teiken verbete verdedig. Die Lions is uiteindeli­k vir 53 lopies uitgehaal - vyf lopies kort van

'n oorwinning in 'n lae-telling riller. Hunters wen met vyf lopies.

Champs teen Pro Stars (17de laan)

Die Champs het in hul toegelate 20 boulbeurte 'n skaflike 95 lopies aangeteken wat beteken het dat die Pro Stars van meet af aan teen vyf lopies per boulbeurt moes kolf. Pro Stars se openingspa­ar het aanvanklik hul skip deur vurige boulwerk gestuur, maar het egter gereeld kolwers verloor wat beteken dat die Champs se teiken met slegs een paaltjie nog staande, eers met die derde-laaste bal van die beurt ingepalm is. Pro Stars wen dus met een paaltjie.

Tornado's teen Oukas Sunrisers (17de laan)

Die manne in blou, Tornado's, is vanjaar 'n perd van 'n ander kleur met verskeie aanwinste wat hom sekerlik 'n kandidaat vir die uitspeelwe­dstryde maak. Tornado's het 'n stywe teiken van 117 lopies op die telbord geplaas via 'n briljante beurt van een van sy nuwe spelers, Kurtley Coerecius, wat 67 lopies gemoker het. Coerecius se 50-tal is ook die eerste en enigste tot dusver in die eerste ronde van die reeks. Sunrisers het uiteindeli­k geknak onder die druk om tred te hou met die lopietempo en is vir 'n eerbare

75 lopies uitgehaal. Tornado's wen dus met 42 lopies.

Legends teen Team Players (Leeupark)

Legends het in sy wedstryd vir Team Players behoorlik karnuffel en 'n massiewe telling van 162 lopies aangeteken. Hul toporde het van bal een af verwoestin­g gesaai met grenshoue wat met reëlmaat gereën het. Bygesê ook, die veld waarop gespeel was is van die kleinste in die toernooi, maar steeds moet dit vermag word. Die Team Players het hul rug styf gemaak en in die eerste 10 boulbeurte gewys hul kolwers beskik self oor hope talent, maar paaltjies op kritieke oomblikke het hulle weerstand gefnuik en kon hul slegs 83 lopies in 20 boulbeurte behaal.

Legends wen dus met 79 lopies.

Barmy Army teen Firestones

Wedstryd is afgelas.

 ?? ?? In 17de Laan is geen genade gevra of gegee nie, en die kolwers moes kliphard werk vir elke lopie.
In 17de Laan is geen genade gevra of gegee nie, en die kolwers moes kliphard werk vir elke lopie.
 ?? ?? Die Legends se kolwers was aan die brand. Foto’s: Ebenezer Titus
Die Legends se kolwers was aan die brand. Foto’s: Ebenezer Titus
 ?? ?? Ruaan Fielies van Pro Stars speel ‘n dryfhou.
Ruaan Fielies van Pro Stars speel ‘n dryfhou.
 ?? ?? ‘n Speler van Champs stoom in met die bal.
‘n Speler van Champs stoom in met die bal.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa