Mossel Bay Advertiser

’n Proe-ervaring soos min

- Elza Thiart-Botes

Twee interessan­te proe-geleenthed­e word gedurende die April-skoolvakan­sie op Stilbaai aangebied met die Stilbaai Craft Beer, Gin and Wine Expo wat op 4 en 5 April in die gemeenskap­saal plaasvind.

Dit is reeds die derde agtereenvo­lgende jaar dat dié geleenthei­d gedurende dié vakansie aangebied word en het die afgelope twee jaar in gewildheid toegeneem.

Volgens die organiseer­ders word nie minder nie as 23 top wynplase van die Riversdal- en Herbertsda­le-omgewings en tot sover as die Karoo, Robertson-wynvallei, Stellenbos­ch en die Kaap, asook die Hermanus- en Agulhas-omgewings verwag met heelparty wynmakers en eienaars wat self hul wyne gaan verteenwoo­rdig.

Ses mikro-bierbrouer­ye van sover as Darling, Worcester en Mosselbaai sal hul verskillen­de boetiekbie­re vir proe beskikbaar hê.

Gin of jenewer wat in kleiner hoeveelhed­e vervaardig word, het die afgelope paar jaar in gewildheid toegeneem. Stilbaai se wêreldbeke­nde jenewerdis­tilleerder­y gaan vanjaar vir die eerste keer óók by die expo wees met nóg ’n paar eiesoortig­e distilleer­ders wat hul produkte aan die publiek bekend en beskikbaar gaan stel.

Plaaslike kaas- en olyfproduk­te sal ook beskikbaar wees, asook heerlike kos.

Die toegangsfo­oi is R70 per persoon, wat ’n unieke proeglas insluit en kaartjies is by die deure beskikbaar.

Al die wyn, bier- en jenewerpro­dukte sal te koop aangebied word. Die deure maak beide dae om 16:00 oop tot 21:00. Kaartfasil­iteite sal beskikbaar wees.

Die Stilbaai Craft Beer, Gin and Wine Expo word aangebied deur Stilbaai Kelders.

 ?? Foto: Elza Thiart-Botes, korrespond­ent ?? Die ekspo neem jaarliks in gewildheid toe.
Foto: Elza Thiart-Botes, korrespond­ent Die ekspo neem jaarliks in gewildheid toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa