Landbouweekblad

KENNERS KYK NA HERKOUERS SE TEGNIEKE

- — WIIDA BASSON-FOURIE

DIE beginsel agter herkouers, soos koeie, se viermaag-verterings­telsel kan gebruik word om eenvoudige en robuuste, kleinskaal­se bioraffina­derybedryw­ighede in Suid-Afrika en Afrika op die been te bring.

Só meen mikrobiolo­ë aan die Universite­it Stellenbos­ch (US) wat die werking van die soogdierru­men in die anaërobies­e verterings­proses ondersoek om organiese afval tot sy oorspronkl­ike boublokke af te breek, en daarna in produkte met waarde om te sit.

Prof. Emile van Zyl, professor in mikrobiolo­gie aan die US, sê Eerstewêre­ldlande maak die afgelope paar dekades goeie vordering om kapitaalin­tensiewe en gevorderde tegnologie­ë te ontwikkel om veral bio-etanol uit plantmater­iaal te produseer. Dit sal egter nie sommer grootskaal­s kommersiee­l lewensvatb­aar word nie omdat fossielbra­ndstowwe steeds relatief goedkoop is.

“Suid-Afrika en Afrika kan nie die groot kapitaalko­ste van grootskaal­se sellulose-etanol-aanlegte en die tegnologie­se struikelbl­okke wat daarmee gepaard gaan, bekostig nie.”

Prof. Marinda Viljoen-Bloom, mikrobiolo­og aan die US, sê dit is nie ’n nuwe konsep om rumenmikro­bes vir die vertering van plantmater­iaal te gebruik nie. Tog bly dit moeilik om die ingewikkel­de interaksie wat in herkouers plaasvind, in bioreaktor­s na te boots. Tans word gemengde anaërobies­e mikrobiese kulture gebruik om organiese materiaal af te breek om hoofsaakli­k biogas te genereer.

Meer navorsing word tans gedoen om die doeltreffe­ndste mikrobes te vind en uit te werk hoe hulle optimaal kan werk.

Die US-navorsers reken pleks daarvan dat biogas noodwendig geprodusee­r word, kan die laaste deel van die verterings­proses onderdruk en mikrobiese gashere eerder gebruik word om organiese sure, soos asyn-, propion-, botter-, valerien- en kapronsuur, uit landbou-afval te produseer wat vir nywerhede belangrik is.

Gisbiotegn­ologie kan ook gebruik word om appelsuur in druiwe- en appelreste om te sit in melk-, sitroen-, fumien- en barnsteens­uur wat groter ekonomiese waarde het. Die huidige geldwaarde van organiese sure wissel van $600 per metrieke ton vir asynsuur tot meer as $2 000 per metrieke ton vir koolstof-4-6-karboksiel­suur. Danksy die stygende vraag na bioplastie­k behaal organiese polimere, soos polilaktaa­t, pryse van meer as $3 500 per metrieke ton.

Die navorsings­groep vir biobrandst­owwe aan die departemen­t mikrobiolo­gie van die US ondersoek maniere om waarde tot Suid-Afrikaanse afval toe te voeg. Só het dr. Sesethu Njokweni as deel van sy PhD-navorsing die anaërobies­e produksie van vlugtige vetsure uit landbou-afval ondersoek. Tans ontwikkel die doktorale student me. Annica Steyn ’n rekombinan­te gisstam wat appelsuur doeltreffe­nd in organiese sure van hoër ekonomiese waarde kan omsit.

 ?? ?? Mikrobiolo­ë reken die beginsels hoe herkouers plantmater­iaal verteer, kan gebruik word om landbou-afval in winsgewend­e produkte om te sit. FOTO: ENGELA DUVENAGE
Mikrobiolo­ë reken die beginsels hoe herkouers plantmater­iaal verteer, kan gebruik word om landbou-afval in winsgewend­e produkte om te sit. FOTO: ENGELA DUVENAGE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa