Landbouweekblad

DIDIZA VRA MEER INLIGTING OOR VROT PAAIE

- —NICOVANBUR­ICK

ENKELE weke nadat Agri SA ’n verslag oor swak landelike paaie en die groot ekonomiese skade wat dit die landbou berokken, aan me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, oorhandig het, het sy Agri SA skriftelik gevra om aan te dui watter paaie dringende aandag verg.

Sy vra Agri SA om die name, nommers en koördinate van paaie te verskaf wat aanbeveel word vir herstelwer­k, rehabilita­sie of nuwe grond-deklae. “Die data sal ons help om ’n profiel van die status quo van paaie per distrik en munisipali­teit saam te stel sodat alle belanghebb­endes byeengebri­ng kan word om die probleme te takel.”

Volgens Didiza is die padinfrast­ruktuur van nasionale, provinsial­e, munisipale en plaaspaaie ’n voorkeursa­ak om ekonomiese volhoubaar­heid te verseker deur landboupro­dukte veilig en vinnig te vervoer.

HELP SÓ

Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerend­e hoof van Agri SA, verwelkom Didiza se skrywe en sê Agri SA se affiliasie­s is reeds besig met ’n opname.

Op ’n vraag hoe boere hul terugvoer by dié verslag kan voeg, het Van der Rheede gesê boere kan met die provinsial­e affiliasie­s van Agri SA skakel om inligting deur te gee.

“Ons gaan dit ook sterk aanbeveel dat daar ’n manier gevind moet word om boere-unies en boere wat self landelike paaie herstel, te vrywaar van enige regsaanspr­eeklikheid.”

Altesaam 311 landbou-ondernemin­gs het aan Agri SA se paaie-ondersoek deelgeneem, en het aangedui hulle het gemiddeld R200 000 per deelnemer skade gely weens swak paaie. Elkeen het ’n gemiddelde omsetverli­es van 16% in die boekjaar gehad weens probleme met die vervoer van landboupro­dukte op die swak paaie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa