Mossel Bay Advertiser

Build it ‘n jaar oud en bied steeds meer

-

Build it Mosselbaai verkoop boumateria­al en hardeware, maar by húlle winkel in Mosselstra­at, D’Almeida, is daar nog veel méér waarde te vinde. Dít blyk duidelik uit kliënteter­ugvoering sedert hulle ‘n jaar gelede hul deure geopen het.

Boonop het hulle op die koop toe ‘n koffiehoek­ie met die allermoois­te uitsig oor die baai en die Outeniquab­erge, waar jy die allerbeste Italiaanse koffie kan geniet.

Navorsing het getoon dat die groot trekpleist­er om winkels te besoek eerder as om aanlyn te koop, die kliënte-ervaring is. Kliënte wil die atmosfeer in ‘n winkel geniet, die advies wat hulle ontvang kan vertrou en voel dat hulle kwaliteit diens en produkte ontvang teen ‘n billike prys.

Volgens Pieter Coetzer, mede-eienaar van Build it, staan kultuur sentraal tot hulle besigheid se sukses. Die span het self die waardes formuleer en daarom, kom dit uit die hart.

“Ons kultuur is ononderhan­delbaar.” Dit behels dat kliëntedie­ns heel eerste kom, omdat die personeel hulself tot vriendelik­heid verbind het. Navrae word dadelik hanteer en moontlike klagtes ook, omdat integritei­t ‘n kernwaarde is. “Ons span deel ‘n familiegev­oel. Hier is een nie belangrike­r as die ander nie, want omgee en wedersydse respek is deel van ons waardes.”

Build it beywer hulself ook deurtentyd om veligheids­maatreëls na te kom en om in hulle werk, nie skade aan die omgewing aan te rig nie.

In die afgelope jaar het Build it aktief teruggeplo­eg in die gemeenskap en verskeie projekte, onder andere in samewerkin­g met die Da Gamaskop-polisie, in wie se bedienings­area hulle geleë is, gedoen.

Pieter sê die hoogtepunt­e van die afgelope jaar was die hoeveelhei­d positiewe terugvoeri­ng wat daagliks vanaf kliënte ontvang word. ‘n Laagtepunt, wat hom steeds emosioneel maak, is die skielike afsterwe van een van hulle geliefde spanlede vroeër vanjaar.

Build it se produkte en dienste sluit in alle boumateria­al, hardeware, verf en tinte, asook die sny van sleutels. Dakke word in samewerkin­g met Mossel Bay Roofing gedoen. Build it verskaf ook gas. Nog ‘n treffer by Build it, is kursusse in onder meer chalk verftegnie­ke wat deur hulle aangebied word. Op enorme aanvraag, word die volgende kursus einde November aangebied.

Verjaarsda­gviering

Met hulle verjaarsda­gviering op 25 Oktober, kan die gemeenskap uitsien na ‘n fees van prystrekki­ngs en aanloklike afslagprys­e op produkte. Nog beter nuus is dat spesiale aanbieding­e tot 3 November sal duur, solank voorraad beskikbaar is. Vyftien verskaffer­s stal ook uit op dié dag. Om by te dra tot die feestelike atmosfeer, saai SFm regstreeks vanaf Build it uit op 25 Oktober. Die Boksombend­e-groep, waarvan die Mosselbaai-tak in Mosselstra­at 23 deel is, het tans 10 takke landwyd. “Ons het groot doelwitte en gaan voluit daarvoor,” vertel Pieter aangesien verdere uitbreidin­g in die Suid-Kaap reeds in die vooruitsig is.

Built it is sewe dae per week oop vanaf 07:00 – 17:00 Maandag tot Vrydag, 08:00 – 13:00 Saterdag en Sondag. Besoek hulle gerus ook by https://www.facebook.com/ builditmos­selbaai/ om meer uit te vind of skakel 044 010 0096.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa