Landbouweekblad

‘ESKOM GEE NIE OM’

-

Duidelik word die landbou, waaronder die boer of grondeiena­ar, in Suid-Afrika vertrap. Belastings, veiligheid, prysnememi­ng . . . om maar net ’n paar probleme te noem.

Wat my veral pla, is dat die boer en grondeiena­ar maar verlief moet neem met dié vertrappin­g. Die werklikhei­d is dat die landbou gedienstig en gedweë die menigtes moet voed. Die bedryf word nie in ag geneem deur staatsdepa­rtemente en semi-staatsinst­ellings nie.

Dankie aan die breë publiek wat die landbou verstaan en hul oë toemaak voordat daar geëet word.

As daar nou een semistaats­instelling is wat vere voel vir die volhoubaar­heid van die landbou, die landprodus­ent en die grondeiena­ar, is dit die groot sondaar in die breë ekonomie van Suid-Afrika – Eskom.

Vanuit eie ondervindi­ng kan ek sê dat Eskom tans niks voel vir die boer se eiendom en die dierelewe op grond waaroor sy transmissi­elyne loop nie.

In die verlede was dit nooit die geval nie. As ’n boer of grondeiena­ar een of ander probleem met Eskom ondervind het, kon hy met Agrilek, ’n afdeling van Eskom, skakel. Binne dae is daar aandag gegee aan die probleem, en die probleem is opgelos.

Deesdae is dit beslis nie meer só nie, want Eskom het Agrilek gesluit.

Ek is reeds die afgelope twee jaar nie meer ’n kliënt van Eskom nie. Dit bring ongeloofli­ke gemoedsrus, moet ek byvoeg. Eskom bly egter nou al sedert 28 Februarie 2019 in gebreke om aandag te gee aan twee eise wat ek ingedien het ten opsigte van saakbeskad­iging en ’n verlies aan diere weens sy agterlosig­heid.

By navraag aan ander boere en grondeiena­ars moes ek

hoor dat Eskom nie dadelik verantwoor­delikheid aanvaar vir skade wat hy berokken nie en voete sleep om te kyk of die eiser moed opgee met navrae.

Ek het my saak per e-pos aan mnr. Jan Oberholtze­r van Eskom gestel. Hy het dit dadelik na sy betrokke bestuurder aangestuur. Tot op hede is dit egter die een verskoning ná die ander, maar geen oplossing nie.

Al wat ek kan dink, is dat daar te veel generaals in Eskom se struktuur en te min troepe is. Daarom is daar geen vorderings­verslag ten opsigte van die uitwissing van die vyand – die boer in hierdie geval – nie.

JOHN THEUNISSEN

Beaufort Wes

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa