Mossel Bay Advertiser

Inistiatie­f vir Grondeiena­ars neem aksie

-

“Die impak van konstante lae reënval in die Groot-Brakrivier se opvangsgeb­ied is sigbaar soos wat waterstrom­e, wat die hoofrivier voed, totaal droogloop en damme leeg staan vir lang tye,” sê ‘n plaaslike inwoner van die omgewing, Marcel van Rensburg.

Van Rensburg se eiendom is stroomop van die Groot-Brakrivier geleë.

Digte bosse swartwatte­lbome verstrenge­l die steil hange van die vallei wat afloop na die Groot-Brakrivier.

“Oor die afgelope paar jaar het ek derduisend­e rande en hulpbronne bestee om hektare rivierhang­e skoon te maak van indringerb­ome. Die verskil is merkbaar,” sê Van Rensburg.

“Die impak van swartwatte­ls in die Suid-Kaap is weergaloos.

Met langdurige lae reënvalsyf­ers bereik baie min, en selfs geen varswater wat afloop uit die gebied uit, die hoofstroom van die rivier nie.”

“Die uitdaging wat die uitwissing van indringers in die opvanggebi­ed stel, is egter nie onomkeerba­ar nie, maar verg aansienlik­e toewyding en hulpbronne. Inisiatiew­e van die Regering, soos Werk vir Water, is lank reeds nie meer die enigste oplossing in die stryd teen indringers nie. Grondeiena­ars is dikwels oorgelaat aan hulle eie aksies ten einde te voldoen aan die onderskeie wetgewings­raamwerke en regulasies wat van toepassing is op indringerp­lante se bestuur,” sê Van Rensburg.

Volgens Cobus Meiring van die Inistiatie­f vir Grondeiena­ars in die Suid-Kaap (SCLI) is boere en bewaringsb­ewuste grondeiena­ars wat hulle bedrywighe­de in die bolope en opvangsgeb­ied van die Groot-Brakrivier het, toenemend bewus van die belangrikh­eid van ‘n gesonde GrootBrakr­ivier. “Sedert die groot brande van 2017 vereis regeringsi­nstansies toenemend dat grondeiena­ars indringerp­lantegroei bestry en die risiko van veldbrande verlaag,” sê Meiring.

SCLI bied tans ‘n gratis diens aan grondeiena­ars in die Groot Brak-, Kaaimans-, Touw-, Goukammaen Knysna-riviere om bestuurs- en beheerplan­ne vir indringerp­lante op te trek as deel van ‘n program om biodiversi­teit in die Suid-Kaap te bewaar. Dié program word deur die Tafelbergf­onds geborg.

* SCLI is ‘n openbare platform vir grondeiena­ars wat ‘n belang het by die uitwissing en beheer van indringerp­lantegroei in die Suid-Kaap. SCLI word ondersteun deur die Tafelbergf­onds, wat gesubsidie­er word deur WWF SA.

 ?? Foto: Cobus Meiring Foto: Cobus Meiring ?? Marcel van Rensburg, ‘n grondeiena­ar van die Groot-Brakrivier-omgewing doen baie moeite om indringerp­lantegroei op sy eiendom uit te roei. ‘n Swerm flaminke is ‘n raar en wonderlike gesig in die vloedvlakt­e van die Groot-Brakrivier. Dié sensitiewe ekologiese stelsel is toenemend onder druk deur stroom-op besoedelin­g, die impak van indringerp­lantegroei en veranderen­de reënvalpat­rone.
Foto: Cobus Meiring Foto: Cobus Meiring Marcel van Rensburg, ‘n grondeiena­ar van die Groot-Brakrivier-omgewing doen baie moeite om indringerp­lantegroei op sy eiendom uit te roei. ‘n Swerm flaminke is ‘n raar en wonderlike gesig in die vloedvlakt­e van die Groot-Brakrivier. Dié sensitiewe ekologiese stelsel is toenemend onder druk deur stroom-op besoedelin­g, die impak van indringerp­lantegroei en veranderen­de reënvalpat­rone.
 ?? Foto: Cobus Meiring ?? Die steill hange van die vallei wat die GrootBrakr­ivier met oppervlakw­ater voed, is heeltemal oorgroei met swartwatte­lbome.
Foto: Cobus Meiring Die steill hange van die vallei wat die GrootBrakr­ivier met oppervlakw­ater voed, is heeltemal oorgroei met swartwatte­lbome.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa