Mossel Bay Advertiser

Joe Lemos verstewig sy voorsprong

-

Die duiwe van die Diaz All Flightklub het die afgelope naweek deelgeneem aan twee wedvlugte vanaf Boshof (692km). Dit was die duiwe van Joe Lemos wat nou seker gemaak het van 'n baie goeie voorsprong op die klub sowel as die Tuinroete Posduiffed­erasie se punteleer. Lemos se duiwe het weer vir hom beide wedvlugte in die klub gewen. Op die Tuinroete Posduiffed­erasie se kampioensk­ap punteleer beklee Joe Lemos tans 'n baie goeie voorsprong met 3 038 punte gevolg deur Larry van Vuuren in die tweede plek met 2 741 punte. In die klub se dorpseksie behaal Alfie Ladson die eerste, tweede en vierde plekke in die ope een afdeling. Smalberger­hokke behaal die eerste vyf plekke in die dorpseksie se ope twee afdeling. Volledige uitslae is soos volg:

Ope een afdeling klub: Joe Lemos (1, 5, 6, 15, 17, 21); Larry van Vuuren (2, 8, 26, 27); Alfie Ladson (3, 9, 13, 20); George Bezuidenho­ut (4); Kalahari Boesman (7, 14, 22, 25); Rhyn van Rooyen (10, 11, 23, 28, 29, 30); Chris Nel (12); Smalberger-hokke (16, 18, 19, 24).

Ope twee afdeling klub: Joe Lemos (1, 2, 4, 5, 6, 21, 30); Kalahari Boesman (3, 7, 8, 17, 19, 20, 25); Smalberger-hokke (9, 11, 12, 22, 23, 28, 29); Rhyn van Rooyen (10, 13, 14); Larry van Vuuren (15, 16, 18, 26); George Bezuidenho­ut (24); Chris Nel (27).

Ope een afdeling dorpseksie: Alfie Ladson (1, 2, 4, 8); Chris Nel (3); Smalberger-hokke (5, 6, 7, 9).

Ope twee afdeling dorpseksie: Smalberger­hokke (1, 2, 3, 4, 5, 7, 8, 9); Chris Nel (6, 10).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa