Boers ó met wetenskap
Tegnologiese ontwikkelinge in die landbou bespaar produsente tyd en geld. Dit skep ook volhoubare praktyke en beteken die verskil tussen wen en verloor.
FMC in Suider-Afrika is oortuig dat bewese tegnologie in die landbou die potensiaal van die subkontinent kan ontsluit. Met buitengewoon sterk vermoëns in navorsing en ontwikkeling is dié maatskappy daartoe verbind om vernuwende oplossings vir voedselsekerheid te vind sonder dat die natuur en die omgewing daarvoor moet inboet.
As een van die wêreld se voorste landbouchemiese maatskappye onderneem FMC die ontwikkeling van sintetiese en biologiese produkte wat beter werk op die plaas en beter is vir die planeet. Die maatskappy het ’n passie vir tegnologie, is suiwer gerig op die landbou en neem leiding in die landbouwetenskap.
Met ’n toegewyde bestuurspan in Suid-Afrika pak FMC die besigheid met aansteeklike geesdrif aan. Almal in die span is Suid-Afrikaners met ’n voortreflike landbou-agtergrond.
Die span gebied s bestuurders verstaan die plaaslike landbou en gewasbeskerming volkome, en is kundiges as dit kom by die produkreeks. Dié bestuurders het elkeen hul eie streek wat as ’ n sake- eenheid bestuur word.
BEVORDER GROEI
Die moedermaatskappy, gesetel in Amerika, is een van die vyf grootste landbouchemiese maatskappye ter wêreld. Met ’n trotse erfenis van langer as 130 jaar is FM C’ n suiwer landbou wetenskaplike maatskappy met talle prestasies. Sy doel is om die groei van die landbou deur die volhoubare beskerming van gewasse te bevorder.
FMC maak groot beleggings in navorsing en ontwikkeling om nuwe tegnologie in chemiese en biologiese gewasbeskerming te vind en te ontwikkel.
FMC is ’n innoveerder op die gebied van gevorderde chemie, en spog met vooraanstaande, wêreldbekende aktiewe bestanddele en produkte.
Die produkte word versprei en ondersteun deur uitgesoekte plaaslike chemiese handelaars landwyd. Suid-Afrikaanse produsente het die voordeel van ’n professionele, georganiseer de handelaars netwerk tot hul beskikking, wat voldoen aan die hoogste standaarde ten opsigte van integriteit en produkkennis.
FMC is plaaslik en wêreldwyd oorgehaal om ten volle by te dra tot die volhoubare- ontwikkelings mikpunte vir 2030. Volgens mnr. Bright Breytenbach, kommersiële hoof vir Oos- en Suider- Afrika, is die maatskappy daartoe verbind om volhoubare, vernuwende oplossings te ontwikkel wat produsente kan help om hulle teen vernietigende insekte, indringeronkruid en die bedreiging van siektes te beskerm.
“Die wispelturige klimaat en die covid-19-pandemie het die belangrikheid van voedselsekerheid aansienlik verskerp.
Ons span graag al ons kragte in om produsente te ondersteun. Volhoubaarheid sal altyd voorop gestel word in kommersiële besluite en beleggingstrategie ë.
“Ons voorrangsake is om ons belegging in Suider-Afrika te vergroot, ons belegging in ons eie mense voortdurend te verbeter, ons handelaarsnetwerk te koesterend a n, die belangrikste, nuwe en doeltreffende tegnologie aan ons produsente beskikbaar te stel.”
WERK NOU SAAM
Nog ’n uitstaande kenmerk van FMC is sy noue samewerking met boere en kundige vennote om oplossings te identifiseer, te ontwikkel en te lewer wat in die unieke behoeftes van spesifieke streke voorsien.
“Die toepassing van tersaaklike wetenskap is ongetwyfeld die toekoms van die landbou. Dit kan produsente se dagtake vergemaklik, hul wins vergroot en die volhoubaarheid van hul boerderye verbeter.
“Tegnologie verander byna daagliks, daarom is dit goed om op die hoogte van al die nuutste ontwikkelinge te bly. Om vandag suksesvol te boer, moet die produsent kragte saamsnoer met vennote wat ’n passie het vir voordelige tegnologie op die plaas.”
Volhoubaarheid sal altyd voorop gestel word.