Mossel Bay Advertiser

Koop drank op Sondae

- Nickey le Roux

Die Mosselbaai munisipale raad sal tydens hul maandeliks­e raadsverga­dering vandag besluit of die handelsure vir alkoholies­e drank gewysig moet word. Dit volg na talle klagtes van beide inwoners en toeriste veral oor die Desemberva­kansie dat Mosselbaai se handelsure nie tred hou met die nasionale tendens nie.

Sondae

Voorstelle dien voor die raad dat die handelsure uitgebrei moet word om onder meer drankhande­l binne spesifieke ure op 'n Sondag toe te laat. Voorts sal die nuwe verordenin­g wat in die vooruitsig gestel word, ook voorsienin­g maak dat groter bevoegdhed­e aan munisipale wetstoepas­sers gegee sal word om teen onwettige drankhande­l op te tree.

'n Verdere voorstel is dat die voorgenome verordenin­g onder meer die magte van wetstoepas­sers sal uitbrei om ook op te tree teen enige geraasstoo­rnisse. Geraasoort­redings sal ook in die voorgenome nuwe verordenin­g vervat word.

Die voorstelle volg juis om die plaaslike ekonomie te stimuleer en die wettige drankhande­laars teen die onwettige handel in alkohol te beskerm deur handel op Sondae toe te laat, binne spesifieke, vasgesteld­e ure. Dit sal ook meebring dat handelaars se besighede beter gepolisiëe­r kan word.

Verlengde ure

Besighede sal by die plaaslike drankhande­lkomitee kan aansoek doen vir verlengde standaardu­re en vergunning­s sal, binne die gestelde raamwerk, vir tot 'n jaar geldig wees.

Indien die munisipale raad op Donderdag, 29 Maart die voorstel goedkeur vir 'n nuwe verordenin­g vir die handel in alkoholies­e drank, is die munisipali­teit voornemens om 'n intensiewe openbare deelname-projek van stapel te stuur sodat die gemeenskap se mening daaroor behoorlik gepeil kan word. Daarna sal die voorgestel­de nuwe verordenin­g met inaggenome die insette van die openbare deelname-proses weer voor die raad vir 'n finale besluit dien.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa