Landbouweekblad

‘Maak die ketting korter en raak relevant’

- NAVRAE: BKB, 041 503 3111.

Enkele weke voor die inperking weens die covid-19pandemie het mnr. Johan Stumpf oorgeneem as groepsbest­urende direkteur van BKB. Die afgelope twee en ’n bietjie jaar het hy ‘die skroewe ingedraai en die spykers vasgekap’, soos een van sy kollegas sê. Maar nou is die tyd ryp om weer klem te lê op groei, glo Stumpf.

D•modehuise it is ’n week ná sy besoek aan Duitsland en Parys, Frankryk, waar mnr. Johan Stumpf met die wêreld se sjiekste vergader het oor verantwoor­delik geprodusee­rde wol uit Suid-Afrika.

Hy sit rustig op sy selfoon en gesels, sy eenbeen oor die ander gekruis. Aan sy voete pryk volstruisl­eer skoene–waarskynli­k ’n oorblyfsel uit sy dae aan die stuur van die volstruisb­edryf.

Stumpf is tans groeps- besturende direkteur van BKB, ’n rol waarvoor hy uitgeknip is danksy die tydperke toe hy die Sondags rivier sitrus maatskappy­e n Klein Karoo Groep gelei het.

As iemand wat in Pretoria grootgewor­d het (dié oud-Affie het al drie sy grade aan Tukkies verwerf), het die landbou “eintlik half per ongeluk” vir Stumpf gebeur.

“Ek is in Engeland gebore, waar my pa (dr. Waldo Stumpf, destydse hoof van die Atoomenerg­ie korporasie) sy doktorsgra­ad verwerf het. Ons was omtrent twee jaar daar en het nog twee jaar in Duitsland gewoon, waar ek in die kleutersko­ol was. Ek kon Duits praat in ’n stadium, maar ek het dit verloor.”

Ná sy opleiding as bedryfsing­enieur en tyd in die weermag het Stumpf gou besef hy is nie “’n regte ingenieur” nie, maar dat finansiële bestuur eintlik sy belangstel­ling prikkel. Hy het by Louis Heyl Associates en SA Brouerye gewerk voor hy op 30 aangestel is in sy eerste pos as besturende direkteur by een van die maatskappy­e wat tans Unitrans uitmaak. Daarna is hy ens y vrou, Madeleine, Addo toe, waar hy die Sondags rivier sitrus maatskappy gaan bestuur het.

“Tot in daardie stadium het ek nog nie lekker geweet wat ek wil doen nie, maar toe ek daar begin, was ek soos ’n vis in die water. Die landbou is ’n lekker omgewing en mense onderskat die kompleksit­eit daarvan. Ek

nadat die bedryf weer toegelaat is om vleis uit te voer ná die eerste voëlgriep Suid-Afrika getref het, het hy dus die leisels by die Klein-Karoo Groep oorgeneem.

“Ek het daar dieselfde probeer regkry as by die Sondag rivier sitrus maatskappy, en dit was om die ketting na die mark korter te maak. Dit was ’n moeilike ommekeer, maar die maatskappy is sterk, selfs vandag nog, en dit het ’n sterk balansstaa­t, wat belangrik is vir gespesiali­seerde landboubes­ighede.”

NÁ HERBALANSE­RING TYD VIR NUWE FASE

Ná hy weer ’n draai in Johannesbu­rg se betonoerwo­ud gaan maak het om Mpact se grootste afdeling (papierverp­akking) te bestuur, het BKB hom uit die bloute gebel.

“Dit was die eerste keer dat niemand my moes oortuig om na ’n pos te kyk nie,” sê hy laggend.

Die afgelope twee jaar het Stumpf daarop gekonsentr­eer om bates wat nie presteer nie, om te draai en die portefeulj­e van besighede te h e r balanseer. Dit behels verskeie inisiatiew­e, soos bestuur s veranderin­ge, herstruktu­rering en die verkoop van besighede, asook die aankoop van strategies­e besighede om die huidige maatskappy te versterk, en die herstruktu­rering van bankgeriew­e.

Die maatskappy se graanbelan­ge (in opberging) smelt binnekort saam met VKB. BKB se balansstaa­t is tot ’n groot mate weer herstel ná ’n knou weens uitgerekte konflik met ’n aandeelhou­er, bek-en-klouseer wat die vesel- én lewendehaw­e-afdeling nadelig geraak het, en die impak van covid-19.

Nou het die tyd aangebreek vir ’n nuwe fase by BKB.

“Die volgende stap is om te kyk waar ons weer op groei kan konsentree­r, want as ’n besigheid nie groei nie, gaan hy agteruit.”

Stu m p fis veral opgewonde oor geleenthed­e wat Pakhouse Brand s se Atlanta-handelsmer­k bied. Dié suiker handelsmer­k, wat gewild is in die tweedevlak-handel, is “’n juweel van ’n besigheid”.

Die afgelope ruk is 22 nuwe kosprodukt­e onder die Atlanta-vaandel ontwikkel, wat baanbreker produkte soos kits soja en lae G I-suiker insluit.

Het die groeiplann­e iets daarmee te doen dat die klok op die Kaapstadse aandelebeu­rs op 10 Maart ’n nuwe era vir die maatskappy ingelui het, naamlik dié van genoteerde maatskappy?

“Ja, jy is nou meer in die openbare oog, maar ek dink ons klem bly steeds op die opbrengs van die geld wat ons gebruik om ’n wins te genereer. Dit bring alles in balans.”

BKB word egter al jare lank bedryf asof dit genoteer is en sy dividendre­kord spreek boekdele. Dit is immers een van die min landboubes­ighede wat die afgelope 25 jaar élke jaar ’n dividend uitbetaal het.

RAAK BETROKKE BY KLEINHANDE­LAAR

Stumpf is ’n groot voorstande­r daarvan om landboupro­dukte nader aan die eindverbru­iker te bring.

“Ons is reeds besig om, waar moontlik, dieselfde te doen as gedurende my tyd by Sondagsriv­ier en Klein-Karoo; ons probeer die ketting korter maak. Dit is maar wat ons in die landbou moet probeer doen. As jy nader aan die eindverbru­iker kom, raak jy meer relevant, maar jy verstaan ook sy of haar behoeftes beter.” was self verbaas oor hoe gesofistik­eerd dit is,” vertel Stumpf, wat nie terugdeins voor kompleksit­eit nie.

“’n Groot fabriek wat grondstoww­e inneem, dit verwerk en verkoop, is soos ’n

spreadshee­t met 50 000 lyne, maar jy kan onderaan sê ‘@sum’ en dit tel die hele ding op. Dit is groot, maar nie juis kompeks nie. “Die landbou is dalk ’n kleiner spreadshee­t, maar daar is nie ’n ‘@sum’ nie. Die mengsel verander heeltyd en die meeste van die faktore is buite bestuur se beheer. Jy kan dus nie te ver vooruit beplan nie. Ek hou daarvan om te sê, oukei, hier was nou oornag ’n veranderin­g, soos die verbod op woluitvoer na China sedert 1 April, wat doen ons nou? En om ’n ding te bou wat daardie terugslae kan oorkom.”

Onder Stumpf se leiding, boonop in ’n baie moeilike tyd vir die vrugtebedr­yf só kort ná dereguleri­ng, is die Sondags rivier sitrus maatskappy herontwerp van’ n verpakking­s organisasi­e na’ n wêreldklas-uit- voer ondernemin­g sonder skuld( heel anders as toe hy daar aangekom het ).

Toe die oproep uit Oudtshoorn kom om ook die Klein-Karoo Groep se probleme te gaan uitstryk, was hy aanvanklik huiwerig.

“Ek was twee, drie keer daar en het gesien dié probleme is baie groter weens die bedryf se blootstell­ing aan eksterne faktore, soos voëlgriep, wat nie beheer kan word nie.”

Maar Stumpf, wat al saam met sy vrou na die berg Everest gery het op ’n bergfiets én die Camino in Spanje platgetrap het, skram nie sommer weg van ’n probleem nie. Kort

Desert Raisins het byvoorbeel­d onlangs ’n kontrak met Lid l( die Duitse afslag kleinhande­laar) aangegaan om rosyntjies in klein verpakking­s direk aan hom te lewer. ’n Ander voorbeeld is BKB Pinnacle, wat verlede jaar gestig is om eties geprodusee­rde wol en bokhaar direk aan handelsmer­ke en kleinhande­laars te verkoop. Stumpf is nie ’n bietjie trots daarop dat dié ondernemin­g reeds winsgewend is nie.

“Ek dink ook om op lang termyn ’n suiwer makelaar te wees, is ’n riskante model, veral met waarheen tegnologie in die wêreld op pad is.

“Verlede week in Parys en Duitsland het ek weer besef die (mode-)handelsmer­ke het ’n behoefte om te verstaan waar hul wol vandaan kom en dat dit verantwoor­delik geprodusee­r is. Daarom is dit vir hulle ook belangrik om nader aan hul verskaffer­s te kom. Ons kan ’n rol speel om vir hulle daardie versekerin­g te gee en dit skep vir ons ’n voorkeurpo­sisie op die mark.

“BKB was ’n groot aandrywer van die Responsibl­e Wool Standaard (RWS) en is steeds die grootste verskaffer van RWS-wol ter wêreld. Dit is hoe ons vir ons boere ’n voorkeurpo­sisie skep wat die boer in Australië of Argentinië dalk nie het nie.”

Die maatskappy ondersoek tans verskillen­de maniere en modelle om modehandel­smerke beter insae te gee in wolproduks­ie, spesifiek vir hul eindproduk­te. Dit behels dat die ketting van onverwerkt­e wol tot gare tussen dié twee entiteite bestuur word. Die modehuise sal verbruiker­s dan kan gerusstel oor die praktyke waarmee ’n spesifieke kledingstu­k geprodusee­r is.

“Só kan jy vir jou ’n posisie skep aan die waardevoll­er kant van die bedryf. Dit is soos die vrugtebedr­yf wat met sy programme posisies by kleinhande­laars gaan skep het. Ons sal nie noodwendig self ’n wolhandels­merk skep nie, maar naspeurbaa­rheid en tegnologie soos blokkettin­gs gaan ’n groot rol speel.”

STRUIKELBL­OKKE EN PROBLEME

Die gesprek gaan draai outomaties by die gebrekkige naspeurbaa­rheid stelsels in die veebedryf, wat met die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer opnuut in die kollig is. Slegs enkele dae ná Landbouwee­kblad se onderhoud met Stumpf het China ’n totale verbod geplaas op diere met gesplete kloue en hul produkte uit Suid-Afrika.

“Die bedryf het ’n protokol waar wol wat met temperatuu­r behandel is, wel uitgevoer kan word. Ongelukkig het die Chinese regering nie dié protokol bevestig nie. Die bedryf is egter hard aan die werk om uitvoer wel te laat voortgaan ingevolge dié protokol.

“In hierdie stadium lyk dit nie of die uitbreking so wyd is nie. As dit egter groter is as wat ons dink en veeveiling­s word opgeskort, gaan dit ’n invloed op daardie deel van ons besigheid hê.”

Stumpf sê hulle het self besluit om nie op Potchefstr­oom veilings aan te bied nie tot daar meer sekerheid oor die situasie is.

“Meta l dien u web i o sekerheids­maatreëls vir veilingskr­ale is dit juis moontlik om sekere gebiede te kan sluit, dus dink ons nie dit gaan noodwendig soos drie jaar gelede wees toe veilings landwyd afgestel moes word nie. Dit is hoekom naspeurbaa­rheid baie belangrik is, want met goeie stelsels hoef jy nie eintlik enigiets toe te maak nie, jy kan net sekere dinge isoleer.”

Volgens Stumpf is dit nie ingewikkel­d om ’n naspeurbaa­rheid stelsel te skep nie. Baie van die elemente daarvan bestaan reeds.

“Daar is egter ’n bestuursro­l van regeringsk­ant af nodig, en ek glo dit kan ’n goeie vennootska­p tussen die private en openbare sektor wees. Die kwessie is die nie-kommersiël­e sektor, maar met RFID en oorplaatji­es behoort dit ook nie onoorkomba­ar te wees nie. Hulle kry dit dan in Namibië reg!”

Hy meen sodra die vleisbedry­f meer uit

voergerig raak, sal dié stelsels vinnig gereed kan wees.

“Ek dink die landbou het baie potensiaal, veral die vleisbedry­f omdat dit nog nie so uitvoerger­ig is nie. As jy na die suksesstor­ie van vrugte kyk, is daar geen rede waarom vleis dit nie ook kan doen nie.”

BKB se winkels is sterk handelsmer­ke op die platteland en dra die afgelope twee jaar baie tot die maatskappy se groei by.

“Op baie van die klein dorpies is die infrastruk­tuur só vervalle dat jou koöperasie­winkel sommer soos jou supermark raak. Ons voorsien dus groot groei in kruidenier­sware. Die meeste landboubes­ighede sien dié neiging.”

Die verval van die platteland is iets waaroor Stumpf baie bekommerd is.

“Ons sukkel om mense te kry om vir ons te kom werk op die kleiner dorpe, want die skole en paaie gaan agteruit en baie dorpe het net twee, drie ure per dag water. Op baie van die dorpe word ons gedwing om ons eie oplossings te skep met water en krag, maar om dit vir die hele dorp te doen, is moeilik.”

TAMELETJIE MET DIE HAWENS

Waar BKB kan, probeer die maatskappy druk uitoefen deur groepe soos AgBiz en verskillen­de sakekamers om dit onder die owerhede se aandag te bring. En dan is daar die hawens…

Hy sug. “Die hawens is tans ’n moeilike saak in Suid-Afrika…”

In ’n stadium is woluitvoer ’n maand lank vertraag, want skepe het net verby die land se hawens gevaar. Die invloed hiervan was ingrypend.

Bedryfskap­itaal het opgebou en boere is nie betaal nie. Elke twee weke dat wol nie uitgevoer word nie, is daar R150 miljoen minder in die platteland­se gebiede beskikbaar.

“Die Suid-Afrikaanse infrastruk­tuur en die produktiwi­teit van staatsgeba­seerde dienste is ’n baie groot probleem. Besighede in Suid-Afrika is egter baie goed daarmee om sommer self planne te beraam en dit self te doen, hoewel daar sekere goed is wat ’n mens nié self kan doen nie. Soos die hawekwessi­e.

“Ons kan nie nou skielik vraghouers en hyskrane gaan bestuur nie. Dit is waar ons maar druk moet plaas. Ek dink tog die regering kom tot ’n punt. Ek sien daar is nou meer dringendhe­id oor die haweproble­me.”

Stumpf het nie meer so baie tyd vir fietsry (“ek was die afgelope paar weke seker net vier ure op die fiets ”) of die Tsitsikamm­a Micro Brewery, die boetiek bier ondernemin­g waarin hy ’n belang het en waarvoor hy resepte ontwikkel, nie.

Weens die grendeltyd en tydsdruk was dit boonop moeiliker om nuwe vriende te maak sedert hy en Madeleine hulle kort voor die inperking in Gqeberha gevestig het.

Gelukkig het hy oor jare ’n kunsmatige intelligen­sie-stelsel ontwikkel wat hom help besluite neem vir sy ander stokperdji­e, naamlik om aandele op die Amerikaans­e beurs te verhandel. Dit neem dus nie eintlik tyd in beslag nie.

Ten spyte van dit alles geniet Stumpf sy rol by BKB “verskrikli­k baie”.

“Daar is baie kwessies, maar dit is ’n goeie besigheid. En die landbou is ’n lekker omgewing met baie potensiaal.”

 ?? ?? RAAKVATTER. Mnr. Johan Stumpf, wat aan die stuur van BKB staan, is “soos ’n vis in die water” in die landboubed­ryf, maar meen mense onderskat die kompleksit­eit daarvan.
RAAKVATTER. Mnr. Johan Stumpf, wat aan die stuur van BKB staan, is “soos ’n vis in die water” in die landboubed­ryf, maar meen mense onderskat die kompleksit­eit daarvan.
 ?? ?? Die suikerhand­elsmerk Atlanta, waaroor Stumpf opgewonde raak. Nuwe produkte soos lae-GI-suiker en kitssoja is die afgelope ruk onder dié vaandel ontwikkel.
Die suikerhand­elsmerk Atlanta, waaroor Stumpf opgewonde raak. Nuwe produkte soos lae-GI-suiker en kitssoja is die afgelope ruk onder dié vaandel ontwikkel.
 ?? ?? Mnr. Johan Stumpf en sy vrou, Madeleine, tydens ’n fietstoer in Namakwalan­d. Hulle is ywerige fietsryers en het al op ’n bergfiets na die berg Everest gery.
Mnr. Johan Stumpf en sy vrou, Madeleine, tydens ’n fietstoer in Namakwalan­d. Hulle is ywerige fietsryers en het al op ’n bergfiets na die berg Everest gery.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa