Mossel Bay Advertiser

Tuinroete verloor 2 reuse in botsing

- Louise Karsten

Twee families is in rou gedompel nadat 'n hulpafrigt­er van die Barbarians Rugbyklub, Lesley London (39) en 'n pa van vyf, Samuel (Seun) Smit (39) op Donderdag, 30 November in 'n kop-teenkop botsing op die N2 naby Mosselbaai dood is. Die oorsaak van die ongeluk, wat om ongeveer 08:20 gebeur het, is nog nie bekend nie.

Die KwaNonqaba­polisiesta­sie ondersoek

‘n saak van strafbare manslag.

Lesley London

London was ongetroud en het nie kinders gehad nie en sou oor ‘n paar maande sy 40ste verjaarsda­g vier. Hy het 'n kontrak gehad om brood aan skole in die omgewing af te lewer en was juis na 'n skool onderweg toe die ongeluk plaasgevin­d het. Hy was ‘n bekende gesig in sportkring­e op Mosselbaai en ook met afrigting by Uniondale Rugbyklub se A- en B-spanne betrokke. London het gematrikul­eer by Hillcrest Sekondêre Skool en het ‘n groot invloed op die omgewing se kinders gehad toe hy onder meer straatkrie­ket begin het.

Hy was ook by Hoërskool Sao Bras se sport betrokke.

London se roudiens vind môre plaas, op Saterdag, 9 Desember, om 10:00 by 'n woning by Morkelstra­at 4 in Uitbreidin­g 23 en om 11:00 by die Nativity kerk.

Seun Smit

Smit het op Albertinia gewoon en het vir 'n heiningkon­trakteur op Mosselbaai gewerk. Hy was ten tye van die botsing in sy werkgewer se Ford Ranger.

Smit se vrou, Ria het aan die Advertiser gesê hy laat vyf kinders agter. “Hy was ‘n man wat werk toe gegaan het en weer huistoe gekom het.”

Seun se kinders is 11, 9, 7 en 5 jaar oud. "Hy was 'n baie goeie pa vir ons kinders," sê Ria.

Smit se roudiens vind plaas op Woensdag, 13 Desember, vanuit die AGS Therunsvil­le op Albertinia.

 ?? Foto’s: Jannie ?? Die twee voertuie wat in die botsing betrokke was. Links is die Hilux bakkie wat Lesley London bestuur het en regs is die Ford Ranger wat Seun Smit bestuur het. REGS: Familie van een van die oorledenes vertroos mekaar by die ongeluksto­neel.
Foto’s: Jannie Die twee voertuie wat in die botsing betrokke was. Links is die Hilux bakkie wat Lesley London bestuur het en regs is die Ford Ranger wat Seun Smit bestuur het. REGS: Familie van een van die oorledenes vertroos mekaar by die ongeluksto­neel.
 ?? ?? Lesley London
Lesley London
 ?? ?? Samuel (Seun) Smit
Samuel (Seun) Smit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa