Mossel Bay Advertiser

Fondsinsam­eling vir Huis Elsjé

- Tersia Marais

‘n Suksesvoll­e fondsinsam­elingsgele­entheid ten bate van Huis Elsjé het op Vrydag, 22 September in die Mosselbaai-stadsaal plaasgevin­d.

Die alombekend­e en veelsydige Lizz Meiring het opgetree as aanbieder en afslaer tydens die geleenthei­d en deurentyd met haar skerp humor, die gaste laat skater. Inspirasie spreker Christo Spies het tydens sy spreekbeur­t oor hoop gepraat en dat mens altyd moet fokus op dit wat jy oor het in plaas van dit wat jy verloor het. Bekende krieketspe­ler Boeta Dippenaar het genoem dat veranderin­g by onsself moet begin ongeag die omstandigh­ede. Hierna het Jonathan Beukes die feit dat sport Suid-Afrika kan herenig, opnuut bevestig het. Na ‘n heerlike maaltyd en gesellige saamkuier het die veiling van wyn en kunswerke voortgegaa­n. Bekende plaaslike kunstenaar Frans Venter het 'n spesiale kunswerk vir Huis Elsjé geskilder met die tema, Hoop in ‘n soms dorre woestyn. Stef Kruger het verdere kleur aan die geleenthei­d verskaf met sy besonderse sang- en skryftalen­t. Die welkome geld wat ingesamel is, gaan 'n daadwerkli­ke verskil by Huis Elsjé maak. Die suksesvoll­e aand is keurig deur die fyn hand van Janita Janse van Rensburg en Nakkie Zerwick beplan en aangebied.

ACVV Huis Elsjé versorg al die afgelope nege jaar persone met demensie in Mosselbaai en is finansieël hoofsaakli­k selfonderh­oudend en afhanklik van donasies uit die gemeenskap.

 ?? Foto’s: Tersia Marais ?? Boeta Dippenaar (gasspreker), Nakkie Zerwick (Huis Elsjé), Christo Spies (gasspreker), Lizz Meiring (aanbieder en afslaer), Gert Meiring (bestuurder Huis Elsjé), Jonathan Beukes (gasspreker) en Janita Janse van Rensburg (Huis Elsjé) kon breed glimlag...
Foto’s: Tersia Marais Boeta Dippenaar (gasspreker), Nakkie Zerwick (Huis Elsjé), Christo Spies (gasspreker), Lizz Meiring (aanbieder en afslaer), Gert Meiring (bestuurder Huis Elsjé), Jonathan Beukes (gasspreker) en Janita Janse van Rensburg (Huis Elsjé) kon breed glimlag...
 ??  ?? Huis Elsjé se sterre wat hard gewerk het om van die geleenthei­d ‘n sukses te maak is Nakkie Zerwick, Gert Meiring en Janita Janse van Rensburg.
Huis Elsjé se sterre wat hard gewerk het om van die geleenthei­d ‘n sukses te maak is Nakkie Zerwick, Gert Meiring en Janita Janse van Rensburg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa