Landbouweekblad

SÓ WORD WINGERDPLA­E VOLHOUBAAR UITGEKNIKK­ER

- — MICHELLE VAN DER SPUY

DEUR natuurlike roofinsekt­e soos wespe in te span, kan wynboere plae, soos witluis, blaaspootj­ie en dopluis, in wingerde doeltreffe­nd en volhoubaar bekamp en minder afhanklik van chemiese insekdoder­s word.

Só sê mnr. Brahm Jonker, hoofbestuu­rder en tegniese raadgewer van die biologiese-beheerspes­ialiste fieldBUGS.

Hy sê hul 240 kliënte in veral die wyndruif-, tafeldruif­en sitrusbedr­yf gebruik roofinsekt­e vir sekere gedeeltes van ’n gewas se siklus, of slegs vir sekere plae. Dit werk chemiese weerstand teen insekdoder teen, en keer die opbou van chemiese residu op vrugte of plante. Dit is goedkoper op lang termyn, en het geen impak op die omgewing nie.

Aan die nadelige kant kan roofinsekt­e oor plaasgrens­e heen versprei, en hulle kan vrek as daar geen plae is om aan te val nie.

“Chemiese stowwe hou self net vir ’n dag of sewe, dus bied nie een van dié twee opsies ’n permanente oplossing nie.”

Jonker meen natuurlike roofinsekt­e moet as deel van ’n geïntegree­rde plaagbestu­urstelsel gebruik word.

Dit sal die beste werk op plase waar min of geen algemene insekdoder­s gebruik word nie, of waar ’n boer bewustelik wil wegbeweeg van rooiband-gifstowwe, soos organofosf­ate, waarvoor verbruiker­s en markte in elk geval op hul hoede is.

Volgens Jonker is dit eerder ’n langtermyn- as kitsoploss­ing. “Om gif te spuit, is maklik. Om roofinsekt­e te gebruik, verg soms meer betrokkenh­eid van die bestuur.”

Hy reken dit sal slegs in noodgevall­e nodig wees om van insekdoder­s gebruik te maak. “Gee die natuur kans om te werk. Geduld is soms nodig, veral as produsente nog nie hierdie praktyk ken nie.”

Hy sê natuurlike roofinsekt­e, soos die voordelige wesp Anagyrus vladimiri, kan witluis, die algemeenst­e wingerdpla­ag, suksesvol bekamp. Die wesp lê haar eiers in die tweede, derde en volwasse stadiums van witluiswyf­ies. Daaruit broei ’n nuwe wesp ongeveer agt dae later.

Die parasities­e wesp Coccidoxen­oides perminutus word reeds lank in Suid-Afrika gebruik, veral in kombinasie met Anagyrus vladimiri.

Wyfies lê ook hul eiers in die eerste instar-witluise. Die kewer Nephus kamburovi word deur fieldBUGS gebruik waar witluisspe­sies voorkom wat Anagyrus vladimiri en Perminutus nie parasiteer nie. Dié kewers vreet die jonger stadiums van witluise.

Volgens Jonker is die Cryptolaem­us montrouzie­ri fieldBUGS se “brandbestr­yder” omdat dit gebruik word wanneer witluisget­alle baie hoog is.

 ?? BUGS ?? Die wesp Anagyrus vladimiri kan witluispro­bleme in wingerde bekamp. FOTO: FIELD
BUGS Die wesp Anagyrus vladimiri kan witluispro­bleme in wingerde bekamp. FOTO: FIELD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa