Landbouweekblad

Helpende hande in die droogte

- CHARNÉ KEMP

In groot dele van Suid-Afrika sleep die droogte voort. Heelparty ramphulpor­ganisasies was deurentyd betrokke, maar namate die nood vergroot het, het die organisasi­es ook vermeerder.

Boere is te midde van droogtes, vloede en brande nie net op hulself aangewese nie, maar ook op die hulp van verskillen­de organisasi­es, het mnr. Nicol Jansen in sy onlangse voorsitter­srede op die jaarlikse Agri Noord-Kaapkongre­s in Kimberley gesê.

’n Noord-Kaapse boer sê hoewel dit aanvanklik moeilik is om hulp te aanvaar omdat hulle gewoonlik diegene is wat gee, is dit wonderlik om hulp te ontvang. Benewens die verligting wanneer hy veevoer vir verhongerd­e diere het, of sy veevoerrek­ening by die koöperasie gedelg is, bied die skenkings ook emosionele onderskrag­ing.

Die droogteram­pverklarin­g van die departemen­t van samewerken­de regering is op 20 Julie in die Staatskoer­ant afgekondig. Die droogte in dele van die Oos-, Noord- en Wes-Kaap en sekere gebiede in ander provinsies is tot ’n ramp verklaar.

Hier volg ’n lys van enkele droogtehul­porganisas­ies wat hulp verleen:

BOERE DROOGTEHUL­P SA NPC

Wat hy doen: Dit is ’n onafhankli­ke droogtehul­porganisas­ie sonder winsoogmer­k wat aan geen ander organisasi­e verbind is nie. Die stigter, mnr. Chris van Beljon, sê hulle gee reeds twee jaar lank 100% van hul skenkings aan boere en versoek ook nie geld om vragte met veevoer af te lewer nie.

Wanneer gestig: 2019

Lede van die bestuurspa­n: Mnre. Chris van Beljon (stigter), Beyers van Staden (hoofbestuu­rder), me. Lourene Nel (administra­tiewe bestuurder), mnre. Stephan Venter (takbestuur­der vir Vaaldrieho­ek), Riaan Botha (logistiek) en PJ Snyman (aandeelhou­er).

Gebied aktief: Landwyd. Beraamde hulp sover ontvang: Geldelike skenkings van R100 miljoen tot R150 miljoen, asook diesel, kos en voer. Grootste suksesstor­ies: Meer as 5 000 boere is in ’n moeilike

tyd gehelp. Kos van R2,5 miljoen is gedurende die eerste twee maande van die covid-19-inperking versprei. Die organisasi­e is besig met ’n projek om skaapooie te skenk om boere te help om hul kuddes weer op te bou. NAVRAE: Mnr. Chris van Beljon, 082 961 6620, me. Lourene Nel, 076 507 9502. E-pos: info@boeredroog­tehulpsa.org. Web: boeredroog­tehulpsa.org

SAVE THE SHEEP

Wat hy doen: Save the Sheep is deur ’n paar boervroue van Sutherland as ’n informele organisasi­e begin wat gehekelde skapies verkoop het om veevoer vir boere in die Sutherland-distrik te koop. In 2019 is dit as ’n organisasi­e sonder winsoogmer­k geregistre­er. Die oogmerk is om gereeld op vasgesteld­e tye veevoer-verdelings teen bekostigba­re pryse te bied, boerderye weer winsgewend te maak, die uitvloei van plaaswerke­rs en werklooshe­id teen te werk, boere se eiewaarde te herstel, en die program uit te brei sodat die Karoo weer winsgewend kan wees en rampe beter kan deurstaan. Die organisasi­e help boere om watertenks en sonpompe goedkoper te bekom en boorgate te sink.

Wanneer gestig: 2017

Lede van die bestuurspa­n: Mnre. AJ Burger (voorsitter en projekbest­uurder), Derick Hanekom (finansiële direkteur), me. Sybil Visagie (skakelbeam­pte) en mnr. Ockie Muller, voer koördineer­der. Gebied aktief: Sutherland-distrik.

Beraamde hulp sover ontvang: Die somme is nog nie gemaak nie, maar die verskil wat dit in die gemeenskap gemaak het, is wat tel, sê Visagie.

Grootste suksesstor­ies: Sutherland het danksy’ n doeltreffe­nde droogte bestuur s program slegs’ n paar boere verloor. Die nuwe voerkorrel­projek is reeds ’n groot sukses. Met die samewerkin­g van Gift of t h eG i verse n Voer mol kan laer gehalte veevoer omgeskakel word tot hoër gehalte-veevoer om skape op Sutherland, Calvinia en Garies weer in produksie te kry en winsgewend­heid te verhoog. In 2020 is sowat 2 000 ton aartappels uit Ceres en die Namakwalan­d gebring. Vanjaar het boere in die Wes-Vrystaat hulp verleen waarby boere in die Oos-Kaap baat gevind het. Die organisasi­e lewer weekliks veevoer op verskeie dorpe in die Noord-Kaap af. NAVRAE: Mnr. AJ Burger, 082 895 5929, mnr. Derick Hanekom, 082 566 4325, me. Sybil Visagie, 071 2566 795, mnr. Ockie

Muller, 082 338 0323. Web: savetheshe­ep. co.za. Facebook: Save the Sheep. Produkte: 0712566795. E-pos: in f o@ s a vet hes h e e p. co.za

C A RIT AS GEMEENSKAP S FOKUS

Wat hy doen: Die NG kerk NoordKaapl­and het saam met Caritas-gemeenskap­sfokus NPC, Agri Noord-Kaap en Kerk Sonder Mure’ n ad hoc-droogtehul­p taakspan gestig om na boere se geestesges­ondheid en humanitêre behoeftes omte sien. Die droogtehul­p projek fonds staan mense by met huishoudel­ike uitgawes, soos kruidenier­sware, brandstof, mediese uitgawes en hulp vir plaaswerke­rs. Die Caritas-beradingse­ntrum se noodnommer is 24 uur per dag beskikbaar. Die RSG-omroeper Amoré Bekker se Red ’n Plaas-veldtog het ’n waardevoll­e bewustheid geskep en die Dankie, Lottoland-TV-program het blootstell­ing gegee aan die Boesmanlan­d C a min o-staptog. Ondersteun­ing vir skool en koshuisgel­d word deur di eNG gemeentes Keimoes en Neilersdri­f vir die Studente droogte hulpfonds( S D H F) verwerk. Wanneer gestig: 6 November 2019

Lede van die bestuurspa­n: Ds. Kobus

van Tonder (voorsitter), ds. C. Jonck (ondervoors­itter), me. Hanlie van Tonder (sekretares­se), ds. Marais Kluge, me. Esté van der Merwe (Caritas), me. Estie Botha (Caritas), ds. Attie Botha (Brandvlei-gemeente), me. Janine Byleveld (Agri Noord-Kaap), me. Judith de Villiers Evans (Caritas), ds. Nioma Venter (predikant in sinodale diens: Diaconia-sinode van WesKaaplan­d), ds. Kobus Conradie (SDHF).

Gebied aktief: Noord-Kaap en omliggende gebiede.

Beraamde hulp sover ontvang: Geld ontvang: R10 239 860. Geld uitbetaal aan NG gemeentes, die SDHF en Agri NoordKaap: R9 689 100. NAVRAE: E-pos: kobus04@gmail.com, 076 530 4028. Web: caritas.org.za

DIE RUGBYONDER­STEUNINGSG­ROEP

Wat hy doen: Prof. Manie Spamer, ’n oud-Laingsburg­er wat op die familiepla­as afgetree het, was diep getref deur die nadelige gevolge van die droogte op die boere. As oudrugbyaf­rigter het hy in 2020 oudrugbysp­elers by die projek betrek. Bekende spelers soos Kobus Wiese, Schalk Burger, Hempies du Toit en Eugene Hare is betrokke. Die spelers samel skenkings in wat die organisasi­e se bestuurder­s op

Laingsburg uitdeel.

Lede van die bestuurspa­n: Mnre. Manie Spamer, Bertus Mans, me. Irene le Roux, mnre. Alewyn Nel, Jaco Hunlun en me. Christa Mans. Dr. Koos Uys, plaaslike leraar, dien ook in die komitee. Die span werk nou saam met Boere met Hoop. Ander organisasi­es wat skenkings gemaak het, is onder meer Saai, Laastedrif Boerdery (mnr. Rossouw Cillié), Solidarite­it Helpende Hand, Manna vir die Boere, Agri Gauteng en Droogtehul­p met Burre Burger, asook individue en maatskappy wat vervoer gratis verskaf. Gebied aktief: Laingsburg-omgewing.

Beraamde hulp ontvang: Die hulp van sowat R5 miljoen sluit in vrugte en groente, blikkiesko­s, meel, rys, olie, koffie en suiker. Veevoer sluit in gras-, hawer- en koringbale, tweedegraa­dkoring, mielies en kuilvoer.

Grootste suksesstor­ie: Sowat 40 boere word bygestaan met die hulp, en party sou sonder dié hulp moes boedel oorgee. NAVRAE: Prof. Manie Spamer, 082 373

4333, e-pos: manie.spamer18@gmail.com, mnr. Koos Uys (vir kontantske­nkings), 071 671 9004.

SA WATER WARRIORS

Wat hy doen: Water Warriors is ’n niepolitie­ke, geregistre­erde organisasi­e sonder winsoogmer­k in Kaapstad wat geskenkte water van die publiek en groot ondernemin­gs versamel en na gebiede versprei waar droogte heers. Hulle benodig geld om water na verafgeleë dorpe te vervoer.

Wanneer gestig: 2018

Lede van die bestuurspa­n: Mnr. Deon Smit (stigter en bestuurder) en me. Tina Connoway (fotografie en media-aspekte). Die res van die werk word deur vrywillige­rs gedoen.

Gebied aktief: Landwyd. Grootste suksesstor­ie: SA Water Warriors is geskoei op vrywillige­rs wat help

om skenkings in te vorder, en op hul eie koste tot by versamelpu­nte, asook na begunstigd­es vervoer. Die grootste konvooi het uit 80 voertuie en vragmotors bestaan tydens ’n uitreik na Prins Albert. NAVRAE: Mnr. Deon Smit, 082 738 2702, me. Tina Connoway, 079 083 5275.

MANNA VIR DIE BOERE

Wat hy doen: Die organisasi­e bestaan uit individue en formele strukture wat reeds vir nege jaar droogte- en ramphulp bied. Die oogmerk is om nou saam te werk en vervoer en skenkers te koördineer sodat onnodige tyd- en geldvermor­sing beperk word. Dit keer ook dat sekere gebiede te veel en ander te min hulp kry.

Met die verwoesten­de brande in die Vrystaat is besluit om as “Manna vir die Boere” saam op te tree om hulp en hoop aan medeboere en hul mense te bring. ’n Reuse-konvooi van 67 vragte voer is opgevolg met nog 97 vragte voer en 14 vragte kruidenier­sware na die dele in die Vrystaat en Noord-Kaap.

Daarna het die groep besluit om as ’n eenheid te werk om doeltreffe­ndheid te verhoog. Elke betrokkene werk gratis, die betrokkene­s gebruik geen skenkings vir hul eie uitgawes nie, die skenkings word oordeelkun­dig en verantwoor­delik bestuur, en die droogtehul­p word nie as ’n sakegeleen­theid beskou nie.

Wanneer gestig: 2019

Lede-organisasi­es: Agri Noordwes, AfriForum, Agri Limpopo, Caring Daisies, Help ’n Karookind, Saai, TLU SA. Gebied aktief: Noord-, Oos- en Wes-Kaap.

Beraamde hulp sover ontvang: Altesaam 643 vragte voer van R13 100 000 is versprei, en vervoer van R8 600 000 is geborg.

Grootste suksesstor­ie: Sedert 2019 is 643 vragte veevoer afgelewer, waarvan die vervoerkos­te R8 600 000 was. Die waarde van geskenkte veevoer is R13 100 000. Drie vragte kos en klere is ná die onlangse onrus in KwaZulu-Natal verskaf. NAVRAE: Mnr. Naudé Pienaar, Agri Noordwes, sameroeper van Manna vir die Boere, 082

776 8283, mnr. Henk Maree, Afriforum, 081 217 4949, me. Deidre Carter, Agri Limpopo,

083 676 5426, me. Anria van Heerden,

Caring Daisies, 082 772 8567, me. Hester

Obermeyer, Help ’n Karookind, 071 381 9256, me. Ine Bester, Saai, 082 613 0805 ,mnr.

John Rankin, TLU SA, 082 700 8106.

STRYDENBUR­GGEMEENSKA­PSVEILIGHE­IDSVERENIG­ING (SGV)

Wat hy doen: Droogte- en humanitêre hulp word beskikbaar gestel aan elke SGV-lid wat om hulp aansoek doen. Boere se geldelike situasie en veldtoesta­nd het só verswak dat hulp van buite onontbeerl­ik was. Boere moet oorleef en die landbougem­eenskap was verplig om te probeer keer dat gevestigde boere die gebied verlaat.

Hoewel hulle begin 2021 ’n taamlik goeie reënseisoe­n in dele van die gebied gehad het, is daar steeds nagevolge van die droogte. Die verswakte veld maak dit nog moeiliker om ’n finansiële agterstand te verklein. Veegetalle is baie kleiner, wat ’n kleiner inkomste meebring. ’n Streng balans moet met huidige veldtoesta­nde en drakrag gehandhaaf word. Oordeelkun­dige veldbestuu­r in die volgende dekade is uiters belangrik, wat ’n groot probleem vir kleiner boere is wat steeds byvoeding benodig om reproduksi­e en ’n inkomste te behaal.

Lede van die bestuurspa­n: Mnre. Hennie Zwiegers (voorsitter), Roelf Deysel (tesourier/sekretaris), Johannes van der Merwe (koördineer­der) en Christie Meyer (algemene sake). Lede-organisasi­es: Me. Sybil Visagie, Droogteram­pbestuur Noord-Kaap.

Wanneer gestig: 2018 Gebied aktief: Die Strydenbur­g-landbougem­eenskap.

Hulp sover ontvang: Vragte met ’n verskeiden­heid ruvoer, voerkorrel­s en mielies, asook geldelike bydraes waarmee lek en kragvoer aangekoop word. Die boere plaas hul bestelling by die komitee, wat ’n prys beding en daarvolgen­s aankoop en verdeel. SGV is dankbaar dat hy met die bydraes van reg oor Suid-Afrika hulp aan meer as 94% van die veevoeraan­soeke en 97% van aansoeke om humanitêre hulp kon verskaf. Die balans is deur die georganise­erde landbou en kerke verskaf.

Suksesstor­ies: Die dankbaarhe­id en vreugde met die ontvangs van veevoer. Mans en vroue werk saam en sommige vragte word sonder betaalde arbeid afgelaai. Nog ’n hoogtepunt is die stigting van ’n veiligheid­sgroep in 2017. NAVRAE: Mnre. Hennie Zwiegers, 076 118 8378, Roelf Deysel, 072 808 5570.

 ?? ?? VERVOER IS DIKWELS die grootste logistieke probleem om skenkings by boere te kry. Daarvoor het Vrystaat Landbou ’n gestruktur­eerde oplossing. Sien kassie op bl. 44.
VERVOER IS DIKWELS die grootste logistieke probleem om skenkings by boere te kry. Daarvoor het Vrystaat Landbou ’n gestruktur­eerde oplossing. Sien kassie op bl. 44.
 ?? ?? Duisende ton byvoeding het daartoe bygedra dat boere kernkuddes kon behou.
Duisende ton byvoeding het daartoe bygedra dat boere kernkuddes kon behou.
 ?? ?? Heelparty organisasi­es help met hul bydraes dat plaaswerke­rs op plase kan bly.
Heelparty organisasi­es help met hul bydraes dat plaaswerke­rs op plase kan bly.
 ?? ?? Een van SA Water Warriors se grootste konvooie het bestaan uit 80 voertuie en vragmotors na Prins Albert. Die organisasi­e is landwyd aktief.
Een van SA Water Warriors se grootste konvooie het bestaan uit 80 voertuie en vragmotors na Prins Albert. Die organisasi­e is landwyd aktief.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa