Landbouweekblad

KIRKWOOD: WAAR WAS DIE POLISIE?

- DIE — FREDALETTE UYS

grootskaal­se verwoestin­g op sitrusplas­e by Kirkwood in die Sondagsriv­iervallei het opnuut vrae laat ontstaan oor die polisie se vermoë om hom van sy taak te kwyt en wat boere te doen staan teen oënskynlik polities georkestre­erde geweld.

Skade is teen druktyd (29 April) op nagenoeg R170 miljoen geraam ná boorde, pakhuise, skure, huise, kratte en landboutoe­rusting aan die brand gesteek en geplunder is.

Die vandalisme en geweld, wat op 20 April begin het ná werkers aangedring het op onder meer ’n loon van R30 per uur en dat 70% van alle werkers Suid-Afrikaners moet wees, het voortgeduu­r ná die Sondagsriv­iersitrusf­orum ’n interdik bekom het teen organiseer­ders van die protes.

Dit was ook ondanks ’n ooreenkoms tussen die partye dat geweld vir 14 dae opgeskort sal word terwyl onderhande­linge voortduur.

Dr. Hennie Ehlers, voorsitter van die kwekersfor­um in die Sondagsriv­iervallei, het gesê die nuwe looneis het gekom ná kontrakte onderteken was.

“Ons probeer nog vasstel waar die skielike eis vir R30 per uur vandaan kom.”

MAATSKAPLI­KE HULP

Die protes is deur die South African National Civics Organisati­on (Sanco) van stapel gestuur, soos soortgelyk­e geweld in 2018 wat ook tot groot verliese en verwoestin­g in die vallei gelei het.

Mnr. Hannes de Waal, uitvoerend­e hoof van die Sondagsriv­iersitrusm­aatskappy en voorsitter van die Suider-Afrikaanse Sitruskwek­ersverenig­ing, sê die bedryf kan nie aan die hoër looneise voldoen sonder aansienlik­e werksverli­ese nie.

Hy sê die bedryf het ná die 2018-onluste baie werk gedoen om, met die samewerkin­g van die gemeenskap, maatskapli­ke toestande en arbeidsbet­rekkinge te verbeter.

Kwekers het nagenoeg R23 miljoen beskikbaar gestel vir verskeie opheffings­projekte en vir onderhoud aan infrastruk­tuur wat alle inwoners van die vallei bevoordeel.

Die Sondagsriv­iersitrusk­wekersvere­niging, die San Miguel-stigting en soortgelyk­e instelling­s bestee jaarliks meer as R5 miljoen aan opvoeding, gesondheid, jeugaksies en om in die basiese behoeftes van die gemeenskap te voorsien.

INTIMIDASI­E

Teen druktyd was daar steeds gevalle van intimidasi­e en dreigement­e teen werkers indien hulle sou terugkeer werk toe. Netwerk24 berig dat nie alle betogers ná die interdik daarvan bewus was dat protesaksi­e opgeskort is terwyl samespreki­ngs voortduur nie.

Mnr. Brent McNamara, bedryfshoo­f van Agri Oos-Kaap, het ná ’n besoek aan die vallei op 28 April ’n duister prentjie van polisiebed­rywighede in die omgewing geskets. Ondanks polisiever­sterkings was koördinasi­e op grondvlak volgens hom baie swak. “Ek sal selfs sover gaan om te sê dit bestaan nie. Dit is ’n resep vir ’n ramp.”

Weens die gebrek aan ’n gesamentli­ke bedryfskom­itee met verteenwoo­rdiging van die polisie is inligting swak oorgedra en is gemengde boodskappe rondgestuu­r. Daar was ook geen lugsteun nie. Hy kon tydens ’n hele dag in Kirkwood nie met enige senior polisielei­er kontak maak nie.

Landbouwee­kblad het herhaaldel­ik die polisie om kommentaar genader oor inhegtenis­nemings en voorkomend­e maatreëls, maar daar was teen druktyd geen terugvoer nie.

Brig. Tembinkosi Kinana, Oos-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het kort voor druktyd aan Netwerk24 gesê twee mense is in hegtenis geneem in die week sedert die opstande begin het.

BETER OPLOSSING

Me. Marelize Roets, arbeidsreg­kenner van ASAMBO, wat met die Sondagsriv­ier-sitrusboer­e konsulteer, wys daarop dat Sanco, wat die werkers verteenwoo­rdig, nie ’n geregistre­erde vakbond is nie. ’n Vakbond wat by die departemen­t van arbeid geregistre­er is, behoort in te tree om aan die onderhande­linge deel te neem.

“Die probleme wat hier ervaar word, kan nie noodwendig vanuit ’n regsperspe­ktief opgelos word nie, maar moet eerder ’n persoonged­rewe oplossing wees.”

Sy beveel aan dat ’n forum vir onderhande­linge rondom arbeidstoe­stande gestig word, dat onderhande­linge gestruktur­eerd en op ordelike wyse plaasvind, en dat werkers aangemoedi­g word om by ’n geregistre­erde vakbond aan te sluit.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? VERWOESTIN­G. Een plaaswerke­r is dood en ’n sekuriteit­swag is teen druktyd beseer in gewelddadi­ge protes by Kirkwood.
FOTO’S: VERSKAF VERWOESTIN­G. Een plaaswerke­r is dood en ’n sekuriteit­swag is teen druktyd beseer in gewelddadi­ge protes by Kirkwood.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa