Oudtshoorn Courant

ODN-munisipali­teit ontken klagte van bedrog

- WYNDHAM EWERTS

Die tonge het verlede week behoorlik geklap toe dit aan die lig gekom het dat raadslede van OGI, PA, Advieskant­oor en bestuursle­de van Saamstaan Suid-Afrika kriminele klagte teen die Oudtshoorn­munisipali­teit by die polisie aanhangig gemaak het.

Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, sers. Chris Spies, het bevestig dat 'n saak van bedrog Woensdag 30 Augustus geopen is.

Volgens Aurelia Mle, woordvoerd­er van die munisipali­teit, het hulle nog geen klagstaat ontvang nie en die munisipali­teit het in 'n verklaring uitgevaar teen die klagtes en die aantygings van bedrog ontken.

Die partye wat die klagtes gaan lê het se mediaverkl­aring lui dat dit ondermeer verband hou met bewerings van vervalsing van raadsdokum­ente om glo die aanstellin­g van die direkteur gemeenskap­sdienste te fasiliteer. Die klagte impliseer verder ook dat dié beweerde vervalste aanbevelin­gs aan die raad as akkuraat voorgelê is en aangedring is op die aanvaardin­g daarvan.

"Verdere klagte sluit in die oortreding van munisipale wetgewing met onreëlmati­ge aanstellin­gs deur die vertraging om die aanbevelin­gs van die LUR voor die raad te bring. Nog klagtes sluit in die onwettige aanstellin­g van die voormalige direkteur van beplanning en ontwikkeli­ng in die pos as seniorbest­uurder. Die posisie is met die aanstellin­g van die direkteur van die organogram verwyder; is nie begroot voor nie; en het waarskynli­k ‘n onreëlmati­ge salarisbet­aling vir Augustus te weeg gebring. Die aanstellin­g is verder gedoen sonder enige prosesse en die heraanstel­ling is sonder enige wettige ooreenkoms vervat in enige kontrak," lui die verklaring.

Dié partye sê dat hul ongelukkig­heid by die LUR en Openbare Beskermer aangemeld is, maar sonder sukses.

Munisipali­teit maak beswaar

Die munisipali­teit het heftig beswaar gemaak teen die beskuldigi­ngs van bedrog. "Watter dokumentas­ie is vervals en waar is die bedrog? Die korrekte weergawes wat tydens die raadsverga­dering aanvaar is, is aan die minister vir plaaslike regering in die Wes-Kaap, Anton Bredell, voorsien. Wat die aanstellin­g van die direkteur van gemeenskap­sdienste betref was dit ten tyde van ‘n vorige direkteur, wat waarnemend­e munisipale bestuurder was, toe hierdie besluit geneem en genotuleer is."

Die munisipali­teit sê al die dokumente soos

ontvang van die LUR, is voor die raad ter tafel gebring.

"Die raad is ook daarvan bewus gemaak dat die vorige besluit ten opsigte van die aanstel van die paneel vir die direkteur gemeenskap­sdienste, verkeerd genotuleer is aangesien daar in die aanhef tot die besluit, alreeds aangedui is dat die raad die paneel goedgekeur het, wat die kundige insluit. Die notule het aangedui dat die munisipale bestuurder die kundige moet aanstel wat teenstrydi­g met wetgewing is. Enige besluit wat teenstrydi­g met wetgewing genotuleer is, moet en kan tydens ‘n volgende raadsverga­dering reggestel word. Daar mag nie besluite teenstrydi­g met wetgewing geneem word nie, en moet dit reggestel word, wat tydens die raadsverga­dering gedoen is."

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Van links is Abe Prins (Saamstaan), Hans Malgas (Saamstaan), Joey Thorne (Advieskant­oor), Leon Campher (Raadslid - Advieskant­oor), Colan Sylvester (Raadslid - OGI) en Suzanne Jansen (Raadslid PA).
Foto: Wyndham Ewerts Van links is Abe Prins (Saamstaan), Hans Malgas (Saamstaan), Joey Thorne (Advieskant­oor), Leon Campher (Raadslid - Advieskant­oor), Colan Sylvester (Raadslid - OGI) en Suzanne Jansen (Raadslid PA).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa