Landbouweekblad

Hoe lyk jou storie?

Die afgelope paar weke is ek toegegooi deur ‘oorlogstor­ies’. Verhale van moeilikhei­d waarin mense beland het weens foute in hul finansiële beplanning. Dit is stories wat nie eens Deon Meyer kan opmaak nie.

- RONALD KING Adv. Ronald King is hoof van openbare beleid en regulatori­ese aangeleent­hede by PSG.

Een van die aspekte wat mense van diere onderskei, is ons vermoë om uit die verhale en foute van ander te leer. Partykeer twyfel ek egter oor ons vermoë om te leer uit ons eie foute. Maar hopelik help die stories in die leerproses.

’n Kollega vertel van kliënte wat nagenoeg 15 jaar lank na ’n tante omgesien het. Hulle het verwag dat haar klein boedel eendag na hulle sou gaan. Groot was die verrassing toe dit aan haar broer in Londen bemaak is, wat nooit moeite met haar gemaak het nie.

Baie mense het verwagting­e oor wat hulle gaan erf. Die werklikhei­d verskil egter heeltemal. Weens swak aftreebepl­anning en die lewensverw­agting wat deurlopend toeneem, is die boedels van ouers in die algemeen baie kleiner as 20 jaar gelede.

Trouens, pleks daarvan om van hul ouers te erf, is ál meer kinders verplig om finansieel na hul ouers om te sien. Die beste ding wat jy vir jou kinders kan doen, is om seker te maak dat jy nie eendag van hulle afhanklik gaan wees nie. Kinders moet egter ook nooit verwag dat ’n erfporsie hul geldproble­me vir hulle gaan oplos nie.

LANGSLEWEN­DE STERF EERSTE

Dit gebeur gereeld dat boedels sê, by die dood van die eerssterwe­nde gaan die plaas na die kinders met ’n vruggebrui­k aan die langslewen­de.

Twee stories van boere is ter sprake. Albei het dit opgestel met die idee dat dit hul gades sou wees wat die voordeel van die vruggebrui­k sou kry. Die gades het in albei gevalle eerste gesterf. Die boere moes volgens die testament hul plase aan die kinders oordra. Wees dus versigtig om ’n testament so op te stel dat dit net vir een scenario geskik is.

’n Klein denkfout kan groot implikasie­s hê. ’n Vrou het in haar testament al haar bates aan haar suster nagelaat met die idee dat die suster al haar persoon l i afhanklik ke items sou erf. Sy het egter vergeet dat sy binne gemeenskap van goedere getroud was. Die helfte van hul plaas is dus aan haar suster bemaak. Gelukkig het die suster nie die bemaking van die plaas aanvaar nie, maar dit kon anders gewees het.

’N ANDER TOEKOMS

In een van die verhale wat my die meeste ontstel het, het twee broers saam op die familiepla­as gebly en gewerk. Omdat baie van hul lewenskost­e in die vorm van byvoordele verdien is, is hulle nie baie in kontant betaal nie.

Toe een broer sterf, moes sy vrou agterkom dat die testament bepaal dat die plaas na die langslewen­de seun toe gaan en dat sy en haar drie jong kinders as bywoners van haar swaer was. Moenie jou toekomspla­nne bou op wat jy dink eendag in ’n ander se testament sal staan nie.

MOENIE OP ANDER STAATMAAK

Talle mense dink daar is lewensdekk­ing op hul gade se lewe, net om by afsterwe agter te kom dat hulle sonder huis of haard gelaat is, met groot skuld om af te betaal. In een geval het die man die begunstigd­e op die lewenspoli­s na ’n ander vrou verander. In ’n ander het die gewese gade opgehou om die polis te betaal wat in die skikkingso­oreenkoms vir die kinders se studies sou betaal. In nóg een is al die polisse ná ’n lang siekte afgekoop.

Jy moet self die polis op jou gade se lewe hê. Trouens, dit is jy wat daaruit voordeel gaan trek en daarvan moet lewe. Dit help nie om die oorledene te beskuldig wanneer dit te laat is nie. Sorg vir ongeskikth­eids- en siektedekk­ing op jou eie lewe en lewensdekk­ing op jou gade se lewe. Jy skryf vandag jou storie. Maak seker die storie ná jou dood is ’n mooi storie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa