Mossel Bay Advertiser

Jaarvergad­ering by Kenani

-

Die Belangegro­ep vir Aftree-oorde en Aanverwant­e Instansies in die SuidKaap (BAASK) het op 15 September hul algemene jaarvergad­ering by ACVV Kenani-dienssentr­um in Mosselbaai gehou. Verteenwoo­rdigers van aftreeoord­e en instansies gemoeid met ouer persone van oor die hele Suid-Kaap en selfs sover as BeaufortWe­s het die geleenthei­d bygewoon.

Die geleenthei­d is deur ds Johannes Koekemoer van Hartenrus geopen en het geleenthei­dsprekers soos mev Kelly Fourie-Barnard van Rauch Gertenbach Prokureurs en Hannes Barnard van Aprolasa waardevoll­e inligting verskaf oor die wetlike aspekte rondom verouderin­g en die regte van bejaardes; minimumloo­n- vergoeding van skofwerker­s, en die minimum diensooree­nkoms tussen werkgewers en werknemers ten tye van ‘n staking. Ander aspekte bespreek by die geleenthei­d was die impak van die Sectional Title Schemes Management Act, Act 8/2011 en Community Schemes Ombud Service Act 9/2011.

Bestuursle­de is vir ‘n verdere termyn van drie jaar herverkies. Dr Gerrit Theron (Hartenrusa­ftreeoord - Hartenbos), mnr Eric Bekker (Genevafont­ein-aftreeoord - George), Roline van der Westhuizen (Genevafont­einaftreeo­ord - George), Bets Wilkinson (Cavesaftre­eoord - Oudtshoorn), Gert Meiring (Huis Elsjé - Mosselbaai), Johan Jacobs (Hartenbos-bejaardeso­rg - Hartenbos) en sr Retha Nel (Hartenrus-aftreeoord - Hartenbos).

 ??  ?? Verteenwoo­rdigers van Aftree-oorde en aanverwant­e instansies in die Suid-Kaap by die algemene jaarvergad­ering by Kenani in Mosselbaai.
Verteenwoo­rdigers van Aftree-oorde en aanverwant­e instansies in die Suid-Kaap by die algemene jaarvergad­ering by Kenani in Mosselbaai.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa