Landbouweekblad

WOONREG GELD VIR HELE EIENDOM

- BUTCH VAN BLERK

My man het sy ouerhuis geërf, maar sy suster het woonreg van die groot woonhuis. Wie is verantwoor­delik vir die maandeliks­e versekerin­gspremie en munisipale rekening (wat sy lank nie betaal het nie en wat dus agterstall­ig is)? Wie is verantwoor­delik vir instandhou­ding van die woning? Mag sy suster huurders inneem? Sy het die motorhuis sonder my man se medewete verhuur.

U maak melding van haar woonreg van “die groot woonhuis”, maar u meld nie of daar verdere wooneenhed­e op die woonerf is nie. Woonreg het betrekking op die erf met ál die geboue daarop.

Woonreg kan nie verleen word slegs ten opsigte van die een eiendom op die grond nie. Die rede hiervoor is dat woonreg oor ’n eiendom in die registrasi­e van die aktekantoo­r geregistre­er moet word. Indien die eienaars ’n woonreg vir die “groot woonhuis” in die aktekantoo­r wil registreer, moet ’n landmeters­diagram vir die “groot woonhuis” bestaan, wat waarskynli­k nie die geval is nie.

In so ’n geval bestaan daar nie ’n landmeters­diagram vir slegs die “groot woonhuis” nie. Dus kan die woonreg nie in die aktekantoo­r geregistre­er word sodat u skoonsuste­r ’n geregistre­erde woonreg op die huis kan bekom nie.

Haar reg om die huis te bewoon, is dan slegs ’n kontrak tussen die eksekuteur van die boedel en haarself, en geld nie teenoor die wêreld daar buite nie. Haar woonreg ten opsigte van die huis is dus ’n gebrekkige reg wat sy nie sal kan afdwing nie.

Sy sal ook geen reg hê om die motorhuis te verhuur nie. ’n Woonreg kan slegs ten opsigte van ’n hele eiendom geregistre­er word — woonreg kan nie slegs oor ’n gedeelte van die eiendom verleen word nie.

EIENAAR VAN GRENSDRAAD

My buurman beweer die helfte van ons grensdraad is syne en die ander helfte is myne. Nou hy het in “sy helfte” nuwe drade gespan. My gedeelte se drade is nog vrot. Sy beeste klim nou oor en wei op my grond. Ek het wel ’n enkelkragd­raad gespan om my beeste op my grond te hou. Is daar iets soos my helfte en jou helfte?

Die Omheinings­wet (Wet 31 van 1963) maak onder geen omstandigh­ede voorsienin­g vir ’n geval van “jou helfte” en “my helfte” nie. Die wet bepaal dat aangrensen­de eienaars gelykop aanspreekl­ik is vir die instandhou­ding of oprigting van ’n grensdraad. Die koste van elke sentimeter vir die instandhou­ding en oprigting van ’n grensdraad word deur die aangrensen­de eienaars gedeel.

Mnr. Butch van Blerk is ’n direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf van Bellville, Kaapstad.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa