Landbouweekblad

WAT BEHELS DIE PROSES?

- — FREDALETTE UYS

Private en kommunale grondeiena­ars sal vrywillig kan deelneem aan die proses om grond as deel van die park te verklaar. Hulle behou eienaarska­p en regte tot die grond. Sanparke en sy vennote sal met grondeiena­ars saamwerk om biodiversi­teit op die eiendom te help beskerm. Die proses sal individuee­l voltooi word met elke grondeiena­ar.

Grondeiena­ars gee toestemmin­g in ’n geskrewe dokument wat hul leen San parke onderteken. Daarna word’ n bestuur sooreenkom­s tussen San parke en die grondeiena­ar aangegaan waar die onderskeie rolle uiteengesi­t word.

Die betrokke eiendom word verklaar as deel van die nasionale park. Sanparke sal voorts optree as die besturende gesag van die betrokke eiendom. Die geskrewe ooreenkoms word aangeteken en geregistre­er teen die titelakte van die eiendom, en die bestuur s ooreenkoms tree inwerking.

Grondeiena­ars en grondregho­uers sal steeds ’n inkomste uit die grond moet kan genereer, maar op só ’n manier dat die biodiversi­teit bewaar word. Nuwe geleenthed­e wat voordele vir die grondeiena­ars inhou, kan ondersoek word. Dit hou inkomste en eiendomsbe­lastings voordele vir grondeiena­ars in. Hulle kan ook wettige beskerming vir die biodiversi­teit op ’n plaas verkry en só ’n nalatenska­p skep wat die natuurlike, historiese en kulturele erfenis van die landskap vir die huidige en komende geslagte beskerm.

In kommunale gemeenskap­pe waar kommersiël­e ondernemin­gs lewensvatb­aar kan wees, sal gemeenskap­pe ondersteun word om bepalings vir lewensvatb­aarheid uit te voer. Hulle sal opleiding ontvang, en vennootska­ppe met moontlike finansiers sal aangegaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa