Landbouweekblad

Ek ken ’n ou-ou liedjie . . .

- DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

In ’n vorige gesels het ons daarop gewys dat die aftakeling van ’n kerk nie net van buite af geskied nie, maar die droewigste vorm van aftakeling kom van binne af deur selfvernie­tiging. Dit is verseker nie ’n aangename onderwerp om oor te skryf nie. Tog is dit noodsaakli­k.

Net vanoggend sit ’n afgetrede boer van Caledon en ek oor ’n koppie tee en gesels. Hy sê toe vir ’n saaiboer is dit nie net ’n geval van goeie saad in die grond inwerk en dan hoop vir die beste nie. Onkruidbes­tryding het belangrik geword as jy enigsins ’n goeie oes verlang.

Dit is toe dat ek opnuut besef die onkruid tussen mense is selfvernie­tiging. Asof dit só gereël is, val my oog op die koerant wat langs my lê. Dit vertel van onmin in die bestuur van krieket en rugby. Die spel ly daaronder, die spelers kla dat ’n gesonde gees tussen spelers en bestuur ontbreek. Só maak ons dit maklik vir opponente om die wedstryd te wen. Wat is dit anders as selfvernie­tiging? Jy kan dit sing op die wysie van die geliefde Koos Doep-liedjie: “Ek ken ’n ou-ou liedjie . . .” Voltooi maar self verder met verhale wat jy so goed ken – verhale van stryd, tweedrag, rusie en selfvernie­tiging. Op dié wyse kan ’n groep mense hul mooiste planne en drome tot niet maak.

Wat hierdie proses van selfvernie­tiging so tragies maak, is dat dit geskied tussen mense wat naby aan mekaar leef en mekaar so bitter nodig het.

Seker die mooiste en belangriks­te vorm van samewerkin­g en samelewing is dit wat die huwelik en gesinslewe veronderst­el is om te bied. Dit is só belangrik dat die Woord van God duidelik voorskrift­e gee vir die funksie wat aan elkeen toegedien is.

As selfvernie­tiging in hierdie kring plaasvind, dan stort die groter samelewing in duie. Vra jy na die virus wat dit veroorsaak? Hier is die antwoord: God is nie meer deel daarvan nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa