Landbouweekblad

AGDA STOEI DEUR COVID-19-INPERKING

- — NICO VAN BURICK

DIE landbou-ontwikkeli­ngsagentsk­ap Agda was te midde van die covid-19-pandemie gekniehalt­er om genoeg geld vir sy beoogde ontwikkeli­ngsprojekt­e in te samel, maar is tog in sy skik met wat reeds bereik is.

Me. Leona Archary, uitvoerend­e hoof, sê hulle hoop om binne die volgende maande van hul groot kapitaalpr­ojekte aan die gang te kry.

“Dit het nie net gegaan oor die insameling van geld nie, maar ook om as tussengang­er op te tree om vennootska­psooreenko­mste vir projekte te sluit, vaardighei­dsontwikke­ling en toegang tot markte.” Hulle het al ooreenkoms­te gesluit met die Gautengse provinsial­e regering, Limpopo se departemen­t van landbou en onderhande­l tans met Mpumalanga en die Vrystaat. “Ek is optimistie­s dat ons vanjaar baie vinniger met ons planne sal vorder.”

NUWE VOORSITTER

Op Agda se eerste jaarvergad­ering in Maart is dr. Mathews Phosa, sakeman en Mpumalanga se eerste premier in 1994, tot voorsitter verkies in die plek van mnr. Nick Serfontein van die Sernick-groep, wat in die raad aanbly.

Hoewel Agda se infrastruk­tuur verlede jaar eers ten volle gevestig is, het hy toe reeds sy ledetal tot meer as 180 uitgebrei. Ontwikkeli­ngsprojekt­e is by onder meer Jabulani, Mamelodi, Olievenhou­tbosch, Louwsburg, Waterberg en Garankuwa op die been gebring.

Dit het tot die behoud en skep van 500 werkgeleen­thede bygedra. Ander projekvoor­stelle en sakeplanne van 2021 behels die behoud en skep van ’n verdere 3 500 werkgeleen­thede.

Projekte wat vanjaar deurgevoer word, sal bydra tot 2 400 werkgeleen­thede en projekte in

’n beplanning­stadium tot nóg 1 500. Enkele van die projekte is die volgende:

■ ’n Aartappel-en-groentekno­oppunt in vennootska­p met De Beers by Blouberg in Limpopo, gemik op die ontwikkeli­ng van 40 nuwe aartappelb­oere oor die volgende vier jaar, wat 800 werkgeleen­thede sal skep. ’n Pakhuis en marktoegan­g word ook beoog. Die staat, gevestigde landboubes­ighede en boere is ook betrokke.

■ In ’n tuinbou-ontwikkeli­ngsprojek by Soweto saam met die Gautengse provinsial­e regering sal hoëwaardeg­roente verbou word met werkgeleen­thede op produksie- en verwerking­svlak.

■ ’n Voedselsek­erheidspro­jek beoog om 330 mense in verskillen­de gebiede op te lei om koöperasie­s te vestig wat kleinboere sal help om doeltreffe­nd deel van plaaslike markte te word. Een van die voorkeurge­biede is Louwsburg in Noord-KwaZulu-Natal, waar inwoners hoofsaakli­k van die landbou afhanklik is. Sowat 75 gemeenskap­slede is begin vanjaar opgelei in boerderyme­todes gemik op huishoudel­ike voedselsek­erheid. Hulle het groentesaa­d ontvang om te plant en ’n plaaslike koöperasie hou toesig oor hul boerderye. Die agentskap is onder leiding van oudmin. Roelf Meyer op die been gebring nadat ’n voorstel daaroor op Landbouwee­kblad se grondberaa­d by Bela-Bela in 2018 bespreek is. Dit was na aanleiding van ’n versoek van pres. Cyril Ramaphosa aan die private sektor om met werkskeppi­ngsplanne vorendag te kom.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa