Oudtshoorn Courant

Borgtogaan­soek teen Mooi uitgestel

- LIEZL VAN NIEKERK

Justice Mooi, een van die twee beweerde huurmoorde­naars het verlede Vrydag vir ‘n borgtogaan­soek in die Oudtshoorn­landdrosho­f verskyn.

Hy is op 12 Desember verlede jaar in Port Elizabeth op ‘n klag van moord in hegtenis geneem.

Adv. John Ryneveld is deur die nasionale vervolging­sgesag aangestel om die staat in die saak te verteenwoo­rdig. Hy het in die hof aangedui dat die staat ten sterkste borgtog teen Mooi teenstaan omdat die staat ‘n prima facie saak teen hom het.

Adjudant-offisier Martin le Roux, een van die vier ondersoekb­eamptes, het vir die staat getuig. Volgens Le Roux se getuienis het Mooi kort na sy arrestasie, ‘n bekentenis by die Thembaleth­u-polisiesta­sie in George afgelê.

“Die bekentenis is op video vasgevang en is by ‘n onafhankli­ke beampte, kolonel Julies, afgelê. Soos met die bekentenis van Sixabiso Klip is Mooi voor die aflê van die bekentenis sowel as na die tyd na die hospitaal geneem om te bewys dat daar geen beserings opgedoen is tydens die aflegging van die bekentenis nie.”

Le Roux het verder getuig dat Mooi gesê het hy het wil nie regsvertee­nwoordigin­g hê nie.

Verdere getuienis wat teen Mooi tel is selfoonrek­ords wat hom, Magdaleen Titus en Klip met mekaar verbind en hulle al drie by die weermagbas­is plaas die aand toe die moord gepleeg is. Dié rekords bewys volgens Ryneveld ook dat Titus deurentyd met Mooi gekommunik­eer het. Daar is ook video-opnames wat die verdagtes in die saak bymekaar plaas. Klip inkriminee­r ook Mooi in sy bekentenis. Mooi het geen bates of familie in Oudtshoorn nie en kan as ‘n vlugrisiko beskou word. Volgens Le Roux het Mooi ook reeds met die staatsgetu­ies ingemeng. Hy het glo Vrydag voor die hofverrigt­inge begin het, Klip gedreig en gesê hy gaan hom toor indien Klip sou skuldig pleit.

Mooi se bekentenis

Tydens Ryneveld se ondervragi­ng van Le Roux het hy dele van Mooi se bekentenis aan die hof voorgehou. Die bekentenis wat Klip afgelê het stem grootliks met die van Mooi ooreen. Mooi het egter ook in ‘n deel van sy bekentenis gesê wat die aand van die moord in die huis gebeur het.

Volgens Ryneveld het Mooi in sy bekentenis gesê dat hy en Vusumsi die aand van die moord sonder Klip in die huis ingegaan het. Titus het, soos hulle vooraf bespreek het, die kombuis se deur vir hulle oopgemaak. Titus het glo die hamer by hom geneem en Vusumsi is saam met Titus met die mes na Preston se kamer waar hy lê en slaap het. Sy het aan Mooi gesê dat sy die waaier in sy slaapkamer aangesit het om die geraas te verbloem en dat sy vir Preston en haar jongste dogter slaappille ingegee het. Le Roux het in die hof gesê dat die jongste dogter gewoontlik saam met haar ma in die kamer geslaap het en dat sy gewoontlik wakker word as haar ma kom lê, maar sy het nie dié aand wakker geword nie.

Na die moord plaasgevin­d het, het Vusumsi en Mooi na Klip wat in die voertuig gewag het, gegaan en hulle het gery.

Volgens Le Roux het die ondersoeks­pan die hamer na die persoon geneem by wie Klip dit geleen het. Die persoon het glo die hamer uitgeken, maar gesê dat een van die hamer se kloue intussen afgebreek is en dat dit heel was toe hy die hamer aan Klip geleen het.

Volgens ‘n ander deel wat uit Mooi se bekentenis voorgelees is, het hy en Vusumsi in Natasha Stuurman se huis gebly terwyl die moord beplan is en het hulle die aand van die moord met haar voertuig rondgery. In die bekentenis staan daar ook dat hul verblyf in George deur Titus gereël is.

Slotbetoë

Eugene Roos, Mooi se regshulppr­okureur, het in sy slotbetoog gesê daar is geen getuies wat die staat kan aanbied om te bewys dat sy kliënt ‘n vlugrisiko is nie. Roos het ook gesê dat die bekentenis wat sy kliënt afgelê het ook nie beteken dat hy nie borgtog kan kry nie. Roos het ook in sy slotbetoog genoem dat Mooi aan hom gesê het hy het wel sy bekentenis onder dwang afgelê.

“My kliënt het op daardie stadium gevoel hy het geen ander uitweg as om die polisie iets te gee nie. Hy was vir ure deur verskeie mense, waaronder die speurder wat deur die weermag aangestel is, ondervra. Hy was ook nie toegelaat om ‘n prokureur te kry nie. My kliënt het ook gevra dat die ondervragi­ng moet stop, maar ten spyte van sy pleidooie het hulle voortgegaa­n. My kliënt was onderdruk toe hy sy bekentenis af gelê het en die hof sal in die verhoor moet besluit of die bekentenis wel gewig dra,” het hy gesê.

Volgens hom het sy kliënt ook nie paspoort nie.

“Bloot omdat my kliënt in ‘n ander provinsie woon beteken ook nie dat hy nie vir sy verhoor sal opdaag nie. Daar is al voorheen borgtog aan persone van ander provinsies toegestaan.”

Ryneveld het in sy slotbetoog klem op die sterkte van die staat se saak gelê.

“Behalwe vir Klip se bekentenis en ook dié van die beskuldigd­e is daar selfoonrek­ords en ander video-opnames wat die beskuldigd­e met die wrede moord verbind. Hy het reeds ‘n staatsgetu­ie gedreig en hom bang gemaak. Dit opsigself is redes vir intimidasi­eklagtes.”

Ryneveld het verder gesê dat die publiek se belang by die saak ook in ag geneem moet word.

“Al die hofsake tot dusvêr, insluitend­e die een van die beskuldigd­e wat vandag voor die hof staan, is deur groot groepe belangstel­lendes bygewoon. Die mense het petisies geteken en plakkaatop­togte voor die hof gehou om te vra dat die hof nie borgtog aan die beskuldigd­es moet toestaan nie.”

Volgens hom staan daar ook in die memorandum, wat aan die hooflanddr­os oorhandig is, dat die lede van die gemeenskap onveilig voel in hul eie wonings na die moord op die weermagbas­is plaasgevin­d het.

Landdros Roelf Konstabel het die saak na Maandag uitgestel vir die uitspraak van die borgtogaan­soek.

 ??  ?? Senior staatsaank­laer, advokaat John Ryneveld, wat die staat in die Preston Titus-huurmoords­aak verteenwoo­rdig.
Senior staatsaank­laer, advokaat John Ryneveld, wat die staat in die Preston Titus-huurmoords­aak verteenwoo­rdig.
 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Ao. Martin le Roux wat vir die staat in Justice Mooi se borgtogaan­soek getuig het.
Foto: Liezl van Niekerk Ao. Martin le Roux wat vir die staat in Justice Mooi se borgtogaan­soek getuig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa