Landbouweekblad

‘WERK SAAM TEEN BEK-EN-KLOUSEER’

- AFKORTINGS: — CHARL VAN ROOYEN

SAMEWERKIN­G in die hele veebedryf is noodsaakli­k indien Suid-Afrika dieresiekt­es doeltreffe­nd wil bekamp, sê dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa), in sy Maart-verslag oor veesiektes wat in dié maand by hom aangemeld is.

Hy verwys na die jongste uitbreking­s van bek-en-klouseer in Noordwes, die Vrystaat, Limpopo, KwaZulu-Natal en Gauteng.

Met die opstel van Malan se verslag was daar volgens me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, reeds 56 uitbreking­s.

Malan sê siektebeka­mping begin op die boer se plaas en sluit sy bure, streek en provinsie in waar almal die regte stappe moet doen om te keer dat siektes versprei. Die identifise­ring van elke dier in Suid-Afrika deur ’n nasionale diere-identifise­ringstelse­l (Lits SA) is in wording.

Almal moet let op vereistes wanneer diere buite die plaasgrens vervoer word. Indien ’n dier op ’n veiling gekoop word, moet die koper op ’n verklaring aandring dat die dier nie siek is nie.

Met sy aankoms op die plaas moet die dier 28 dae lank in kwarantyn gehou word. Volg ’n kuddebestu­ursprogram nougeset en werk dit gereeld in oorleg met ’n veearts by.

Malan sê al die nuutste uitbreking­s van bek-en-klouseer is vanweë die onwettige verwyderin­g van vee uit die beheerde gebiede in Limpopo.

Mnr. James Faber, voorsitter van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e, sê internasio­nale handelsven­note en verbruiker­s dring toenemend op ’n naspeurbaa­rheidstels­el in die veebedryf aan.

Die departemen­t van landbou het reeds goeie vordering saam met die veebedryf gemaak om die Lits-stelsel te begin. ’n Toetsfase word nou in die endemiese bek-en-klouseer-gebiede uitgevoer. Dit sal egter nog lank duur voordat dit in werking tree. Intussen behoort die bedryf met ’n praktiese, vrywillige stelsel te begin.

MP = Mpumalanga; G = Gauteng;

L = Limpopo; NW = Noordwes;

VS = Vrystaat; KZN = KwaZulu-Natal; OK = Oos-Kaap; WK = Wes-Kaap; NK = Noord-Kaap

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa