Saadjie van kommer oor graanvoorligting
Onlangse navorsing wys saaiboere is bekommerd oor die gehalte van die voorligting wat sommige raadgewers aan hulle opdis omdat talle nie behoorlik vir hul taak opgelei is nie.
Boere steun swaar op die raad van voorligters en raadgewers van landboumaatskappye sedert die staat sy klem vanaf die kommersiële landbou na die opkomende sektor verskuif het. Hulle is egter nie altyd tevrede met sommige raadgewers se standaard van opleiding en ondervinding nie, maar soms het hulle nie ’n ander keuse nie.
Mnr. Pieter Bruwer, ’n voorligter van Wakkerstroom in Mpumalanga, het as deel van sy navorsing in ’n meestersgraad in volhoubare landbou aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) ’n studie hieroor gedoen nadat hy as landboukundige die afgelope jare toenemend moes vure doodslaan by boere wat onjuiste, onwetenskaplike raad gekry het.
In sy ondersoek het hy klem gelê op die oostelike Hoëveld, waar hy nog feitlik sy hele lewe lank woon en werk. Hy het die grade BScAgric en BScAgricHons aan die UV behaal.
Sy ondersoek wa sonder mielie-en sojaboon produsente in dié gebied in Mpumalanga, wat
volgens Graan SA in 2020 altesaam 21,9% van Suid-Afrika se mielies en byna 40% van die land se sojabone verbou het. Dit is dus ’n gerekende streek wat voedsel verskaffing en die standaard van boere betref.
Die titel van sy skripsie was “Die rol van agronome in diens van landbou-insetverskaffers in die volhoubaarheid van kommersiële saaiboere op die oostelike Hoëveld van Suid-Afrika”.
Dit het hoofsaaklik oor landboukundiges in die private sektor gehandel.
Hy het spesifiek na raadgewers (landboukundiges) op drie gebiede en die invloed daarvan op volhoubare saaiboerdery gekyk, naamlik grondbestuur, plantvoeding en gewasbeskerming, wat deur boere as belangrik vir volhoubaarheid beskou word.
Bruwer gaan nou sy doktorsgraad oor dieselfde onderwerp aanpak en is besig om sy beoogde ondersoek te struktureer.
Hy het in 2016 by mnr. BP Greyling se Langfontein-besighede op Wakkerstroom betrokke geraak, waar hy nou as landboukundige werk.
DOELTREFFENDSTE SKAKEL
“Landbou raadgewers bly steeds die doeltreffendste skakel tussen navorsings voorligting en boere. Een van die belangrikste funksies
van ’n goeie landbouraadgewer is om die nuutste navorsingsresultate aan die bo erte verskaf,” sê Bruwer.
In Suid-Afrika is daar twee soorte landboukundiges, naamlik dié in diens van die staat en dié in diens van die private sektor.
Laasgenoemde word verder onderverdeel in dié sonder verbintenis met ’n landbou-insetverskaffer en wat deur boere vir hul dienste gehuur word, en landboukundiges in diens van ’n verskaffer.
Bruwer sê die aangesig van voorligtingsdienste het ná 1994 baie verander. Die staat het sy klem na opkomende boere verskuif.
Kort nadat die ANC aan bewind gekom het, is aangekondig die departement van landbou se voorligters gaan van 2 500 tot 5 000 vermeerder word. Onlangs is besluit om nog 10 000 ervare voorligters te werf. Hulle sal waarskynlik ook in die opkomende landbousektor aangewend word.
Hy sê daar is kommer oor die gehalte van voorligting vanuit die private sektor waaraan kommersiële boere blootgestel is.
“Hierdie raadgewers het’ n etiese verantwoordelikheid omte verseker hul raad is wetenskaplik korrek, eerlike n getrou aanhu l beroep se etiese kode.”
Dit blyk uit sy navorsing die meeste boere is bewus van hul raadgewers se kwalifikasies en is nie tevrede as hulle deur onopgeleide raadgewers bedien word nie.
Gewasbeskerming word minder deur hierdie kwessie geraak as grondbestuur en plantvoeding omdat die plant beskermings-en diere gesondheid s vereniging van Suid-Afrika (Avcasa) die landbouchemiese raadgewende dienste in ’n mate beheer.
Volgens Bruwer moetieman d wat landbou chemikalieë verskaf, homo f haar eers by Avcasa registreer en ’n eksamen slaag om hom of haar in staat te stel om die produkte veilig te verkoop, te vervoer, op te berg en aan te wend.
In die geval van sekere soorte kunsmis en ander produkte vir plantvoeding en grondgesondheid kom dit egter voor asof ’n onopgeleide persoon hierdie werk kan doen sonder om deur ’n beheerliggaam geakkrediteer te word.
Hy wys wel daar opdat die misstof vereniging van Suid-Afrika( F ert as a) sy lede aanmoedig om opgeleide landboukundiges in diens te neem en verwag van hulle om aanbevelings van geakkrediteerde raadgewers aan te moedig.
BOERE SOEK KUNDIGHEID
Bruwer het bevind boere verkies om produksiemiddels te koop by maatskappye wat opgeleide landboukundiges in diens het, en boere beskou kundige raad as belangriker as die prys van die produkte. Hulle meen hul raadgewers moet veral kundig oor plantvoeding wees, met grondbestuur wat effense minder belangrik is, en gewasbeskerming derde op die lys.
Hierdie drie aspekte het boere wat aan die studie deelgeneem het, in staat gestel om hul opbrengste die afgelope tien jaar met tot 40% te verhoog, danksy ver algoeie grond bestuur s metodes en hoër vlakke van kalk-en kunsmis toediening.
Hy beveel gevolglik aan dat raadgewers spesialiste oor grond- en plantvoeding moet wees en deur Fertasa geakkrediteer moet word om inligting wetenskaplik te vertolk en volhoubare aanbevelings te maak.
Dit was vir Bruwer ’n skok om te verneem dat slegs twee van die 190 voorligters wat in 2015 in die openbare sektor in Mpumalanga in voorligting gespesialiseer het (volgens syfers van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling ), opgeleide natuurwetenskaplikes was, naamlik een opgeleide landboukundige en een opgeleide grondkundige.
“Hierdie situasie het egter dringende aandag gekry en deesdae moet jy ’n toepaslike BScgraad hê en by die Suid-Afrikaanse raad van natuurwetenskaplike beroepe (SACNASP) as natuurwetenskaplike geregistreer wee somas voorligter in die openbare sektor op te tree. Dié liggaam het ’n gedragskode en stel bepaalde vereistes aan lede om te verseker hul raad aan boere is wetenskaplik gefundeerd.
“In die private sektor word egter nie altyd vereistes gestel aan iemand om as raadgewer op te tree nie. Ongelukkig kyk niemand in die kommersiële landbou na papiere nie – ’n situasie wat dringend aandag kort.
“Omdat iemand wat in die landbouchemiese bedryf ’n raadgewer wil word, by Avcasa geakkrediteer moet wees, het boere meer vertroue in mense wat hulle oor chemikalieë inlig.”
GEBREK AAN VERTROUE
Alle landboukundige raadgewers boesem nie vertroue by boere in nie. Volgens die boere se antwoorde op Bruwer se vraelys dink hulle nie alle landbou raadgewers verskaf korrekte, wetenskaplike aanbevelings nie.
Hy verduidelik dit aan die hand van kultivarproewe. Oorsee word geen proefresultate amptelik erken sonder die betrokkenheid van ’n landboukundige nie. Hy moet die resultate eers bestudeer en vertolk, anders mag die syfers nie gebruik word nie. Dit wek die indruk dat die landboukundige se bydrae oorsee as baie belangriker geag word, wat die rede is waarom ’n geregistreerde, private landboukundige oorsee minstens ’n toepaslike BScAgric-graad moet hê.
Bruwer sê baie boere is bewus van hierdie leemtes. Altesaam 77% van die boere wat aan sy ondersoek deelgeneem het, het ’n naskoolse kwalifikasie, wat ’n aanduiding is van hul uitsonderlik hoë vlak van geletterdheid.
Tegnologie verbeter wêreldwyd met rasse skrede, byvoorbeeld die gebruik van hommeltuie en robotte in die landbou.
In Brittanje is daar ’n beskouing dat die magdom inligting wat tot die landbou se beskikking is, juis die grootste struikelblok is omdat dit boere oorweldig.
Daarom vervul landboukundiges ’n noodsaaklike rol om die boer daaroor te adviseer. Dit is in teenstelling met sommige buitelanders se voorspellings dat voorligters in die komende dekades gaan verdwyn omdat boere alle nodige inligting op rekenaars sal kan kry.
BELANGRIK VIR BOERE
Nadat Bruwer die vraelyste vir sy studie verwerk het, het hy weer besef hoe belangrik dit vir boere is om met raad en daad bedien te word, maar ook hoe onontbeerlik raad van ’n hoë gehalte is. Dekades gelede is hulle deur die staat se voorligters én private raadgewers bedien. Daardie jare was daar baie geregistreerde landboukundiges, maar hul getal het die afgelope sewe jaar met 20% afgeneem, volgens hom.
Die getal landboukundiges wat aan verskaffers van produksiemiddels verbonde is, het ook gedaal, in so ’n mate dat die meeste boere wat aan Bruwer se ondersoek deelgeneem het, aangedui het hulle ken eintlik nie meer hul landboukundige nie en het meestal met die inset verskaffers se verteenwoordigers te doen.
Nóg ’n slegte gevolg van die daling in opgeleide landboukundiges is dat jong mense wat pas klaar gestudeer het, nou sonder ’n mentor die beroep betree en die boere met ’n gebrek aan ervaring moet bystaan.
In Bruwer se ondersoek het 84% van die boere gesê tegnologie kan landbou raadgewers net gedeeltelik vervang. Hulle het dus steeds daardie mense se bystand nodig, maar dan moet dit met die oordra van kundige raad gepaard gaan.
Sowat 81% het gemeen die grond, die ver
tolking van die grond se eienskappe en aanbevelings oor bemesting moet deur ’n opgeleide landboukundige gedoen word, terwyl 68% die volhoubaarheid van hul bewerkings-en bemesting s praktyke toeskryf aan die kundige raad wat hulle van opgeleide voorligters verkry.
Daarby het 95% gesê hulle sal eerder produksiemiddels koop “by die mannetjie wat saam met die kannetjie kom”, bedoelende dat raad van ’n opgeleide verteenwoordiger deel moet wees van die produk wat hy aanskaf.
“Dit skep as sodanig bepaalde probleme wat betref onafhanklike raad deurdat die verkope dus gedoen word deur ’n wetenskaplik gefundeerde persoon wat aan bepaalde etiese kodes verbind behoort te wees.”
Bykans 60% van die respondente het gesê die gehalte van die raad wat hulle kry, is belangriker as die produk en prys self, terwyl 93% aangedui het hulle sal nie tevrede wees as hulle deur iemand geadviseer word wat nié ’n opgeleide landboukundige is nie.
PRIVATE RAADGEWERS
Private raadgewers is wêreldwyd besig om landboumaatskappye se landboukundiges te vervang. Bruwer sê in Brittanje en Amerika is die meeste landbou raadgewers private kundige smet hul eie ondernemings.
“Suid-Afrikaners is egter nog nie heeltemal gereed om vir hierdie dienste te betaal nie en verkies opgeleide mense wat aan maatskappye verbonde is.
“Nog’ n kommerwekkende neiging i s’ n ernstige kommunikasie gaping tussen navorsers en boere in Afrika. Dit is dus ’n probleem vir die staat om sy navorsingsbevindinge aan die boer oor te dra. Een van ’n goeie landbouraadgewer se belangrikste take is om die nuutste navorsingsbevindinge aan die boere te verskaf. Hulle bly steeds die doeltreffendste skakel tussen navorsings voorligting en die boer .”
Daar is dus ’n groot behoefte in die landbousektor aan voorligters wat behoorlik akademies opgelei is om wetenskaplike raad aan boere te gee, én voldoende ondervinding en kennis van die onderwerp het waaroor hulle raad gee.
Die saaiboere het drie aspekte geïdentifiseer waaroor hulle kundige raad deur opgeleide mense wil hê, naamlik grondbestuur (die behoorlike bestuur van grond as ’n hulpbron), plantvoeding (die toediening van kunsmis en bemesting s praktyke) en gewas beskerming (onkruid- en plaagbekamping).
Bruwer sê hy hoop om ’n verskil te maak aan die gehalte van die raad wat kommersiële boere ontvang.
“Hoë vereistes moet aan raadgewers gestel word wat onder die kommersiële boere werk; dus private voorligters en raadgewers verbonde aan insetverskaffers. Elke Jan Rap en sy maat moenie toegelaat word om die boere van raad te bedien nie.”
Professionele landboukundiges het ’n groot verantwoordelikheid teenoor hul beroep, boere en die omgewing, en hul rol raak ál belangriker vanweë die noodsaaklikheid van volhoubare voedselproduksie terwille van die mens se oorlewing.